Syfers wat in die tydskrif Daily Maverick in 'n artikel voorgekom het, dui op die onrusbarende toestand waarheen potensiële pensioenarisse afstuur. Wat egter meer bekommer is die besware wat geopper word teen die moontlikheid om werkers wat weens Covid, werkloosheid of enige ander rede geldnood ontwikkel het, hulle pensioengeld as sekuriteit te laat benut vir oorbrugging.
Die algemene bekommernis dat pensioen en spaargeld in afsienbare toekoms geteiken sal word deur die geldhonger rampokkers wat onwettig in beheer van Suid Afrika gekom het, se kommer oor die nadelige effek wat so 'n vroë toegang tot 'n werker se pensioen sal toelaat, hom vorentoe kan benadeel, is redelik bedenklik. Nietemin sal ons volk se potensiële oues, dringend moet beplan vir aftrede.
Verteenwoordigers van die wysigingswetsontwerp op Aftree- en spaarbedryf het Woensdag (19 Mei) hul voorleggings aan die parlement voorgelê oor die Wysigingswetsontwerp op die DA se voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse. Die wetsontwerp het ten doel om die huidige Pensioenfondswet te wysig om pensioenfondslede toe te laat om 'n lening te bekom, verseker deur 'n waarborg van 'n geregistreerde pensioenfonds, om finansiële druk tydens 'n moontlike noodgeval te verlig soos bv. in die geval van Covid 19.
Deur 'n lid in staat te stel om toegang tot 'n pensioenversekerde lening te verkry, sal daardie lid hul pensioenfondsbelegging voor hul aftreedatum kan benut, sonder om hul voorsiening vir uiteindelike aftrede te benadeel. Uitleeninstellings sal in staat gestel word om lenings aan pensioenfondslede teen mededingende rentekoerse en oor verlengde of uitgestelde betalingstydperke te bied gegewe dat die lening ten volle gewaarborg is, het die DA gesê.
GEVAAR.
Voorleggings van die bedryf , het egter gewaarsku dat om Suid-Afrikaners vroeg meer mag te gee om toegang tot aftreefondse te verkry, kan rampspoedig wees. Een kwessie wat herhaaldelik geopper is, is die swak spaarkultuur in die land. Spaargeld in aftreefondse op lidvlak is gemiddeld baie laag, het die Instituut vir Aftreefondse Afrika in sy aanbieding gesê. Dit het statistieke vanuit die bedryf verskaf wat toon dat twee-derdes van lede minder as R50,000 in hul fondse het. Ander beskikbare data wys hoe erg die aftreespaarsituasie in die land is:
"Suid-Afrikaners het 'n baie slegte spaarkultuur met slegs 10% van Suid-Afrikaners wat genoeg spaar vir aftrede," het hy gesê. Selfs vergeleke met ander armer lande soos Indië, is Suid-Afrikaners agter met verantwoordelike aftreespaar.
Dié gebrek aan besparings is gekoppel met Suid-Afrikaners se uitemate skuldlading volgens syfers van die Wêreldbank.