Media

BETEKENIS VAN DIE 2014 VERKIESING VIR DIE AFRIKANERVOLK

PERSVERKLARING:

altLaat ons sommer begin deur onomwonde te sê dat as blankes, waar hulle hulle nou ookal in die wêreld bevind, na hierdie uitslag nog nie ‘n greep op die verloop van Afrika politiek het nie, sal hulle dit verseker nooit hê nie en onder die gevolge van daardie gebrekkige insig moet buig indien hulle daaraan blootgestel is soos ons hier in Suid Afrika.Persone en instansies wat met allerhande drogontledings op tendense gaan dui wat blankes moet oortuig om in toekomstige verkiesings te stem, is deel van die F.W. de Klerkbedrog wat daarop gerig is om Suid Afrika permanent onder swart beheer te hou in belang van die imperiale magte wat daardeur bevoordeel word en aan wie se eise hulle toegewings gemaak het.

Dit kan met stelligheid aanvaar word dat elke liberale blanke in Suid Afrika sy stem vir die DA uitgebring het saam met die oorgrote meerderheid Kleurlinge en Indiërs. As die 2009 uitgebragte stemme vir die DA vergelyk word met vanjaar toe hulle met oorgawe geywer het vir die nieblanke stem, het daar waarskynlik minder as ‘n miljoen swartes vir die amptelike opposisie gestem. Met ‘n oorhoofse oogopslag na die uitslae is die sentiment van die swart ras duidelik waarneembaar en dit verskil nie ‘n jota of titel van waarvan Afrika oor eeue vir ons ‘n aanskouingsles is nie. Vandaar Malema se opgang na slegs nege maande se bestaan van die EFF.

Politieke nugterheid in Afrika is deel van die behoud van die inheemse blanke wat sy tuiste hier gemaak het en verwag om hier te bly. Wat vandag onomstootlik waar is, is dat die Afrikaner wat gaan stem het, wat tyd, geld en energie in hierdie verkiesing in deelname aangewend het, niks anders bereik het as om erkenning te verleen aan die swartes se aanspraak op Suid Afrika en dienooreenkomstig aan ons vyande se standpunt ‘n wetmatigheid verleen het  dat Suid Afrika nie die Afrikanervolk se land is nie maar aan almal behoort wat hier woon. Die gevolg vir hulle is aanvaarding van die uitslag en die gevolge daarvan soos wat ‘n hofuitspraak in die geval van die Rehoboth Basters in Suid Wes Afrika se eis van behoud van hulle grondgebied afgewys het as gevolg van hulle deelname aan die verkiesing van resolusie 435.

Die verdere tragedie is dat dié stemmende Afrikaners, wat nou in ‘n sin al die nie-stemmers verraai het, en daardeur ‘n streep deur hulle, (wat gestem het), se reg op Suid Afrika getrek het, géén politieke hefboom het, ongeag vir wie hulle gestem het, wat énige verskil hoegenaamd kan maak in terme van eie sake, wat nog te sê van ander belangrike aangeleenthede soos die ekonomie, verdediging, gesondheid, landbou, onderwys, ens. Hierdie tragedie bestaan sedert 1994 en sal voortduur totdat die Afrikanervolk weer sy regmatige  politieke beheer verkry wat hom volgens elke bestaande volkeregtelike beginsel toekom.

 In ons vryheidstryd is die wegbly van die regime se verkiesings een van die  haalbaarste en effektiewe saambindende gemeenskaplikhede vir die Afrikanervolk, ongeag die bestaande verskille en verdeeldheid. Die verset teen die onreg wat hier plaasvind word daardeur beklemtoon, uit gelig en ons reg op Suid Afrika lewendig gehou. Om as ‘n volk nie aan sulke stemmings deel te neem nie word ons vyande se uiterste pogings om die Afrikanervolk se aanspraak op Suid Afrika heeltemal te vernietig, sodoende effektief teëgewerk

Die DA wat nou die tweede sterkste swart party in Suid Afrika is en vir wie sommige Afrikaners gaan stem het, verskil in beleid en beginsel nie ‘n jota of titel van die ANC  nie, uitgesonderd hulle vermoë tot meer effektiewe bestuur vanweë die oorblywende blanke en kleurling amptenary. Met die enigste weg tot behoud van bestaan, sal Zille steeds hoër moet bie vir swart stemme wat blankes en kleurlinge noodwendig al meer sal vervang. Daarmee saam kom die verval, korrupsie, gebrek aan wet en orde  en benadeling van die blanke en uiteindelik ook die Kleurlinge en Indiërs. Die resep is getalle. Wanneer die getalsbegrip in die plek van volk en ras gekom het, word die argument gevoer oor minder en meer. Meriete, opleiding, bekwaamheid word in die vergelyking van minder en meer totaal buite rekening gelaat omdat die som bepaal dat meer voorkeur het bo minder en daarmee is “reg en geregtigheid gedien”.

Om willens en wetens jou pêrels só voor die varke te gooi is om dit in die modder vertrap te kry. Daaruit is dan geen ander gevolg nie.  Mag hierdie verkiesing daartoe aanleiding gee dat Afrikaners in belang van die oorsake van ons benouing, met mekaar in gesprek  tree ten einde gemeenskaplike rigting te bepaal in ons stryd om weer vry te wees. Daaruit kan samehorigheid groei wat nie bloot ingestel is op verset teen die simptome van ons politieke onderwerping deur deelname in aanvaarding van ons onregmatige onderwerping nie, maar ook en veral aandag aan die oorsake en die teëwerking dáárvan.

Die stryd is tog eers verlore as jy die wil om te stry verloor het!