Reuters berig op 6 Oktober 2022 dat Spoor- en hawewerkers se loonstaking oor nog ‘n loongeskil, vragvervoer aan bande lê. Die staatsbeheerde Transnet werk reeds onder kapasiteit weens 'n tekort aan lokomotiewe, swak instandhouding, vandalisme en diefstal van sy infrastruktuur, wat mynwerkers miljarde rande aan potensiële inkomste gekos het weens vertragings met mineraalversendings.Transnet, wat al vragspoor- en hawebedrywighede in Afrika se mees gevorderde ekonomie bedryf, het gesê die staking is onwettig en dat vakbonde nie reëls gevolg het wat in die arbeidswet uiteengesit is nie. (Mees gevorderd in ekonomiese agteruitgang, verseker!)
Dit is seker nie verbasend dat die Reuters media so selektief met die werklikheid omgaan nie! Die media is bekend om nie die feit dat die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling die grondoorsaak van verval in Suid Afrika is nie.
Die vakbonde het nie die geringste simpatie met die verval van die ekonomie wat eersdaags nie meer instaat sal wees om werksgeleenthede daar te stel sodat hulle lede tenminste in hulle mees basiese behoeftes kan voorsien nie.
Suid Afrika onder ‘n swart meerderheids regime is nie redbaar nie! Die verval en toenemende geweld vir hoër lone en beter werksomstandighede sal noodwendig toeneem tenspyte van finansiële inspuitings van die Imperialiste wat die regime net aan die gang hou solank as wat hulle Suid Afrika roof van sy minerale rykdom en strategiese waarde.