1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7447591

Besoekers aanlyn

Ons het 118 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

POLITIEKE AFLEIDINGS, AANNAMES EN BESPIEGELINGS VAN VERRAAD, WORD GAANDEWEG BEVESTIG.

moord op dr. Verwoerd 2Oor die afgelope een en vyftig jaar sedert dr. Verwoerd vermoor is, het daar veel verander op feitlik elke lewensterrein van die Afrikanervolk. Baie veranderings was reeds tydens die bewindsjare van genl’s Louis Botha en Jan Smuts aangelê. Van daardie selfde tipe veranderings wat in die Vryburgers se tyd aan die Kaap deur die Britse bewind op die Vryburgers afgedwing is, het tot die Groot Trek gelei.

Botha en Smuts se holistiese, en daarmee saam, voorkeur aan die Engelse se anti Afrikaanse beleidsrigtings, het weer die Nasionale Party tot gevolg gehad. Telkens het die Afrikaner hom gewend na ‘n beginselstandpunt wat polities sy eie aard en behoefte beskerm en bevredig het. Nie bloot omdat die Afrikaner selfsugtig, eiesinnig of bloot magsbehep was nie, maar omdat die geskiedenis uit sy verlede aangedui het dat daar ‘n ander benadering in bestuur en beleid gevolg sal moet word as in Europa.

Die Afrikaner het vroeg reeds besef dat ‘n beleid wat alle inheemse volke se identiteit, sowel as sy eie kan en moet beskerm, en wat Bybels fundeerbaar is, noodsaaklik is as onderlinge vrede en die vermyding van konflik in Suid Afrika verkry moet word. Selfs genls. Jan Smuts en Louis Botha het dit in hulle tyd al besef!

Genl. Botha en SmutsIn April 1912 sê Genl Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie. Dit word sedert 1994 toegepas en is nou selfs na 22 jaar, onbevredigend. Die swartes wil alles hê. Politieke mag, stoflike besit van die blanke wat vir geslagte deur harde werk in hulle besit is en die blanke is in verset daarteen. Dan raak ons nie eers aan die legio ander sake wat onbevredigend is nie! Genl. Botha het verder gesê dat iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die Kaffervraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede, met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor: “The White Man’s Task”. “We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different”. Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer.

‘n Gevolgtrekking gebasseer op die praktyk en wat nie deur die Engelse regering gerepudieer was nie maar self toegepas is totdat die Nasionale Party politieke beheer geneem het in 1948.

In die oorlog sonder koeëls wat daarna gevolg het, het daar ‘n praktyk van uitoorlê-ery begin waar die Afrikanervolk mislei is deur volgehoue ontkenning van ons eie regering, dat daar beweeg word in ‘n politieke rigting wat deur die geskiedenis telkens as onhaalbaar afgewys is!

Ten spyte van herhaalde waarskuwings en duidelike tekens van ontevredenheid, selfs skeuring in staat en kerk, is daar planmatig en doelbewus voortgegaan in ‘n rigting wat Afrikaners intuïtief geweet het ons voortbestaan bedreig!

Weerstand is besweer deur metodes van die Broederbond en ander Afrikaner kultuur organisasies in samewerking met die Afrikaner kerke met versekerings dat daar in Afrikanerbelang opgetree word. In uiterste gevalle deur die diaboliese stigting van “regse” organisasies as opvangsgebied vir die opstandelinge waar die persepsie geskep is dat die regering nou opponeer word met die moontlikheid om verslaan te kan word.

Jaap MaraisWillie MaraisVanuit hierdie gestigte organisasies is daar allerhande onbenullige verskonings uitgedink om nie met mekaar of die bestaande Herstigte Nasionale Party van dr. Albert Hertzog en later menere Jaap en Willie Marais saam te werk nie.

Gaandeweg het daar egter bewys gekom van al die geheime byeenkomste waar die Mandela vrylating beplan en bewerkstellig is. Nog skokkender die betrokkenheid van akademici, politieke-en-kultuurleiers, weermag generaals en talle predikante. ‘n Hele konkoksie van verraderlike sameswering op byeenkomste wat geheimsinnig beplan en ten uitvoer gebring is.

Waarom moes die Afrikanervolk in die donker gehou word? Is of kan daar ‘n ander geldige rede wees as die feit dat hulle nie hulle goedkeuring sou heg aan wat beplan was nie? Die moontlikheid om die regering te stuit deur die afdwing van ‘n verkiesing, is effektief deur die KP en AWB in die wiele gery deur hulle weiering om mnr. Jaap Marais se aanbeveling te aanvaar, selfs na vier uur se pleitrede deur hom op ‘n gesamentlike vergadering.

Dit is vandag alles water onder die brug deur. Wat egter belangrik is, is die feit dat daar steeds organisasies is wat die Afrikanervolk verdeel op dieselfde bedenklike wyse as tevore. Organisasies wat regs klink en dan links doen! In die verlede is daar nie geskroom om mense wat in die pad van die beplande “Nuwe Suid Afrika” gestaan het, te vermoor nie, beginnende by Robbert Smith en sy vrou, dr. Verwoerd, Maryke de Klerk en talle jong Afrikanersoldate! Onder hulle van die bes opgeleide verkenners wat koelbloedig ge-offer is,weereens in geheime byeenkomste beplan en met die wete dat hulle sou sterf, is hulle verraderlik in ‘n operasie ingestuur, “ ter wille van oorlewing van die Afrikanervolk”??

Wynand du Toit JosefskleedDie lys name is lank! Die name van al die knoeiers, verlooptes, en verraaiers wat gedink het dat hulle meerdere “insig” dit regverdig om lewens op te offer terwille van die Afrikanervolk se oorlewing. Die eindresultaat is presies die teenoorgestelde! Die stigting van die Konserwatiewe Party onder leiding van dr. A.P. Treurnicht deur die destydse NP wat op die punt gestaan het om sy politieke greep te verloor, word in Wynand du Toit se boek Josefskleed vanaf bladsy 12 tot 18 bevestig. Dit strook met die be-oordeling van gebeure deur die HNP se leier mnr. Jaap Marais, wat sy uiterste bes probeer het om die Afrikanervolk se lojaliteit aan beginsel en beleid vasgeknoop te hou deur goedberedeneerde en tydige waarskuwings, teregwysings en pleitredes.

Die voorspelde verval sal voortduur ongeag of Zuma en/of die ANC vervang word met wie ookal. Afrikaners moet geledere sluit op beginsel en vasstaan by die geskiedkundige feit dat hierdie land óns land is. Die onrus deur wedywering tussen swartes vir plek op die soustrein is reeds besig om in geweld te ontaard en dit sal erger word namate die buit al kleiner word, dienste al swakker en die gewone swarte dit al moeiliker vind om te oorleef.

Vergewis uself van die feite en neem dan die besluit om u nie weer te laat vang deur slim operateurs met stories van onderhandelde volkstate of samewerking om hierdie bestel te maak werk nie. Kyk terug in die geskiedenis en lig u verdwaalde kinders in oor wat waar en werkbaar was in die verlede.

Indien ons ons land moet verloor, laat dit dan wees omdat dit ons beskikte lot is en nie ons skuld omdat ons weier om die aangeduide pad van afsonderlike ontwikkeling te hou en te weier om te aanvaar dat ons ons Godgegewe erfenis moet afstaan aan ‘n bende onbevoegde terroriste, net omdat hulle meer as ons is, of omdat sogenaamde leierfigure ons daartoe wil oortuig nie!

Daar was en is nog steeds sameswerings in ons land wat in die geheim beplan om ander lande se belange bo die van die Afrikanervolk te stel! U moet daarteen in verset wees indien ons volk se voortbestaan vir u belangrik is. Die AVP roep u daartoe op in belang van ons volk se samehorigheid, want daarin setel ook ons noodsaaklike kragdadigheid!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie