
UITGEKRUIS
In ruil vir jou gekose kruisie
kan jy van utopia niks wys nie
In die "bosse" buite jou huisie
is alles duidlik nie meer pluis nie
dit was toe al die tyd jou "huisie"
uitgekruis met 'n "gelaaide" kruisie
Pynlik moet daar maar weer en opnuut besef word dat die ankertoue van 'n volk is bloed en grond. Om oplossings te soek binne die raamwerk van die veelrassige bestel sal dadels van kom. Die grondwet het die Afrikaner as vyand verklaar. Om dus verwagtings te koester dat toegewings afgepleit kan word by hierdie Afrikanervyandige regime vir vryheid, vrede en voorspoed is dwelmdenke. Ewigdurend sal ons ingeperk bly deur politieke, sosiale en ekonomiese verwering en verwoesting in ons land. 'n Volk verloor alles as hy sy onafhanklikheid verloor het.
Abraham Lincoln, voormalige president van Amerika het segregasie as volg verdedig: "Julle en ons is van verskillende rasseafkoms. Tussen ons bestaan die grootste moontlike menseverskille. Wie reg of verkeerd is, is totaal onnodig om te bespreek. Die verskille is nadelig aan beide kante. Albei rasse ly as gevolg van mekaar se teenwoordigheid in 'n enkele politieke sisteem. ontkoppel van 'n eie gronsgebied. As ons dit erken, is dit genoeg rede waarom elkeen oor homself moet regeer.
Gegewe die foute van die verlede, waarvan de Klerk se verraad die gruwelikste en ondenkbaarste was en gegewe die ervaring van die verlede en die hede, is die vraag op elke witman se lippe, wat nou gemaak? Die oplossing begin by jou! As jy die waarheid van die werklikheid uitleef, verdwyn elke hindernis en vertwyfeling van wat gedoen moet word. Neem bestek van die hede en sien uit na 'n toekoms waar ons volk weer vry sal wees. Jy wat wakker is is die taak opgelê om die slapers te wek uit hulle politieke slaap. Die belofte van oorwinning is geleë in die lig wat jy moetskyn. 'n Geïnspireerde volksgevoel is die waarborg van 'n volk se voortbestaan. Die wedergeboorte van die ware self. Egtheid en heelheid is die voorskrif vir geluk en vervulling.
De Klerk het jou uitoorlê met 'n kruisie, waarom sal jy nou toelaat dat die DA en die VF Positief jou verder bedrieg met nog 'n kruisie? Hulle is die nuwe vaanndeldraers vanvan de Klerk se verraad. Jou kruisie gee slegs stimulus van aanvaarding aan 'n onderdrukkende regime wat wat jou totale oorgawe opeis. Vryheid, gelykheid en broederskap, moet weer in die regte perspektief geplaas word naamlik, die reg tot vryheid, die verdienste van gelykheid en die ideaal van broederskap in Afrikanerkonteks. Ramaphosa se "new dawn" lyk vir my al meer na 'n "blood moon"!