1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333658

Besoekers aanlyn

Ons het 77 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

16 JUNIE 1900 - BRITSE MOORDKAMPE EN VERSKROEIDE AARDE BELEID

16 JUNIE 1901 DIE AANVANG VAN DIE BRITSE MOORDKAMPE STAAN TEENOOR MAAR OOK PARRALEL AAN DIE ONWETTIGE GEWELD EN PLUNDERY VAN 16 JUNIE 1976 IN SOWETO
Vandag 16 Junie 2021 is ‘n amptelike vakansiedag met die naam Jeugdag soos bepaal deur die onwettige ANC-regeerders oor ons Volk in ons wettige Vaderland. Hierdie dag het sy ontstaan by 2021 06 16 1die wettelose geweld en plundery op 16 Junie 1976. Op daardie dag het ‘n geskatte 10,000 tot 20,000 skoolkinders aangehits deur die binnelandse anargiste van die destydse terroriste bewegings in die strate van Soweto met ‘n opmars na die Orlando-stadion begin. In hulle opmars het hulle al wat voorkom geplunder, vernietig en aan die brand gesteek. Die polisie was genoodsaak om die oproeriges met traanrook en later geweervuur onder bedwang te bring. In die geweld het 176 mense omgekom.

Op 13 Junie 1900 neem die Britse magte Bloemfontein die hoofstad van die Vrystaatse Republiek in. Die aanvoerder van die Britse magte Lord Robberts vaardig ‘n proklamasie uit waarvolgens alle boere wat die wapen neerlê en ‘n eed van neutraliteit onderteken, vrywaring ontvang om na hulle plase terug te keer. Ongeveer ¼ van die Boere aanvaar hierdie vrywaring. Hulle staan vandag nog as die Hensoppers en Joiners beklend. Die res van die Boeremagte sit die stryd onverskrokke voort. Toe Robberts sien dat sy proklamasie nie die gewensde uitwerking het nie 2021 06 16 2vaardig hy op 16 Junie 1900 ‘n verdere proklamasie uit, wat die begin was van die Britse verskroeide aarde beleid. Plaashuise en veld is afgebrand en vee doodgemaak. Boeregesinne wat bestaan het uit vrouens, kinders en oumense is huisloos gelaat in die yskoue van die Suid-Afrikaanse winter. Nadat Lord Kitchener die bevel by Roberts oorneem begin hy om op groot skaal vroue en kinders weg te voer na die Britse konsentrasiekampe wat mettertyd ontaard in die Britse moordkampe. Die nuutste navorsing dui daarop dat bykans 35,000 Boervrouens en kinders sterf in onmenslike wreedheid weens siektes en hongersnood in hierdie kampe van imperialistiese Britanje. In Desember 1900 stuur Kitchener ‘n memorandum uit aan sy generaals waarin hy die voordele van die interneringskampe uiteensit.

Die Britse regering het die afgelope dekades by verskeie geleenthede om verskoning gevra vir hulle optrede teenoor inheemse bevolkings oor die wêreld heen wat benadeel is deur hulle 2021 06 16 3imperialistiese optredes wat oor meer as 200 jaar gestrek het. Oor die volksmoord op die Boere vrouens en kinders in hulle helkampe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog swyg hulle egter soos die graf. Inteendeel probeer hulle dit steeds vergoeilik en rasionaliseer soos weer onlangs gebeur het toe ‘n bekende en vooraanstaande Britse parlementslid Jacob Rees-Mogg die konsentrasiekampe probeer regverdig het met leuens en halwe waarhede as sou dit gedoen gewees het in die beste belang van die Boervrouens en kinders.

Vier u vandag die onwettige kommunistiese regering se Jeugdag waar misdadige swart jeugdiges gebrand en plunder het of herdenk u Konsentrasiekamp-dag waar u voorouers dapper gely het in stil ondersteuning van hulle mans wat as Boerekrygers teen ‘n Britse oormag gestry het vir die vryheid van hulle Volk. Lord Alfred Milner, Britse Hoë Kommisaris, het tydens die oorlog hom as volg uitgelaat: “The Afrikanerdom must be exterminated” en nadat die vrede van Vereniging tussen Boer en Brit gesluit is sê hy: “It may be peace, but it will be war still. Not through the means of bullets, but by other means, .....”.

Ons verkeer steeds in ‘n oorlog vir ons voortbestaan. Al is dit deels ‘n oorlog sonder koeëls, is dit steeds ‘n oorlog. Laat elkeen van ons met trots opstaan by hierdie herdenking van die Britse helkampe in toegewyde herrinering aan ons voorgeslagte wat dapper gely het vir ons Vryheid. Mag ons weer met trots die vlam van nasionalisme en vryheid opneem wat ons op 31 Mei 1961 onder dr. Hedndrik Verwoerd herwin het. Laat ons die smet van verraad en ontrou van 2021 06 16 4F.W. de Klerk en sy geesgenote, wat net soos met die Hensopper en Joiners skande oor ons Volk gebring het, van ons afskud. Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog is deurspek met Britse Lords. Lord Roberts, Lord Kitchener, Lord Milner. Die geskiedenis van die Afrikanervolk is egter ook deurspek met die enigste ware Lord. Die God van die Bybel. Die God van Bloedrivier. Die God op wie ons volk voortdurend vertrou het deur die loop van die geskiedenis.

Kyk ook na “Boervolk concentration camps in South Africa” op youtube by:

https://www.youtube.com/watch?v=m-tbccnXhng

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie