1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8260913

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SIEL VAN DIE GENE

Klaas WaarseggerDie siel van die gene kon nooit duideliker gedemonstreer gewees het as  voor die 1994 era, met dié na 1994 era vergelyk word nie. ‘n Bloedspoor is getrap deur die ganse land.  Die inhoudelike van die eiesoortlike van die mens word nou weereens proefondervindelik ervaar.  Die dekadensie in die politieke, ekonomiese en sosiale lewe is in oortreffende trap gedemonstreer.

Landsbestuur is so verrot dat ‘n kakkerlak dit nie naby sou waag nie. ‘n Parlepes het die land getref soos ’n tsunamie van verwoesting.  In die naam van ‘n reënboognasie word gekoer met geestelike manupilasie en bomenslike onregmatighede. Soms wonder ‘n mens of menslikheid deur  dierlikheid verruil is deur die landsregeerders. Ons land is besmet met korrupsie en witmanshaat.  Die gevolge daarvan is te sien in die ineenstorting van alle staatsektore.  Die siel van die gene het ook hier bewys gelewer.

Hoe groter die mislukking, hoe meer word die skuld aan die Afrikaner (apartheid) toegeskryf.  Met leun en laster moet die mislukking kwansuis reg gepraat word sonder selfskuld.  Jy kan geen enkele woord glo wat die regering kwyt raak nie.  Elke ontkenning verdoesel ‘n gruwel.  Baie mense smag daarna dat die venynige bitterheid wat geskep is deur die regime, tot ‘n einde moet kom.  Hierdie nagmerrie omstandigheid kan slegs tot ‘n einde gebring word deur elke volk sy regmatige ‘huis’ te gee. ‘n Vloek rus op die grondwet wat hierdie krisis veroorsaak, en ongekende verwoesting en haat meebring.

‘n Afsku vir God en mens wat gedemonstreer word deur Afrikanerhaat, zenefobia en hongermoorde soos in die Epipsidemi voorval.  Oproerige plundering wat miljarde rande se skade veroorsaak word toegelaat sonder verantwoording, wat die kranksinnigheid laat voortduur.

Die kern van die probleem is selfonthullend – die siel van die gene! Die regime is omring met mense wat net soos hulle dink en doen. Misdaadvoorkoming is vervang met misdaadpleging. Bid jou dit aan – Die baalpriesters predik die engele het op die nuwe Suid-Afrika neergedaal, ter wille van geregtigheid.

Klaas Waarsegger

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie