"HULLE KAN NIE BLY VASKLOU AAN 'N REëNBOOGNASIE NIE".
Voormalige Vlaams Belang senator mnr. Roeland van Walleghem: "Groot oorwinning vir Party vir die Vryheid wys baie Nederlanders wil geen Islamisering nie".
Die Partij vir die Vryheid (PVV) onder leiding van mnr. Geert Wilders wat deur politiek korrektes, soos bv. dr. Leopoldt Scholtz in die Afrikaanse media afgemaak word as die groot verloorder in Woensdag se algemene verkiesing in Nederland, het 'n groot oorwinning behaal. Saam met die Staatkundige Gereformeerde Party (SGP) wat ongelukkig net hul drie setels behou het, is hulle ware vriende van die Afrikaners. Hulle is teen die ANC gekant en teen die reënboognasie.
In hierdie vyfde gesprek met dié senator sal ons hom vrae vra oor die verkiesings.
In ‘n aanslag op die Britse parlement deur ‘n persoon wat verbind word aan ISIS, beseer hy 40 en dood vyf persone met ‘n 4x4 Hyundai voertuig. In die aanslag is een polisieman met ‘n mes doodgesteek.
Onder normale omstandigheid sou ‘n mens jou meegevoel met die Britte kon uitspreek in opregte afkeer van so ‘n veragtelike daad van onbeheersde emosie, gedryfdeur die fanatieke geloof van vernietiging van die wat nie soos jy is of dink nie.
In ‘n omsendbrief van Orania is daar twee artikels wat kommentaar verdien:
Beide Helen Zille van die DA en generaal Constand Viljoen wat die Afrikanervolk help onderwerp het aan ‘n swart Kommunistiese rowerbende, maak nou benoude spronge, so asof hulle aan die blanke se kant geskaar is teen die chaos wat hulle help ontketen het.
Zille se kritiek teen diegene wat kolonialisme as net negatief afmaak, wat haar nou die argwaan van die swart predikantleier van die DA op die hals gehaal het, is betekenisvol! Indien sy nog altyd bewus was dat die vestiging van die infrastruktuur waarna sy verwys deur die blankes tot stand gebring is, dan weet sy mos ook dat die verwaarlosing en uiteindelike vernietiging daarvan, soos sigbaar in Suid Afrika, se oorsprong by die oorgawe aan die swartes lê. Afrika was en is immers vandag nog die aanskouingsles daarvan!
(Andries Breytenbach en die HNP se versaking van die beginselpad van Jaap Marais) – Johan Theunissen
In die uitgawe van 6 Februarie 2017 van die Bittereinder, wat deur die inligtingsdiens van die HNP uitgegee word, trek die leier van die HNP mnr Andries Breytenbach ‘n dik en ondubbelsinnige swart streep deur die historiese aanspraak van die Afrikanervolk op die Republiek van Suid-Afrika. In die stuk bevestig hy dat hy, en daarom ook die HNP waarvan hy die leier is, die Afrikaner se vryheidsideaal reduseer het tot ‘n volkstaat of ‘n aantal volkstaatjies onder die jurisdiksie van die marksisties-kommunistiese ANC regering wat illegitiem die bewind oor ons volk voer. Mnr Breytenbach het die kuns van “dubbelspraak” vervolmaak, soos wat blyk uit die genoemde inligtingsstuk en ook sy bedenklike betrokkenheid oor ‘n aantal jare by die Boere-Afrikanervolksraad en hulle mislukte pogings om onafhanklikheid vir die Afrikanervolk by hierdie illegitieme regering te probeer afpleit.
‘n atteïs in Florida Amerika het ‘n prokureur genader om ‘n saak van diskriminasie te bring teen Christene en Jode. Hulle het heilige vakansiedae vir Paasfees, Kersfees, Yom Kippur Hannukah, ens. het die atteïs se prokureur in die hof betoog. Vir my kliënt is daar egter geen sodanige vakansiedae nie. Die argument was dat dit onbillik is dat daar geen voorsiening vir soortgelyke dae vir atteïste is nie.
Die regter antwoord: “Maar daar is sulke dae vir jou kliënt waarvan julle beide skynbaar onbewus is!” Psalm 14:1 sê, “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie.” Die kalender sê 1 April is “Fool’s (Dwaas)day”
As jou kliënt wat ‘n atteïs is dan sê dat daar geen God is nie, dan sê die Bybel hy is ‘n dwaas (Fool). Die hof se opinie is dus dat 1 April ‘n dag is wat vir jou kliënt voorsiening maak. Die hof is verdaag
‘n Regter van formaat!
Spreuke 15:1-33
“Die wandel van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.” (:9)
Is dit waar dat God alle mense ewe liefhet en dat almal voor Hom heeltemal gelyk is? Alhoewel dit tog baie regverdig en vroom mag klink, is die antwoord op hierdie vraag ‘n besliste – NEE! Diegene wat sulke kettery verkondig, is besig om ‘n leuen te bevorder eerder as om die koninkryk van God te dien.
As God dan geen onderskeid tussen mense tref nie – waarom het Hy Kain se offer nie aangesien nie terwyl Hy wel Abel se offer aangesien het? “...En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. ...” (Gén. 4:4&5). Die antwoord hierop is eenvoudig dat die Skepper van die heelal vrymagtig is om enige onderskeid in Sy Skepping te maak soos wat Hy daarin ‘n welbehae het. Verder sal géén skepsel die verwaandheid hê om Hom daaroor aan te kla nie. “Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Die “Volksraadverkiesingskommissie” en “Boere-Afrikaner Volksraad” se nuutste foefies
(Uitgereik deur Pieter de W van der Spuy, AVP-woordvoerder oor Justisie)
Die AVP het met verbasing kennis geneem van die sogenaamde “Volksraad Verkiesingskommissie” (VVK) en sy voortbrengsel, die sogenaamde “Boere-Afrikaner Volksraad”, se oproep op “volksgenote” om opnuut by die VVK as “kiesers” te registreer. ‘n Regdenkende Afrikaner sou dink dat dié instellings en hul meelopers na hulle bespotlike, maar verraderlike en mislukte poging om ‘n volkstaatjie deur onderhandelinge met die Kommunistiese regime te beding, liewers stil-stil van die politieke toneel sou wou verdwyn. Maar wat wou! Volksgenote word nou weer opgevorder om as kiesers te registreer.