1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8260850

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Organisasie

AFRIKANER VOLKSPARTY

In ‘n Internasionaal gedrewe uiterste poging om die Afrikanervolk van sy geskiedenis los te maak, word ons volksgeskiedenis in die skole en media verdraai, verswyg en beklad sodat veral die jeug ‘n afkeer daarin moet ontwikkel.

Die “Wonder van Afrikaans”, die aangrypende van ons geskiedenis, die heldedom daaruit gebore, is van die geloof ankers wat getrek móét word in die aanslag om die Afrikaner op die mees omsigtige wyse van die verhoog van die geskiedenis afgevee te kry.

Dít is waarom die AVP  die Afrikaner  “eerste”  stel  en  sy geskiedenis in die kollig bring, sodat ons kinders uit die voorbeeld wat daaruit straal, sal begryp en besef dat dit slegs ons afhanklikheid van God-Drie-Enig was en nou sal wees, wat ons volk gedra het en in staat is om ook nou, bó omstandighede, ons God te wees as ons Sy volk wil wees.   Ons te beskerm en weer in ‘n eenheid tot oorwinning van ons vryheid sal lei as ons Sy gebooie bewaar en volgens Sy insettinge lewe met die besef dat die eer van elke oorwinning Hom toekom.

Kyk dus na elke leier en be-oordeel elkeen in sy tydsgewrig volgens sy optrede, uitsprake en veral sy  leiding aan hulle wat voor ons was.   Gaan dan op u knieë in verootmoediging en bid dat ons op daardie gebaande weg sal bly omdat dít is waar ons heil geleë is en ons kan saambind in eendragtigheid teen die vyande wat teenoor ons opgestel is.

Die simboliek van Tafelberg dui die wieg van ons volk aan en die leiers wat daaronder vertoon word, dui die goue draad van nasionalisme aan, van die Volksplanting tot waar ons vandag is.

Die AVP streef steeds daarna om dié bymekaar te bring, wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.

Die Afrikaner is ’n volk in eie reg en nie ’n minderheid wat geïgnoreer kan word nie. Die embleem en die vlag van die AVP dui die pad van nasionalisme aan en die betekenis daarvan kan hier gelees word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie