Die gees van onvergenoegdheid onder die swart mense van Afrika oor hulle onvermoë om die lande waaroor hulle beheer uitoefen tot eerste wêreld standaard te ontwikkel, het oral die gevolg dat die blanke die skuld daarvoor kry en dan kragtens “menseregte” en “demokrasie”, sonder vergoeding ontneem mag word van wat hy opgebou, ontwikkel en in stand gehou het vir eeue.
So lees ons die verhaal van mnr. Mike Campbell wat alles verloor het.
Baie Afrikaners was enkele weke gelede nog baie hoopvol oor die hofsaak wat Afriforum teen Julius Malema gemaak het. Met hierdie saak sou Malema “gestuit” word, het baie mense en ook Flip Buys geglo. Onlangs nog het Buys sy mond vol gehad in ‘n onderhoud met Rapport oor Malema as “politieke jeugmisdadiger” en die feit dat Malema die “ergste” verpersoonlik wat met Suid-Afrika kan gebeur. Afriforum wou ‘n hofbevel hê om Malema se “mond te snoer”. Maar nou het sake in die
Na aanleiding van ‘n berig in City Press wat skynbaar die verloop van die haatspraakverhoor van Malema gevolg het, is daar geen onderskeid tussen enige ander Afrikaland se benadering dat geweld die oplossing vir staatkundige beheer is, en dié van die ANC nie! Ook nie die veragtelike benadering om kinders daarvoor op te lei nie! Lees self die berig soos wat dit in City Press voorkom en oordeel dan self watter waarde enige gesprek met die regime vir die Afrikaner inhou.
Die woord Boer het vir die swartes in Suid Afrika dieselfde betekenis as wat die benaming Makwêre Kwêre, oftewel Kakkerlak vir die Hutus gehad het. Dit was wat hulle die Tutsies in Rwanda genoem het en waar meer as ‘n miljoen mense hulle lewens verloor het!
“AS JY IN DIE STELSEL INGAAN, SAL JY NOODWENDIG IN DIE STELSEL OPGAAN.” (Jaap Marais)
Broedertwis in Malema hofsaak?
Hierdie vetletter opskrif op die voorblad van Rapport is swanger van uiteenlopende betekenisse. Enersyds aksentueer Rapport die diepgaande verdeeldheid tussen Afrikaners. In ’n tyd waar Afrikaners geledere behoort te sluit, bly die hoofstroom Afrikaanse media die instrument wat die verdeeldheid lewendig hou.
Die wederkoms van die Here is naby
(Ds Adriaan Swart APK)
Skriflesing: Openbaring 22:6-21
Inleiding:
Geliefdes in ons Here Jesus Christus
Ons lewe in ‘n verbygaande wêreld. Alles wat hier rondom ons is, alles wat ons sien, doen en besit, is dinge wat nie vir ewig hier sal wees nie. Dit gaan verby.
Maar weet u geliefdes, dis asof die wêreld dit nie besef nie! Daar is so baie mense in hierdie wêreld wat dink en lewe asof alles tot in ewigheid sal bestaan. Asof daar nooit ‘n einde gaan kom aan hulle lewens en besittings nie. Hulle besef nie wat hulle eindbestemming is nie! Hulle lewe soos setlaars. Dis asof hulle nie besef waarheen hulle oppad is nie!
DIE “PRESIDENSIËLE” BEHANDELING VAN MALEMA DEUR DIE SUID-AFRIKAANSE REGSTELSEL
Die platform wat die media vir Malema geskep het vir sy verdediging in die Gelykheidshof, kan vergelyk word met dié van ’n president vir die lewering van sy begrotingstoespraak! Terwyl hy teregstaan op klagtes van haatspraak, wat beter verstaan sou kon word as dit beskryf was as aanstigting om Boere te vermoor, word terselfdertyd op die bedenklikste wyse denkbaar, in die hof hanteer.
Asof hy reeds die president van Suid-Afrika is, word hy met handskoene hanteer en toegelaat om bykans elke vraag met ’n hele toespraak tot groot vermaak van sy ondersteuners te be-antwoord. Hy word toegelaat om die betekenis van woorde en uitlatings belaglik te maak en sy eie vertolkings daaraan te heg wanneer dit hom pas.
ISHTAR, EASTER EN PAASFEES
Om haar seun Tammus (Nimrod) se opstanding uit die dode te gedenk, het Semiramis ‘n groot fees ingestel. Helderkleurige, geverfde eiers is deur haar onderdane onder mekaar uitgeruil om LEWE UIT DIE DOOD voor te stel.
Hierdie fees is Ishtar genoem.
Dit was egter nie al wat deur die eier gesimboliseer is nie. Daar is ook geglo dat Semiramis self voortgekom het uit ‘n groot eier wat ná die Sonvloed in die Eufraat gedryf het. Die eier is, na bewering, deur visse tot op die wal gestoot en deur duiwe uitgebroei, om daarmee voor te gee dat sy nie ‘n menslike geboorte gehad het nie.
Nietemin, Ishtar het later “Easter” geword en ons ken vandag almal “paaseiers”.
Paaseiers het niks met ons Christenfees, Paasfees, te doen nie, maar het sy ontstaan in die goddelose Babilon.