1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9281855

Besoekers aanlyn

Ons het 206 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HORRIEBALISME

Klaas WaarseggerMet elke nuusbulletin word mens verder na raserny gedryf. Die onhebbelikhede in ons land vervul jou met weersin. Gif in die koffie van de Ruyter, ingesmokkelde lyke in die tronk, hongermoorde vir gestremdes, (Esidimeni) moord en doodslag, geldverduistering, Afrikanerhaat en enigiets wat ‘n rillerstorie kan oortref. Voor-in-die- ry-staan korrupsie, blyk ook om beleid te wees. Landsburgers is siek en sat vir die regime se doen en late.

‘n Mens kan nie anders as om te wonder of die Guptas op vrye voet moes bly om verdere reperkussies van regeringsamptenare ook te vrywaar van vervolging nie. Om die Verenigde Arabiese Emmerate die skuld te gee vir nie-uitlewering van die Guptas, gegewe die uitsmokkeling van Al-Bashir uit Suid-Afrika, maak nie sin nie. Om eie verpligtinge na te kom is nie in dié regime se DNA nie.

‘n Vertrouensbreuk het ontstaan tussen die witman in die land en die regime. Ons kan geen waarde heg aan enige uitsprake van die regime nie. Hulle oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie. Met voorbedagte rade word vir jou gelieg. Elke enkele mislukking word gekamofleer met “blomme”, asof dit een groot sukses was. Selfs ‘n minister van elektrisiteit word aangestel om die kragkrises te spin asof dit nie die ANC se skuld is nie. Sy uitsprake ruk jou tot in jou skoene. Een van sy eerste regstellende aksies was om te propageer dat korrupsie, wanadministrasie en onderduimshede by Eskom nie openbaar gemaak mag word nie.

Verdoeseling en verduistering klink vir hom na ‘n goeie plan. Oor onbevoegde BBBEE aanstellings

word nie ‘n woord gerep nie. Al die mislukkings in die land het te doen met meerderheids-oorheersing, sonder etiese en morele waardes. ‘n Skande wat rus op die skouers van die swart stem in die nuwe Suid-Afrika.

Ons land is polities gesteel met ‘n gekonkel by die Kodesa samesprekings met Afrikanerverraaiers, met die samewerking van internasionale imperiale regerings, sonder die goedkeuring van die blanke bevolking. Afrikaners se mandaat is in die wind geslaan en is nou ‘n minderheid in sy eie land wat uitgelewer is aan die grille en giere van ‘n voorspelde onbevoegde regime.

Na 26 jaar se wanbestuur, is ons florerende land geplunder tot ‘n mislukte staat met skroot status in die wêreld. ‘n Streep is getrek deur blanke eiendomsreg met drakoniese wetgewing van grondroof sonder vergoeding. Nog is dit het einde niet. Die slagspreuk van “kill the farmer kill the boer” word ‘n

aanvaarbaarheid gegee deur die howe.

Watter toekoms staar die Afrikaner in die oë, terwyl die DA en VF+ trou sweer aan die Slovo Grondwet en aansit by die regeringstafel van die ANC, terwyl ons die “spysenier” moet wees en die “kos” aandra?

Wees verseker, hef aan lê nog voor!!! Ons veronderstelde “bondgenote”, Brittanje en die VSA sal ongetwyfeld nog die prys betaal vir hulle onderduimse en horriebale betrokkenheid tenkoste van derduisende Afrikanerlewens al lyk dit hoe onwaarskynlik op die oomblik!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie