1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7451277

Besoekers aanlyn

Ons het 6 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE BEGINSELPAD VAN DIE AVP

Brandende fakkelDr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?

Ons plaas hierdie toespraak van die leier van die AVP, wat in 2003 nog ‘n onderleierleier van die HNP was, om enersyds die aanslag op die eenheid van die Afrikanervolk wat vandag nog voortduur en andersyds die beginsel van nasionalisme wat die Afrikaner Volksparty onwrikbaar handhaaf en voortdra opnuut onder ons volksgenote se aandag te bring ten einde die voortdurende en planmatige verdeeldheid van die Afrikanervolk teë te werk.

Hoe langer daarin geslaag word om ons besig te hou met allerhande aksies wat die indruk wek dat daar in belang van die Afrikaner opgetree word, terwyl dit geen potensiaal het om ons weer vry en onafhanklik in beheer van ons Godgegewe erfenis te laat kom nie, hoe swakker is ons daaraan toe en hoe makliker word dit gemaak vir ons vyande om hulle greep te verstewig.

STREEKKONGRES VAN WATERBERG IN DIE BIBLIOTEEK OUDITORIUM NYLSTROOM STADSAAL 7 JUNIE 2003.

Dankie vir geleentheid: Aalwyn Viljoen.

Doel van my optrede by hierdie Kongres: Bewapening van elke kongresganger teen die planmatige verdeling van ons volk waarmee saamhorigheid en dienooreenkomstig, eenheid vernietig word!

Waarom?

Lukas 11: 17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

INLEIDING:

Weerstand teen geskiedenis!! HNP’s Begin mos by Jan v Riebeeck!! Ons wil weet van hier en nou!

Wanneer verdwaal ‘n mens? Net wanneer jy nie die pad ken of kan onthou nie!

As die Afrikanervolk van vandag die pad geken het, waarom het ons dan verdwaal?

Waarom het hulle John Vorster bly steun toe hy binne enkele weke na sy versekering dat hy in Dr. Verwoerd se spore sou loop, die spoor byster geraak het agter Maoris aan?

Waarom het die volk P W Botha bly steun toe hy die parlement in ‘n driekamer losieshuis omskep het met die potensiaal van versamelplek van Lazyboys soos dit vandag is?

Waarom het hulle vir de Klerk in die referendum ja gesê toe hy ooglopend die verkeerde pad wou vat? Was dit bloot omdat sy vraag Grieks was en sommer grieks ge-eindig het?

Al hierdie dwalinge ....oor Maryke ....en duisende ander Afrikaners se dooie liggame, voorsitter, omdat ons die pad geken het?

Ons volk het die pad van die geskiedenis vergeet of versaak vir ‘n koers wat vir hulle as ‘n beter pad voorgehou is! Nou bevind die Afrikanervolk hom op twee paaie. ‘n Nasionale pad, die pad vanuit die geskiedenis, en ‘n Liberale pad. Die nuwe pad wat ons gebring het by die Nuwe Suid Afrika. Ek noem dit die verdeelpad!

Maar, voorsitter, maak dit hoegenaamd saak? Die verdeeldheid?

Lukas 11: 17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val. Soos ons volk reeds geval het, voorsitter! Daarom is dit van belang. Van die uiterste belang!

Waar kom hierdie verdeeldheid vandaan? Kort na sy aankoms het die Witman in Afrika besef dat hy ‘n voorpos van die blanke beskawing in Afrika is, en dat die bevolkingsamestelling hier, ander eise as in Europa vir sy voortbestaan gaan stel!

Die aanvanklike integrasiebenadering in kerk en samelewing, het al gou die besef van kultuurverskil onderstreep.

Die wrywing en konflik wat ‘n gemengde samelewing opgelewer het , het selfs die liberale Genls. Botha en Smuts, apartheid as die enigste oplossing laat insien.

In April 1912 sê Genl Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die Kaffervraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede, met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different. Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer.

Hoe verskil dit van die suksesvolle beleid van Dr. Verwoerd?

Waarom het die Engelstalige wêreld nie toe beswaar gehad nie? As integrasie soos wat dit toe beproef was, onbevredigend en volgens Smuts langs integrasielyne, "insolveable" was, hoekom sou dit nou slaag? Sonder om dit te beredeneer, laat die huidige omstandighede daaroor oordeel! Is die toestand in die land onder integrasie, nou bevredigend?

As ons volk die geskiedenis geken het, voorsitter, waarom dan al hierdie doodloop “kortpaaie” agter politieke prostitute aan?

Langenhofen het by geleentheid iets gesê soos: As die kortpad die regte pad was, dan sou die grootpad daarlangs geloop het!

Die Nasionale pad

Die riglyn vanuit diè lesse van die geskiedenis, het Genl. Hertzog, Dr. Malan, Adv. Strydom, Dr. Verwoerd, Dr. Hertzog en tot met sy dood, Mnr. Jaap Marais, en in sy voetspore, ons huidige Leier Mnr. W T Marais, volhardend en beginselvas gekoers, en steeds koers!

Die Liberale pad

Maar hier kom die verskil, die verdeeldheid, voorsitter! Daarvoor is Dr. Verwoerd vermoor! Hieroor twis die Afrikaner vandag met mekaar vanuit al die gestigte organisasies ( Volgns Dr. Willie Marais, +- 35. Met nr. 36 gaan ons egter die geleentheid kry om al ons ideale te verwesentlik! Met onderhandeling, voorsitter!)

“Op die regte datum gaan ons ‘n volkskongres belê waar ‘n Afrikanerraad gestig gaan word om vorentoe namens die Afrikanervolk die sake wat vir die Christendom en vir die oorlewing van ons as volk noodsaaklik is, met die owerheid te beding.” Staan daar in die bulletin van Afrial op bladsy 4, terwyl in die Program van beginsels op bladsy VI onder die opskrif: Ons program van optrede, “Ons onderhandel met die betrokke owerhede oor sake van gemeenskaplike belang waaroor onderling konsensus bereik is.”

DIE NP

In ‘n verkiesingspamflet van die NP van 1987 onder die opskrif, “Die pad van die NP: Vorentoe met realisme.” is een van die punte, Onderhandeling is die sleutel tot medeseggenskap oor gemeenskaplike sake sonder oorheersing van een groep oor ‘n ander” (verwys Mugabe se toespraak 1980)

Waar het diè onderhandelings ons beland? Wat het Kodessa vir ons beteken? Of die onderhandelings by Dakar, of die geheime onderhandelings met die kommuniste in London, of die onderhandelings op Bermuda, of die geheime onderhandelings by die duiweklub in Pretoria, of enige van die menige ander bedrogvolle onderhandelings “namens die Afrikanervolk” wat u aan kan dink? Dit was eerder die sleutel tot die suksesvolle oorname van mag oor reg! Van Valsheid en Verraad oor Waarheid en Regverdigheid!

Weer met die ongelowiges gaan onderhandel? Is ons dan blind vir die lesse uit die geskiedenis? Is dit nie ‘n volksonde om hulp te soek by die volke rondom in plaas van by God nie? Wat het van die kerkleiers wat ons in geloof moet versterk en opbou, se geloof geword? Dr. Willie Marais wat vir ‘n hele aantal jare parlementêre Kapelaan was is mos nie polities oningelig of onkundig nie!

II Kronieke 16 verhaal van Koning Asa van Juda wat die hulp van Benhadad, die koning van Aram gevra het teen Koning Baesa van Israel, met sukses. Die siener Hanani het in verse 7,8 en 9, vir hom die volgende gesê:........”Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. 8. Was die Kussiete en die Libiërs nie ‘n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het; 9 want die Here---Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”

Tenspyte van die anargie en chaos bly die liberales egter steeds apartheid teewerk met alles wat hulle het! Wat is daar te baat, voorsitter, uit hierdie onge-ewenaarde verval teenoor die voorspoed tydens apartheid? Voorspoed waarin al die volke gedeel het en toenemend sou deel?

Terwyl dit die liberales se sege was om Dr. Verwoerd, en dienooreenkomstig, Apartheid te verwyder, is dit juis die vyand van die Afrikaner se vernietigende rasgemengde staatkundige benadering wat nou deur ons “eie mense” as teevoeter vir die HNP se beleid en beginsel van Nasionalisme, bevorder word!!

“Die Afrikaner Alliansie”, een van die nuutstes, onder leiding van Dr. Willie Marais van die NG Kerk, wat “homself sien as ‘n volksbeweging wat aan al die aksies ‘n geleentheid bied om saam met die ander aksies hulle lang gekoesterde ideale vir volk en vaderland te bereik”, bid jou aan!!

(34 jaar se stryd, Ek haal Dr. Willie Marais aan uit sy toespraak te Potchefstroom, 14 Oktober 2002: Hy sê as daar nie nou gepraat word nie sal die volgende vers uit die bybel op ons van toepassing kan wees:

Jesaja 56:10 . “Die wat oor My volk moet waak, is almal blind, hulle weet niks nie. Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie” (Bls. 14)

As hierdie aanhaling nou van toepassing is, was dit dan nie ook so in 1969 toe die tekens van welwillendheid jeens die wêreldaandrang duidelik geword het, en bykans almal wat nou by Afrial betrokke is geswyg het nie?

Hy se:

“Vanaf 27 April 1994 het daar ‘n radikale politieke verandering gekom wat na elke ander faset en sfeer van die Afrikaner se lewe deurgedring het. Die verlies aan politieke mag het die Afrikaner in ‘n posisie van onmag geplaas. Hierdie posisie van onmag het die Afrikaner in ‘n uitsiglose situasie gedompel.” Hoewel hy fouteer met die datum, bewys sy stelling die onhaalbaarheid van sukses met die beleid van integrasie net soos Boris Becker en Piet Koornhof se huwelike vernedering, haat, hartseer en ineenstorting tipeer. Dit, voorsitter is die teenhang van apartheid, ‘n bewys van Lukas 11:17! En ek verwys na die belang van al die volke in Suid Afrika en op die keper gesien, in Afrika!!

Tenspyte van hierdie “nuutgevonde” insig van Afrial en sy lede, wil hulle hê dat ons moet gaan onderhandel en deelneem aan die veelrassige vekiesings tot verdere vernedering en uiteindelike vernietiging van die Afrikaner!

luister na Ds. Mossie vd. Berg!Ek haal aan uit sy publikasie getiteld:

TOEKOMS vir SUID-AFRIKA

6 APRIL/31 MEI 2002

deur Mossie van den Berg: ..” daar kan ook nooit nog.... of weer.... gedroom word van herstel van ‘n “Blank SA” waar die “witman” weer sal “baas wees” nie.”

Op bladsy 21: Die herowering van die staatsgesag in die “Nuwe SA” langs konstitusionele weg is alles behalwe ‘n onmoontlike taak! Wat nodig is, is alleen dat Afrikanervolkspolitiek sal uitmond in SA volkerepolitiek. Die Afrikaner het nie die stemvee om ‘n stembusoorwinning oor die ANC te behaal nie. Maar 11 volke wat boonop nou die dag nog glo uit 70% “Christene” bestaan het, het wel

die nodige getalle.”

Dit is die opheldering van ‘n jarelange kwelling van waarom bekende politieke-, kerk- en kultuurleiers in Afrikanergeledere wat deurgaans die beeld van “Regs” projekteer het, selfs met die uiterste pogings, nie oorreed kon word om die HNP as politieke verteenwoordiger van die Afrikanervolk, sedert sy stigting in 1969, te aanvaar, te versterk of selfs net te ondersteun nie, maar aanhoudend te verdeel!

Beginselverskil

Dit is mos nou glashelder duidelik, die beginselverskil! Opeens is daar klaarheid oor die vraag waarom daar deurlopend Partye, Organisasies en Strukture naas die HNP instede van saam met hom, oor die afgelope 33 jaar tot standgebring is! Nie die leierskap, nie die beskuldiging dat die HNP nie vorder of niks bereik of nie wil saamwerk of watter ander argument ookal aangevoer word nie! Dit is die beginsel waarvan ons nie wil afstand doen nie! Die beginsel van Afrikanernasionalisme wat op aandrang van die wêreld daar buite met behulp van die De Villiers Graafs, Helen Suzmans, Colin Eglans, Van Zyl Slaberts, Tony Leons, en nou ons “eie mense” op ons neergehaal is en nou afgedwing word met die gevolge wat ons vandag beleef! Hoewel onderlinge verskille voorkom, deel hulle almal die sentiment dat apartheid moet weg! Deurgaans was dit hoofsaaklik ook dieselfde Pesone wat in al hierdie pogings betrokke was en in hoofsaak omdat hulle staatkundige oplossing vir ons volk soek in Magsdeling onder die dekmantel van selfbeskikking! In wie se belang sleep hulle ons mense agter hulle aan? Kan dit werklik in die Afrikaner se belang wees? Wanneer gaan hulle ophou om ons potensiële mag te verswak deur ons aanhoudend te verdeel deur voor te gee dat hulle in die Afrikaner se belang optree en sodoende van baie mense se goedertrou aanhoudend misbruik maak?

DIE OPLOSSING

Lukas 11: 17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val. Hierin lê die antwoord, voorsitter!

Dr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?

Nasionalisme is die lewende, ontwikkelende, onsterflike gees van die volk. Die party wat die gees van die volk reg begryp, en wat vertolk dit wat die volk help om sy eie bestaan en sy eie bestemming te besef en wat sy kragte inspan om die volk op te bou en groot te maak, so ‘n party groei met die volk en is so blywend as die volk.

Kom toets die HNP aan hierdie beginsels en kom terug na u wortels saam met ons in verset teen die onreg wat ons aangedoen word!!

My oproep is, gaan almal teë wat ons aanhoudend as volk verdeel en kom verenig in beginsel. As dit nie die angel in ons volk is wat die vyand die meeste vrees nie, waarom was en is dit dan sy vernaamste teiken?

Grondwet bls 24

Laat die vyand kennis neem!

Ons deins nie vir julle moorde, grondroof, diefstalle of kapings nie!

Ons sal nie swig voor julle tronke, aanrandings en verkragtings nie!

Julle het ons nie oorwin in oorlog of in beheer gekom omdat julle so sterk of baie of slim was nie!

Julle louter ons en sterk ons geloof deur die teistering wat julle op ons aanlê.

Ons maan julle! Moet nie die geskiedenis vergeet nie!

Ek dank u,

Danie Varkevisser

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie