MEDIA VERKLARING
SOU ONS HIERMEE KON VIRINNIG EN VEREDEL WORD?
Kan ʼn gemeenskap, ʼn samelewing, ʼn volk, se aansien, se standaard, se moraliteit laer afgedruk word as om ʼn debat te moet voer en hofsake te moet aanhoor oor die geslagsdeel van die swart “president” wat aan die hoof staan van die land?
Die AVP wil met nadruk beklemtoon dat elke blanke wat hom of haar beywer en/of vereenselwig het met die nuwe wêreldse “demokrasie” in Suid Afrika, waarmee afsonderlike ontwikkeling gedemoniseer is, nou tot nugterheid van denke moet kom en terugkeer na die Christelik-Nasionale waardestelsel waarvan daar nog ʼn wortel oorgebly het!
Voortsetting van die morsigheid waarin Suid Afrika nou verval het, is nie slegs aanstootlik nie, maar is die kulminering van ʼn tipe. ʼn Tipe, nie net van ʼn kultuur nie maar ook van ʼn stelsel wat hom daartoe leen en wat sal groei en toeneem totdat die selfde peil as die res van Afrika bereik is. Selfs die liberale regter Johan Kriegler het destyds gewaarsku dat jy nie in ʼn bordeel kan werk en kuis bly nie!
Dit is eers wanneer ons weer een van siel en een van sin geword het, onsself losmaak van die stelsel en daarop toespits om die Afrikaner weer naas God, eerste te stel, dat ons as ʼn volk weer ʼn greep sal kry op die dinge waarop dit vir ons aankom. Laat ons dus weer opnuut besin en laertrek! Ons volk is geroep tot groter en hoër dinge as dit waarmee ons nou besoedel word!
