Inleiding
Ek het ‘n kort lysie van bekende terme wat ek graag aan u wil voorhou. Terme wat in die afgelope 50 jaar elkeen ontwerp was om ‘n fase in die politieke ontplooiing in te lei!
Verlig en verkramp, Dètant, Pluralisme, Konsensus, Moreel onverdedigbaar, Etnosentries en Ideologies van aard, Agtergeblewenes, Onderhandeling, Volkstaat, Morele hoëgrond, Minderheidsregte, Belange politiek, Grassroot Level, Agtergeblewenes, Regstellende aksie, Nie-Rassigheid, Rassisme,.
Politieke retoriek het ’n bepaalde doel!
Elkeen van die terme wat oor al hierdie jare gereeld gebruik word, is om ons Afrikaners opgestel te kry vir die aanvaarding van:
Thomas Jefferson het by geleentheid gesê: ‘n Volk wat onge-erg is en tog verwag om vry te bly, verwag iets wat nog nooit was nie en ook nooit sal wees nie!
Geagte volksgenote en vriende, die AVP is moeg vir Politieke en akademiese geknoei agter ons Volk se rug deur Sg. Afrikanerleiers! Moeg vir selfaangestelde Verteenwoordigers van die Afrikaner wat namens ons wil onderhandel en kompromieë vorm! Moeg vir Leiers wat nie instaat is om die gevolge van hulle optrede en uitsprake te kan vooruitsien nie en slegs kan staatmaak op hulle korttermyn uitoorlê-taktiek wat, nadat dit misluk het ons telkens in ‘n doodloopstraat laat beland!
Waarmee ons egter finaal klaar is, my vriende, ….is verleiers en verraaiers!
Is dit nie ook vir u ontstellend om net daaraan te dink hoe Afrikaners met die “Ja-stem” hulle verontwaardiging teenoor die behoudende Afrikaners betuig het nie? Hoe hulle daarna op al die pogings van bekwame Afrikanerleiers neergesien en agter bedenklike “Afrikaners” aangeloop het, tenspyte van pleitredes, van waarskuwings oor die gevolge van die rigting waarin De Klerk besig was om ons volk te lei en die haalbare onmiddellike oplossings om dit te stuit nie?
Is dit nie tragies om nou na vyftig jaar terug te kyk oor die bloed en lyke van Afrikaners en ander blankes, die rommelhope van ons eens pragtige en vooruitstrewende land en dan nog weinig verset teen die onreg te sien maar steeds sogenaamde Afrikanermense wat met die Kommunistiese terroriste saamwerk in die waan dat hulle in belang van die Afrikanervolk optree!
Die Noodsaaklikheid vir uitnemende politieke leierskap is dus nou deur die geskiedenis self na vore gestoot en roep ons volk tot verantwoording!
Die onmeetbare verlies en skade wat ons sedert 6 September 1966 berokken is, my vriende, verbied ons om nog een tree agter Randeierpolitici, politieke proponente, Perseptoloë, Gepensioneerde Generaals en selfaangestelde “Volksrade” aan te loop!
Leierskap word nie bevestig deur verandering nie!
Dit, geagte vriende, is die sort leier wat die Afrikanervolk moet hê!
Dit is die sort Leiers wat ons gehad het in Generaal Barry Hertzog, dr. Malan, advokaat Strydom, dr. H.F. Verwoerd, Mnre. Jaap en Willem Marais!
Die pad is daar! Dit is oor eeue vir ons deur die geskiedenis uitgewys en deur bekwame leiers begryp en verfyn om die Identiteit van elke volk in Suid-Afrika te bewaar, te handhaaf en uiteindelik tot sy volle reg te laat kom!
Daar was niks nuuts nodig nie! Dit is nie die “Slimmigheid” en/of onkunde van de Klerk-en-genote wat ons in die ellende waarin ons nou verkeer gedompel het nie, maar hulle papbroekigheid om vas te staan toe die geskiedenis dit van hulle vereis het!
Daar is nie kortpaaie in die politiek nie! As daar was, het Langenhoven by geleentheid gesê, sou die grootpad daarlangs geloop het! Om al die simptome van die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling te probeer regstel, bied geen oplossing nie! Die oorsprong van die oorsaak van al hierdie simptome moet reggestel word! Dít is waar die oplossing lê en waaraan ons volk moet werk in die tyd wat hom voor ons uitstrek en pleit vir ’n oplossing!
Danie Varkevisser
Leier Afrikaner Volksparty