1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6691393

Besoekers aanlyn

Ons het 48 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ONS KYK TERUG OP 2020

Verval in beeldIn die eerste twee paragrawe van my boodskap vir 2020 het ek as volg geskryf: Met ‘n toename in staatskuld, plaasaanvalle en moorde op blankes in Suid Afrika, is daar tog tekens van hoop vir die toekoms wat om die draai lê. Tenspyte van toenemende verval van infrastruktuur, bankrot munisipaliteite, volgehoue dreigemente van onteiening sonder vergoeding, beurtkragdreigemente van skedules in vlakke, is die harde kern van die Afrikanervolkstadig maar seker besig om te konsolideer.

Ons volk se grootste probleem tot dusver, was ons verdeeldheid. Die planmatige en suksesvolle strategie, beplan en geloods vanuit die Afrikaner Broederbond, onder die invloed van sekere Internasionale imperiale en wêreldorde beplanners, is 'n opvangsgebied geskep om die golf van ontevrede Afrikaners op te vang. Dit het die strewe om soewerein, vry en onafhanklik te bly, onberekenbare skade berokken.

My versugting ter afsluiting was: . Laat 2020 die jaar wees waarin ons as ‘n heggebinde volk op beginselgrondslag, eendragtig in verset kom as inspirasie vir elke nasionalis, waar hy of sy ookal in die wêreld stry om vry en onafhanklik oor hom en haarself te regeer!

Mag u ryklik daarin geseën word sodat ons staande kan bly as ‘n “huis” wat nie meer in homself verdeeld is nie. Hoewel die optogte na Senekal 'n bevestiging was van my standpunt dat die harde kern van die Afrikaner besig was om stadigaan te konsolideer, is 'n terugskouing aan die einde van 2020 nie 'n opbeurende oefening nie. Inteendeel kry 'n mens die gevoel soos wanneer jy in die bad sit waarvan die prop nie behoorlik seël nie! Stadig maar onverbiddellik sien en voel jy hoe die water onder jou uitvloei!

Hoewel daar feitlik sonder uitsondering uit liberle geledere beswaar is oor die verslegtende toestand in die veranderde Suid Afrika wat hulle geskep het en selfs die FW Stigting, Solidariteit en Afriforum se leiers nou kerm en ongelukkigheid demonstreer met uitspraak en optrede, word die skuld nou gelaai op die individuele oortreders en selfs op die ANC regime wat hulle aan bewind help kom het.

Saam met die VF Positief en die DA, wys hulle vinger na amptenare, ministers, die "President" en het "apartheid" as oorsaak nou genadiglik 'n bietjie rus gekry! Ontkenning van kortsigtige, moedswillige en ontoereikende politieke ervaring bly egter steeds die struikelblok vir teëwerking van verdeeldheid! Wat as hulpmiddel bygekom het om die verdeeldheid te versterk, is uiteraard die fiktiewe "pandemie". Beperkings van samekomste, kerkdienste en selfs gesinsbyeenkomste is ontwerp om nasionalisme, patriotisme en volksgevoel in die kiem te smoor.

Aan die einde van 2020 is daar twee sake wat bedink sal moet word. Die eerste is die feit dat hierdie onwettige regime sigbaar nie in beheer is oor Suid Afrika nie, maar duidelik in diens van die WGO (Wêreldgesondheidsorganisasie). Met slegs oppervlakkige navorsing is dit duidelik dat hierdie orgaan, slegs 'n onderdeel van die Nuwe Wêreld Orde is wat in werking getree het en waaraan die regime slaafs gehoorsaam is en optree.

Tweedens is die beperkings wat op die Afrikanervolk geplaas word om volwaardig volk te wees, vry en onafhanklik, as gevolg van 'n buitelandse moondheid wat die regime se optrede bepaal. 'n Onwettige regime, met 'n onwettige grondwet wat onwettige beperkings op ons Afrikanervolk plaas. Hierdie toenemende onreg waarin moord van swart op wit onbeheersd voortgaan en die wêreld stilswyend en aanvanklik goedkeurend toekyk, sal bydra tot hegter eenheid onder ons volksgenote!

 

As 'n gelowige volk wat die enigste ware en lewende God dien, het ons egter 'n vaste vertroue op die dinge waarop ons hoop! 'n Hoop wat nie beskaam nie op dit wat ons nie kan sien nie maar 'n hartsverwagting is! Ons dank dus ons hemelse Vader vir hierdie beproewende jaar wat op die punt is om verby te gaan, omdat ons onwrikbaar glo dat Hy die Beskikker is van die lotgevalle van volkere en nasies en dus ook van die Afrikanervolk wat Hy nog altyd op wonderbaarlike wyse bygestaan en uitgered het!

 

Danie Varkevisser

 

LEIER VAN DIE AFRIKANER VOLKSPARTY

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie