1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7446852

Besoekers aanlyn

Ons het 126 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

'N POSITIEWE TOEKOMSVERWAGTING!

Trots AfrikanerAs long as whites continue to avoid and deny their own racial identity . . . [they] will have no chance to resist their dispossession and their eventual and possible physical destruction.

                                                                                                            Samuel Francis

In 'n vorige artikel is daarop gewys dat die Afrikaner opgesaal sit met 'n negatiewe toekomsverwagting. Dit is die sleutel tot sy eie selfmoord aangesien geen volk dit kan bekostig om geen toekoms vir homself in sy eie land te sien nie. Dis tog voor die hand liggend — negatiwiteit kan niks positiefs voortbring nie.

Die vraag is nou of daar enige moontlikheid bestaan om hierdie situasie om te keer na 'n positiewe uitkyk. Ek is van mening dat dit net kan gebeur indien die Afrikaner 'n metamorfose ondergaan wat betref sy denke en persepsies oor meeste sake in hierdie land. Waarvan ek praat is vir meeste 'n taboe.

Dit is bewys daarvan hoe die nuwe stelsel die Afrikaner meegesleur het dat hierdie alternatiewe nie eers bedink (mag) word nie. Nogtans is dit noodsaaklik dat dit gelys en bespreek word.

Eerstens moet besef word dat die grondwet die grootste vyand van die Afrikaner is. Dis juis die grondwet wat elkeen verplig om binne die raamwerk daarvan te opereer en alles daarbuite te verban. Waarom is hierdie grondwet dan so heilig? Juis omdat die vyand van die Afrikaner weet dat binne die raamwerk daarvan uitwissing van die Afrikaner 'n voldonge feit is. Daarom word alles en almal ingespan om binne die grense van die grondwet te dink en te opereer. Met die grondwet is nasionale (volksgerigte) politiek per se verban en is 'n eenmalige en, wat die liberales hoop, finale oorwinning oor nasionalisme behaal. Dit is gewoon ontstellend om te sien hoe konserwatiewe Afrikaners die grondwet klakkeloos napraat (en aandring dat dit beskerm word!), sonder om te besef dat alles wat teen die Afrikaner ingespan word, juis deur die grondwet gemagtig word! Daarom moet ernstige vrae gevra word oor Afrikaners wat, ten einde die een of ander posisie of amp te beklee, 'n eed aflê om die grondwet te eerbiedig.

Word voormelde besef, is 'n belangrike stap geneem in die rigting van ware Afrikaner vryheid. Dan kan die Afrikaner weer vry van skuldkomplekse oor sy verlede, besin oor sy toekoms. Dan gaan die wêreld van nasionalisme weer vir hom oop waar die noodsaak van diskriminasie binne 'n veelvolkige samelewing ingesien word. Diskriminasie? Maar dis mos verbode en onmenslik! Jy sien ... Maar wat is diskriminasie? Dit is om voorkeur vir my eie te toon en afkeur vir die vreemde. Voorkeur vir die eie is dus niks anders as diskriminasie nie. En om watter rede op hierdie aarde mag 'n man nie voorkeur vir sy eie vrou, kind, mense, ras, taal, kultuur en goed hê nie? Net omdat die liberalis so sê en die liberale gedagte tans die botoon voer? Dink tog weer daaroor na: Wat is die teenkant van voorkeur? Gelykstelling van ongelykes, samevoeging van teenstrydiges, assimilering van onaanpasbares, versmelting van kontraste, en uiteindelik, vernietiging van identiteite.

Dit is tog onbetwisbaar so dat die trek van grense tussen mense en kulture wat wesenlik verskil, vrede en orde daarstel. Die wanorde en chaos van vandag is juis die gevolg van kulture wat in botsing met mekaar is omdat hulle waarde opvattings verskil. En dit bring my by 'n belangrike punt. Jare gelede het 'n goeie ou professor ons vertel van die boni mores in die gemeenskap wat die regsopvatting en uiteindelik die heersende reg van 'n gemeenskap bepaal. En daardie opvatting is gesetel in kultuur — die visie wat 'n gemeenskap vir homself in die oog het vir sy eie toekoms. Hoe verskil die visie van swart en wit nie in hierdie land nie! Watter regstelsel kan te midde van sulke verskille uiteindelik seëvier? Dis tog voor die hand liggend! Hoe verskil die boni mores van hulle wat standbeelde met (jy weet wat) besmeer nie van die volk waarvan ek lid is nie ...

Waarom dan is die logiese oplossing vir meeste nie aanvaarbaar nie? Omdat dit onmoontlik is? Tog nie, want die ganse geskiedenis is bewys van roemryke vryheidstryde van klein volkere teen magtige nasies, ryke en state. Nee, kom ons praat vir 'n slag die waarheid. Dit is "onprakties" en "onwerkbaar" en onmoontlik omdat dit 'n keuse is wat geweldige inspanning en opoffering van ons volk gaan vra. Dit is die waarheid van die nasionale strewe. Dit is 'n moeilike keuse wat inbreuk maak op ons rykdomme, ons genot, ons vermaak, ons selfsug. Daarom is daar kwansuis "geen oplossing" vir hierdie land nie, want die teendeel is soos oom "John" (weliswaar in 'n ander verband) gesê het "too ghastly to contemplate".

En nou gaan ek 'n teer puntjie aanraak. Baie konserwatiewe Afrikaners het in godsdiens nou die uitvlug gesien. Ja, ek noem dit 'n uitvlug want die naïewe wyse waarop die saak benader word hou beslis nie rekening met die werklikheid nie. Elkeen moet blykbaar net glo dat God ons sal red. Solank ons dit glo kan die land maar vergaan? Waarvan moet Hy ons red as ons nie in woord en daad 'n breuk met hierdie stelsel wil maak nie? Ek dink ons moet van onsself gered word! Dink ons werklik dat die Here 'n volk sal red wat nie die vaagste benul het wat hy wil wees te midde van 'n godlose staat nie? Wat nie wil waag om op te staan teen 'n godlose regstelsel nie? Wat nie bereid is om sy identiteit te beskerm nie? Wat steeds in kerke sit waar die Woord verkrag word ten einde die liberale gespuis (ja die Satan) ter wille te wees? Ek is jammer maar die Here wat ek ken, het geen behae in hierdie land, sy grondwet en sy klakkelose napraters nie!

Dit bring my by die aanhaling hierbo. Professor Samuel Francis was 'n Amerikaanse konserwatief. Eintlik is die woord nasionalis meer gepas. Want hy het nie net bewaar nie, hy het die volkseie bewaar! Hy het vir baie jare die gevaar van integrasie in die VSA ingesien en daaroor geskryf. In ons land is integrasie en die vernietigende gevolge daarvan nou 'n realiteit. Ons is gedoem tot uitwissing as ons nie insien dat die behoud van ons Blanke identiteit ons behoud gaan wees nie. Ons onteiening en uiteindelike fisiese uitwissing geskied juis omdat ons ons identiteit versaak het. En is dit nie ironies hoe die eise van politieke korrektheid mense van beide kante van die spektrum (liberaal en konserwatief) in een kraal gejaag het nie? En hoe hulle skielik so eensgesind is oor sake soos "rassisme", "'verdraagsaamheid", en "menseregte" nie, Soos Francis dit stel:

            "there is not a dime’s worth of difference between them on so many issues and a          major reason why we are seeing the emergence, not just of a One Party State ....,    but also of a Single Ideology that informs the state and the culture".

In plaas daarvan om die liberalisme na te praat en die universele gedagte van die dag na te jaag wat ons identiteit ondergrawe het en ons solidariteit geskaad het, moet die Afrikaner in die eerste plek sy Blanke identiteit herbeklemtoon. Die aanslag teen ons is 'n rasse-aanslag. Om derhalwe te midde van so 'n verwoede aanslag weg te skram van ons rasse-identiteit is fataal. Besef ons dan nie dat deur ons skaam te maak vir ons ras juis die doel van die aanslag is nie? Ons kultuur het 'n rasse onderbou — die Afrikaner is geen basternasie wat ankerloos sy bestaan in Afrika gevind het nie.

Dit is alleen 'n skuldgevoel, opgewek deur die ankerlose geslepe liberaal, wat gemaak het dat die Afrikaner dit nie wil erken nie. Die Westerse beskawing wat die voortou geneem het in die ontdekking en ontwikkeling van die wêreld, en waarvan ons erfgename is, was en is 'n Blanke beskawing. Waarom moet ons skaam wees daarvoor? Besef ons nie dat selfrespek vereis dat ons ons identiteit sal betuig teenoor andere juis om daardie identiteit te behou en uit te bou nie?

'n Blote kulturele bewustheid is helaas nie voldoende nie. Dit beklemtoon net sosiale en kulturele faktore — so asof die kultuur wat ons verteenwoordig eenvoudig na 'n ander groep oorgedra kan word; iets wat geheel en al onmoontlik is! Kulturele bewustheid alleen sal nie die rassegrondslag van ons Blanke beskawing aan die suidpunt van Afrika bewaar nie. Ons word onteien en vermoor omdat ons Blank is. Wat help dit dus om daarvoor weg te skram? Veel eerder kan ons solidariteit versterk word deur op hierdie waarheid te wys.

Nou lees ek dat Ernst Roets van Afriforum nie sy wit identiteit koester nie. Vir hom is die kleur van sy vel irrelevant. Probleem is net Ernst, die Swarte wat die witman wil vermoor glo juis dat sy swart identiteit belangrik is! Dis uitlatings soos hierdie wat die groot skeiding binne Afrikanergeledere gaan bring.

Nog baie meer kan (en moet) geskryf word oor hierdie saak. Maar 'n besef van die werklike bedreiging teen die Afrikaner is waar ons moet begin. Dit sal nie beter gaan in hierdie land onder enige regering met 'n grondwet wat die Afrikaner se identiteit wil vernietig nie. Daardie besef is die saadjie wat in elke (ware) Afrikanerhart geplant moet word. En ons sal ons langsamerhand moet haas ...

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie