1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6696546

Besoekers aanlyn

Ons het 27 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

IDASA KOMPLOT NR. TWEE GESTEUN DEUR NOG 'N CONSERVATIVE DIALOGUE PROGRAM?

Frederik van Zyl SlabbertHet ons jong "Afrikanerpolitici" dan nou heeltemal breinloos geword?

Ek lys vir u 'n paar uitrekkesels uit vorige berigte om u geheue te verfris:

JOHANNESBURG  2010 Globe Newspaper Company.— Frederik Van Zyl Slabbert, who helped South Africa chart a peaceful way out of apartheid by leading fellow whites into talks with exiled black leaders, died yesterday. He was 70. The Institute for Democracy in Africa, known as Idasa, announced his death.

In the announcement, the think tank that Mr. Van Zyl Slabbert founded to organize meetings between whites and blacks in apartheid South Africa called him a “visionary son of Africa.’’ Mr. Van Zyl Slabbert was the rugby-playing son of conservative Afrikaners, the descendants of early Dutch settlers known for their commitment to apartheid.

Alex Boraine“He went against the grain, broke ranks, but established new alliances and friendships that transcended the old divisions, ’’ Ndebele said. “He was a remarkable South African who had a sharp and sensitive intelligence and a tremendous sense of humor.’’The office of Nelson Mandela, South Africa’s first black president, released a tribute calling Mr. Van Zyl Slabbert “a leader who had the vision and foresight to recognize that our national interest was to be found in our common humanity.’’

In 1987, Mr. Van Zyl Slabbert led a delegation of white South Africans to Senegal to meet the African National Congress, which was banned in South Africa at the time, but now is the governing party.The white government labeled Mr. Van Zyl Slabbert’s group traitors. In a statement yesterday, President Jacob Zuma said Mr. Van Zyl Slabbert showed “courage and foresight’’ by going to Senegal.

In his definitive book on South Africa’stransformation, journalist Allister Sparks says the Senegal meetings proved that South African factions had enough common ground to find a peaceful solution to their country’s crisis.The opposition Democratic Alliance said that Mr. Van Zyl Slabbert played a “leading role in opposing apartheid and facilitating South Africa’s transition to democracy.’’

Mr. Van Zyl Slabbert represented the liberal Progressive Federal Party, a predecessor to the Democratic Alliance, in Parliament during the apartheid years. He resigned as party leader and left Parliament in 1985 during a crackdown on black activists, saying the whites-only Legislature was no longer relevant. In 1986, he and Alex Boraine formed Idasa, which then stood for the Institute for a Democratic Alternative in South Africa.

 

NUWE GESLAG LEIERS MOET NUWE ONREGTE KONFRONTEER – ALEX BORAINE

Nadat Boraine en genote die Nuwe Suid Afrika tot stand help bring het met ‘n uiterste geknoei agter die skerms, soek hulle nou “nuwe leiers”! Wat het dan nou fout gegaan met die “wonderlike” gelykheidsinisiatief van Idasa? Wat het geword van die Conservative Dialogue se prestasie met gesprekke tussen swart leiers en konserwatiewe Afrikaners? Wat was die prestasie van van Zyl Slabbert se verraad teen sy ouers en mede volksgenote?

“Hy het absolute konsistensie (volharding) geopenbaar. Die gierigheid, die korrupsie, die gepeuter met die regstaatbeginsel en die gebrek aan respek vir die Grondwet het hom naar gemaak. Van Zyl moes eens aanskou hoe sy beginsels deur die NP vertrap word, en nou het dieselfde jammerlike verhaal voor hom afgespeel. Hy was gefrustreerd, hartseer en kwaad, aldus Boraine.

Daar is niks in dié jammerlike verhaal van verraderlikheid wat as beginsels beskou kan word nie. Alles waaroor Frederik van Zyl Slabbert gefrustreerd, hartseer en kwaad geword het, is in vooruitsig gestel sedert 1948. Indien die “beginsels” waarna Boraine verwys en wat reeds in Sir de Villiers Graaf se VP-Party die beleid was, eendag in Suid Afrika sou slaag, het Afrikanerleiers gewaarsku dat dit die blankedom sou benadeel en Suid Afrika sou vernietig!

Instede van op beginsel te verenig met die behoudende gedeelte van die Afrikanervolk wat oorgebly het na al die verraad wat ons ons selfrespek, baie se lewens en eiendom en ons land gekos het, het ons nou weer 'n kontingent "Afrikaner slimmes" wat met die Mbekistigting onderhandel in belang van die Afrikaner! Wat bekommer is die vraag oor wie hierdie karakters gevra of aangestel of verkies het om namens ons Afrikanervolk met ons uitgesproke vyande te gaan onderhandel? Dit nadat daar in verlede week weer opnuut deur die regime besluite geneem is oor die "gewettigde steel" van ons eiendom, wat alles omvang wat jy besit! Het hierdie mense géén selfrespek oor nie? Is hulle totaal van hulle sinne berowe? Kan hulle nie sien of hoor nie?

Laat ons 'n slag duidelik vir mekaar sê dat dit nog heeltyd die soustreinryers is wat met Afrikanergeld, die Afrikaner al dieper die afgrond insleep! Solidariteit se konsolidasie van Afrikanervakbonde in die Solidariteitsbeweging, het al daardie Afrikaners en blankes se ledegeld, terwyl die VF-Positief ook op die soustrein sit terwille van inkomste en niks vir die Afrikaner se vryheidstryd bereik nie. Maroela Media, Pretoria FM, in samewerking met Radio sonder grense en Rapport uit die media 24 stal, poog gesamentlik almal om ons van ons land te laat afsien wat die onderbou is van totale abdikasie van ons Afrikanervolk wat in hierdie nuwe Afrika Innisiatief nou net 'n gemeenskap geword het!

 

Flip Buys gesprekke begin'n Gesprek van "Afrikaners" met Afrikane is bloot 'n herhaling van 'n gebrek aan geloof en sal nie Mbeki, Vincent Mapai, Chris Opperman en veral nie Flip Buys hoegenaamd enige bydrae lewer tot die vryheidstryd van die Afrikanervolk nie! Sê Buys onangs: “Suid-Afrika toon talle tekens dat dit besig is om van ‘bo’ te misluk". Ons toekoms setel nie in gesprekke of onderhandelings met ons uitgesproke vyande nie, maar in 'n vaste geloof en handhawing van bewese suksesvolle politieke beginsels in verset teen hierdie onreg wat deur verraad op ons afgedwing is. Die afgelope 26 jaar se afdwing van die onreg deur 'n onwettige regime wat deur hierdie onderhandelaars erken en ondersteun word, is genoeg bewys vir sellfs die onnoselste politikus dat daarin vir die Afrikanervolk geen heil te vind is nie!

As selfs die ontnugtering van van Zyl Slabbert nie jou oë kan oopmaak nie, is jy soos die verhaal van die rykman en Lasarus! Nie eers Moses of die Profete sal jou kan oortuig van die verdoemenis waarheen jou "Slimmigheid" besig is om jou, en diegene waartoe jy instaat was om agter jou aan te sleep, oppad is nie!

Die AVP waarsku opnuut ons volksgenote om nie weer in dieselfde strik te trap nie! Die propaganda van al die "Afrikaner" organisasies wat dan nou kwansuis bereid is tot gesprek met die Mbeki's, Mapai's en wie ookal, moet u nie mislei nie. As dit so is dat die organisasie waaraan u behoort en waar u ledegeld voor betaal hier betrokke is, bedank dan onmiddellik want u word mislei deur mense wat self mislei is soos die Max du Preez's en Carl Niehause, deur hulle liberale afwykings van wat reg en goed is, tot ons volk se sigbare ondergang!.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie