Wat meer is, FW, dat ’n mens dit moet beskerm en bewaar, selfs met jou lewe indien dit nodig word! As daar niks is waarvoor jy bereid is om te sterf nie, behoort daar ook niks te wees waarvoor jy bereid moet wees om te lewe nie!
Die Afrikanerkind is besig om op Tukkies aan jou ’n demonstrasie te lewer van wat van jou verwag word indien jy en jou eiendom bedreig word! Die onversoenbaarheid en geweld wat jou integrasiebeleid tot gevolg het en wat drasties gaan toeneem, ongeag wat jy en jou lakeie gaan doen om dit te besweer, is aan jou ontrouheid aan jou volk te danke.
Indien daar nog enige integriteit in jou oor is, gaan staan daar op die kampus en beskerm ons volk se kinders wat daar moet bloei om selfs net instaat te wees om hulle moedertaal te kan praat! Jy is ’n onomkeerbare klad op die geskiedenis van die Afrikanervolk...... dit kon só anders gewees het!