Asemrowend skrikwekend bitter bitter hartseer. Nie n droë oog toe die mamma van 4 kindertjies haar man se kruis plant en nog ‘n kruis en nog ‘n kruis word oorhandig aan ‘n familie. Dit voel of dit nooit gaan ophou nie! Elkeen se storie skrikwender as die ander. Kan nie glo ek bly in dié land. Nêrens sê iemand dan iets. Maar weet julle, géén media was hier. Almal het belowe hulle is hier maar geen een het opgedaag! Geen een het eers verskoning gemaak nie! Dit is waarom niemand ‘n idee het wat gebeur regtig in hiedie eens gewese mooi land van ons nie.
Na aanleiding van die byeenkoms in verset teen die toenemende plaas- en ander moorde op ons blankes in Suid Afrika.
Haar versugting ‘n aanklag teen die sogenaamde “leiers” in Afrikanergeledere wat aanhoudend besig is met die verdeling van ons volk, in teenstelling met die bymekaarbring van mense op beginsel, vasgelê deur ons geskiedenis.
‘n Beginsel waarop die Republiek van Suid Afrika gevestig en erken is deur die hele vrye wêreld as Afrikanerland! Nie geroof, nie gesteel maar met bloed en sweet deur oorloë en harde werk en vaste vertroue op God ons hemelse Vader, wat ons trou in elke krisis bygestaan en deurgehelp het, aan die wildernis van Afrika ontworstel het as ons eie land!
Haar trane daar gestort sal tevergeefs wees, solank as wat daar hulp op ander plekke gesoek word as by ons hemelse Vader en ons ophou met lippediens. Daar het wesentlike veranderings plaasgevind, nie net plaaslik nie maar wêreldwyd waarvan ons moet kennis neem en terugkeer na wat ons geleer het omdat ons weet van wie ons dit geleer het.
Elke Afrikaner wat hom of haarself aanmatig om leiding te neem in ons volk se krisis en mense oorreed om te volg, neem vir elkeen wat volg verantwoordelikheid. Neem egter in breër verband ookverantwoordelikheid vir die welwese al dan nie van ons volk.



Daar is sekere instansies en veranderinge waarop nie vertrou kan word nie. Behalwe dit, laat ons ook in gedagte hou, ‘n volk wat in homself verdeeld is, sê God’s Woord, kan niestandhou nie? Glo u dit? Indien nie, kyk maar net om u en neem kennis van die verval. Dit is bepaald nie Zuma se skuld nie!