MEDIAVERKLARING
dit is dan wat jy opnuut besef dat wat destyds reg was, ook vandag reg is en jy dan dankbaar jou hoof buig en God dank vir die insig waarmee Hy ons voorgangers toebedeel het.
Bepaling in die Wet op Rolprente en Publikasies dat tydskrifartikels oor seks voor publikasie eers vir goedkeuring voorgelê moet word, is ongrondwetlik, het die konstitusionele hof gister beslis. Die hof het dit beskryf as iets wat aanstoot gee teen ’n demokrasie. Die betrokke wetsbepaling is vervat in wetswysigings. Die bepaling is al in die hooggeregshof ongrondwetlik bevind en die konstitusionele hof moes dit bekragtig of nie en het dit gister inderdaad bekragtig. So lui n berig in die Beeld koerant van Saterdag 29 September 2012.
Die “demokrasie” en die grondwet het belangriker geword as God se gebod. Sy gebooie, dit wat reg is en edel en rein is en dit wat moraliteit en kuisheid en fatsoenlikheid beskerm kan alles aanstoot gegee word, net nie die “demokrasie” of die godlose grondwet nie!
Beskou vanuit die verwysingsraamwerk van ʼn behoudende en gelowige volk soos wat Suid Afrika regeer was onder dr. Verwoerd en sy voorgangers, was so ʼn uitspraak ondenkbaar! Dit was in daardie era dat daar ʼn publikasieraad en sensor raad figureer het wat oor die morele en sedelike waardes van ons volk streng waggehou het. So streng dat mense soos Breyten Breytenbach, Andre P Brink, Dan Roodt en Jan Rabie, om maar ʼn paar te noem, wat as die sestigers bekend gestaan het en met hulle surrealistiese benaderings polities, godsdienstig en moraliteitsgewys die bestaande orde uitgedaag en uiteindelik na Frankryk moes uitwyk om vandaar hulle onheilswerk onverpoosd te kon voort sit.
Die totale verval op elke terrein wat hierbo genoem is en wat uitgekring het na die onderwys die media, die kerk en staat soos ʼn verterende vuur wat onblusbaar voort stu, aangedryf deur hofuitsprake soos hierbo, is die kulminasie van die ontginning van die denke, optrede, uitsprake en geskrifte van elkeen wat die bestaande orde op sy verskillende terreine uitgedaag en help vervang het met dit wat ons vandag beleef. Dit is wanneer dit wat in die verlede reg was maar as verkeerd beskou is deur die liberales van ons tyd, vervang is met die teenpole wat vir ons destyds verkeerd was en ons dan vandag sien dat wat ons probeer verhoed het wat verkeerd was, nou aan die orde gekom het soos wat voorspel was sou gebeur, dit is dan wat jy opnuut besef dat wat destyds reg was, ook vandag reg is en jy dan dankbaar jou hoof buig en God dank vir die insig waarmee Hy ons voorgangers toebedeel het.
Wat nou van belang is, is dat ons Afrikanervolk sal vastrap en weier om met die stroom saamgesleur te word. Dat dié wat verkeerd was dit sal erken en dat ons hulle nie sal afwys indien hulle opreg is nie. Dat die wat volhard uit die Afrikanervolk geweer sal word en dat ons dan georden en planmatig en enkelsinnig onsself sal begin verweer teen die aanslag op ons deur gesamentlike optrede en
uitspraak. Want vir God kom dit nie daarop aan om deur baie of deur min te verlos nie, omdat Hy God is en omdat ons slegs van Hom afhanklik is en van niemand anders nie!
