AVP HOU SUKSESVOLLE KONGRES
Die AVP het op Saterdag 9 Oktober 2021 ‘n suksesvolle kongres gehou. Die dagbestuur het hard
gewerk om al die reelings betyds te tref. Dit was die 14 de Jaarkongres wat die party sedert sy stigting gehou het.
Mnr Danie Varkevisser het die hoofrede op die kongres gelewer. Die tema was ‘n Era van sameswerings – ‘n bron van ellende. Mnr Varkevisser het daarop gewys dat sedert die dood van dr. Verwoerd die Afrikanervolk blootgestel is aan ‘n reeks sameswerings om hom van sy vryheid te ontneem.
Hier onder volg die volledige toespraak van mnr Varkevisser. U kan ook na ‘n video-opname van die toespraak luister deur op die volgende skakel te klik.
https://www.youtube.com/watch?v=GgFc-41y1Go&t=79s

Inleiding:
Daar kan maklik fout kom in die beoordeling van die tema, soos byvoorbeeld, jy praat van 'n éra van sameswerings. Was daar dan 'n tyd wat daar nie sameswerings was nie?
Nee, voorsitter, daar was nog altyd sameswerings. Reg aan die begin was die eerste sameswering die satan se sameswering waarin hy 'n derde van die engele met hom saamgesleep het. Daarna het hy voortgegaan en Eva, sonder dat dit haar bedoeling was, ingetrek deur sluwe misleiding wat tot vandag nog 'n invloed het op God se skepping en wat die bron van alle ellende vir die mensdom geword het!
Wat is 'n samesweerder:
'n Samesweerder is iemand wat hom in die geheim tot iets kwaads met iemand verbind. Of dit nou in 'n gesin of in 'n familie of in 'n volk gebeur, is die ellende wat daaruit voortspruit net so vernietigend as wanneer die sameswering internasionaal tussen volke plaasgevind het.
Ek wil aanneem dat daar weinig indien enigiemand is, wat nog nie in sy of haar lewe al blootgestel was aan die ellende wat voortspruit uit iets kwaads wat ander sonder jou wete, en veral sonder verwagting beplan en uitgevoer het waardeur jy benadeel is nie!
Waarom nou 'n era van sameswerings
Die AVP het hierdie tema gekies omdat ons sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd, blootgestel word aan sameswerings wat nie regtig meer in die geheim geskied nie. Dit vind voor ons oë plaas en ons glo nie wat ons hoor of selfs sien nie. Dit is asof ons so bedwelmd geraak het met sport en vermaak dat die vermoë om te kan onderskei tussen leuen en werklikheid, tussen reg en verkeerd nie meer vir ons belangrik is nie.
Die era verskil van die onlangse verlede toe daar nog sensuur was. 'n Era waar daar 'n publikasieraad was en dinge soos pornografie, ontug, homoseksualisme, selfde geslag huwelike en derglike dinge wel in geringe mate bestaan het maar grootliks in die geheim plaasgevind het vanweë die onaanvaarbaarheid daarvan, gemeet aan die norme en waardestelsels wat ontleen is uit die Lewende Woord van God, vir ons geskryf en bewaar as riglyn vir ons lewens.
Totale aanslag
Ons weet vandag, of liewer ons behoort te weet wat dit beteken dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie maar teen die magte, die owerhede, die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu en teen die bose geeste in die lug.
'n Aanslag op liggaam siel en gees, op jou geloof, jou taal, jou besit, jou kultuur, jou geskiedenis, jou vlag, jou volkslied en jou land!
Hierdie aanslae het ons voorgeslagte ook beleef. Die Groot Trek om onder die Engelse juk uit te kom, Die minagting vir bepalings in die konvensies waarin ooreengekom was, anneksasies, oorlog, verskroeide aardebeleid, verguising van taal en kultuur. Min is verstaan van die magte agter die skerms en die langtermyn oogmerk van die duisternis in sy aangeknoopte stryd met die Lig! 'n Stryd wat nie gister begin het nie en wat nie môre verby is nie. 'n Ewigdurende stryd totdat ons hemelse Vader weer afkom aarde toe en die leeu en die lam bymekaar sal lê
'n Sameswering is 'n werklikheid
Die woord sameswering dui op 'n feitelike gebeurtenis. Iets wat plaasgevind het. Mense wat bymekaar gesweer het om iets totstand te bring wat 'n bepaalde uitkoms sal hê. As gelowiges weet ons wat die uiteindelike uitkoms gaan wees. Ons lees dit immers in God's Woord. Maar soos in die Bybelse tyd die mense kennis gehad het van die Mesias wat sou kom, het daar vierhonderd jaar verloop voordat Hy gebore is! In daardie vierhonderd jaar het mense moed verloor, geloof verloor, afvallig geraak en afgode begin dien.
In ons tyd, in afwagting op die wederkoms, dieselfde tendens van moed verloor, geloof verloor, afvalligheid en afgodediens. 'n Werklikheid waarvan die satan kennis dra en wat die millieu laat ontstaan waaruit hy sy volgelinge werf vir sy oogmerk, naamlik vernietiging van die christendom!.
'n Teelaarde vir samesweerders
Dit is algemene kennis dat die Illuminatie satan aanbidders is. Hulle werf dus hulle lede uit die geledere van mense wat nie toegewyd is in hulle geloof aan God nie. Om nie te veel aandag te trek nie maak hulle gebruik van 'n magdom van geheime organisasies wat op hulle beurt weer mense oplei en plaas in "onskuldige" organisasies wat gebruik kan word om hulle oogmerke te bevorder.
Netwerk van geheime organisasies
Enkele van hierdie organisasies is The World Revolutionary Movement, Ridders van Malta, Vrymesselary, Counsil of Foreign Relations, die Bilderbergers, die Sioniste beweging, die Reserwe Banke, die geldmag, die Wêreld Gesondheids Organisasie, die Wêreldraad van Kerke, die CIA, FBI, MI6 en die Mosad.
Deur middel van hierdie organisasies word invloedryke persone, organisasies, banke en regerings waaroor hulle beheer verkry het, gebruik en aangewend om hulle oogmerk te bevorder op enige moontlike wyse, of dit nou korrupsie, drank, dwelms, seks en omkoopmetodes is en as alternatief selfs moord! Hulle sukses setel in deeglike beplanning op 'n wyse dat daar altyd 'n logiese verklaring is vir gebeurde sonder dat die vinger na hulle gewys kan word.
Wat het dit alles met ons Afrikanervolk te doen?
In die eerste plek is die Afrikanervolk wêreldwyd bekend as 'n Godvresende volk wat uiters suksesvol was in die ontwikkeling van 'n eerstewêreld land in 'n verstommende kort tyd. Tweedens was ons beginselbeleid van Afsonderlike Ontwikkeling buite verwagting suksesvol en besig om vreedsame naasbestaan te verseker. In die derde plek het die Afrikanervolk nasionalisme as beleidsrigting laat triomfeer bo elke ander Afrika beleid waar konflik, wanorde, onverdraagsaamheid en geweld aan die orde was en steeds is.
Dit alles was lynreg in die pad van die Nuwe Wêreld Orde se pogings om deur middel van oorloë, finanssiële verknegting, anargie en chaos, by wêreldoorheersing uit te kom.
Sameswerings na die oppervlak
Al die pogings om dr. Verwoerd te oorreed om sy beleid te verander het gestuit teen sy onomstootlike argumente van die voordeel vir alle volke in ons land, in teenstelling met die nadeel wat die teenhang van sy beleid tot gevolg sou hê. Waarteen hy gewaarsku het beleef ons vandag as bewys van sy politieke insig.
Al wat vir die magte van die duisternis oorgebly het, was om dr. Verwoerd te vermoor. Die onbeantwoorde vrae na die eerste mislukte poging en die tweede geslaagde poging dui onbetwisbaar op 'n sameswering van duiwelse omvang.
Soos met Eva in die tuin van Eden, is Vorster, Botha en de Klerk teen hulle beterwete oortuig om van beginsel af te wyk en reg te veruil vir onreg. Daartoe het die kerk, die Broederbond en die geldmagnate ruim bygedra om 'n bekwame regering vervang te kry met 'n onbevoegde, manipuleerbare swart regime wat 'n bydrae kan maak in die bereiking van 'n Nuwe Wêreld Orde.
Tenspyte daarvan dat die sameswerings nou sigbaar geword het en nou selfs openlik beplan en onskuldige goedgelowige Afrikanermense daarvoor werf, is verset daarteen karig en sonder vuur en begeestering!
Ons beheer en bestuur van Suid Afrika, die Republiek wat deur sweet , bloed en oorloë deur ons voorgeslagte uit die wildernis ontworstel is, is onwettig uit ons hande. Ons lewens en eiendom word bedreig terwyl die ellende van verval en agteruitgang van infrastruktuur sienderoë verwaarloos. Daarbenewens is ons eie Afrikanerjeug besig om saam met die samesweerders se lakeie ons ondergang te help verseker deur aanvaarding en samewerking. 'n Sigbare vertoon van die gevolge van jarelange sluwe en geheime beplanning om volke en nasies hulleself te laat vernietig om eerder kosmopolitane te word.
Wêreldoorheersing
Deur samesweerdery in eie Afrikaner geledere is ons volk verward en verskeurd en verdeeld! Met geheime samesprekings met die ANC kommuniste het van ons kerkmanne, akademici en politici, waarskynlik in die meeste gevalle onwetend deelgeneem aan 'n eeueoue sameswering om God se skeppingsorde te vernietig.
Hulle deelname het daartoe bygedra dat geweldige vordering gemaak is na wêreldoorheersing. Dat God dit wat uit een nasie en een bloed deur Hom geskep is, se tale moes verwar omdat hulle teen Hom saamgesweer het en gesamentlik die toring van Babel begin oprig het, word deur hierdie postmoderne samelewing heeltemal deur die vingers gesien. Die ontstaan van verskillende rasse, volke, nasies en tale, elk waarvan God hulle grense vasgestel het, moet nou weer verenig word in een taal, een godsdiens, een regering en een kosmopolitaanse volk! In wese 'n nuwe toring van Babel in die vorm van een Nuwe Wêreld Orde, in opstand teen God.
Ongesiens het hierdie opstand teen God met behulp van die internasionale en plaaslike media wat deur die Illuminatie beheer word, vorm gekry met die VN (Verenigde Nasies) as regeringsvorm. Met behulp van die reserwe banke wat regoor die wêreld gevestig is word elke regering beheer.Geld het die god geword wat die mensdom verkneg deur stelsels van verbande, lenings en renteheffings.
Met die oplewing van Nasionalisme, die Britse uittrede uit die Europese Unie en onlangse sukses van Donald Trump op sterkte van Nasionalistiese uitsprake soos "America First" en "let's make America great again", is die "Nuwe Wêreld Ordedrywers se bootjie dermate geskud dat hulle nie kon wag vir die derde wêreldoorlog wat in beplanning is om plaas te vind nie.
Die Wêreld Gesondheids Organisasie was hulle noodplan om wêreldoorheersing te bewerkstellig. Wat is nou makliker as 'n opgekookte "pandemie", gemanupuleerde infeksie syfers en die vreessigose is geskep! Vrees vir besmetting en moontlike sterfte laat die hele wêreld inval om ge-ent te word! Nie net ge-ent te word nie, maar maskers te dra, afstand te handhaaf, besighede te sluit, kerk en kultuurbyeenkomste te staak!
Wat 'n ellende voorsitter, my volksgenote! Met algehele beheer oor die hoofstroom media en manipulasie van sosiale media deur die miljoenêr besitters daarvan te betrek by die illuminatie, is die mens se vryheid van beweging, van spraak, van samesyn, van entrepeneurskap alles eensklaps ingeperk en op die oogaf, onomkeerbaar!
Die AVP kom vra vir u vandag op ons veertiende kongres, in omstandigheid wat die gewone man op straat nie in sy of haar wildste drome kon voorsien nie, is dit wat u ook glo? Glo u ook dat die toestand onomkeerbaar is? Sou Suid Afrika ook in hierdie rioolput beland het as dr. Verwoerd en manne soos hy nog in beheer van ons land was? Met 'n Godvresende man en 'n Godgefundeerde grondwet, wil ek vir u met die grootste stelligheid sê: NEE en nogmaals NEE!!
Politiek is die kroonrat van 'n samelewing! in Bybelse terme die swaard van die Owerheid! Daarmee skep hy sy mense se moontlikheid om in 'n stil en rustige, in alle Godsvrug en waardige omgewing te kan bestaan .
Dit is ‘n wetmatigheid dat as jy bereid is om in die stelsel in te gaan, dat jy uiteindelik in hom sal opgaan, het wyle Mnr. Jaap Marais altyd gewaarsku, met Jan Smuts as voorbeeld uit die verlede!!
Afrikaner, verenig in verset teen die onreg. Dit is die wekroep van die Afrikaner Volksparty aan ons verwarde en misleide volksgenote! Daartoe roep ons ook vandag elke blanke in hierdie land op!
Keer terug na Nasionalisme, bly buite die bestel, verdra waar u nie anders kan nie maar moet nie die veranderde omstandighede aanvaar nie! Verset u daarteen! Vermy alle veelrassige by-eenkomste en hou die Afrikanergedenkdae in stand! Versterk u geloof en vertrou op die Here want dit is waar ons heil lê. Hou getrou u huisaltaar in stand en leer u kinders van die barmhartighede en genade van God, maar ook van Sy oordeel en straf vir sondaars!
Sluit aan by die AVP en versterk ons geledere terwille van ons kinders!
Laat ons saam met Dr. F.J. du Toit (Totius) sê ”As die Afrikaner dan in Afrika moet sterf, laat dit dan sy lot wees en nie sy skuld nie”! Want deur rassevermenging staan ons skuldig aan ons eie ondergang!