Nhlanhla Nene die nuut aangestelde minister van finansies (Pravin
Gordhan se opvolger) het met n bedenklike fiskale regrukplan vorendag
gekom wat verskeie ekonome se wenkbroue laat lig het.
Sy vooruitskouing van S A se Staatsfinansies oor die volgende 3 jaar is soos volg:
Beraming in Miljard
Inkomstes Uitgawes Verskil
1] 2014 -15 R1 093,9 R1 247,1 miljard [ R 153,20 ]
11] 2015- 16 R1 199,5 R1 344,5 " [R145,00 ]
111] 2016-17 R1 323,0 R1 437,1 " [R114,10 ]
1V] 2017-18 R1434,6 R1 553,4 " [R118,80]
Alhoewel Nene drastiese bestedingsbesnoeiings aangekondig het reflekteer sy syfers dat die uitgawes deurgaans tot by die jaar 2018 aansienlik meer gaan wees as die inkomstes (sien jaarlikse verliese onder die verskil kolom hierbo) Om hierdie verliese te finansier sal die geld of geleen moet word of belastings drasties verhoog sal word. ‘n Verhoging in rentekoerse sal die ekonomie tot stilstand bring met gepaardgaande werkloosheid indien hierdie roete gevolg gaan word?
In kort was Nene se fiskale maatreëls as volg;
a] afskaling van die Staat se groeiende salarisrekening
b] loonooreenkomste met vakbonde te sluit wat nie hoer sal wees as die inflasiesyfer nie
c] welsynsbesteding te verminder
d]besteding aan reis en verblyfkostes in te kort
e] belastings moet drasties verhoog word
Nhlanhla Nene minister van finansies se plan om die begrotingstekort te verklein sal nie in die komende jare ‘n enorme sprong in staatskuld keer nie teen die agtergrond dat die totale bruto staatskuld na verwagting oor die komende 3 jaar met R590 miljard tot R2400 miljard opskiet. In die boekjaar tot einde maart vanjaar was die staatskuld alreeds R1500 miljard of 45.9% van die bruto binnelandse produk [BBP] In die komende 3 jaar sal die syfer opskiet na 49.8% Hierdie persentasie was in 2009 slegs 27.8%.
In Nene se begrotingsbeleidsdokument word gesê staatskuld as verhouding tot BBP maak van 2009 tot 2019 die grootste sprong onder die opkomende lande met wie Suid Afrika vir beleggings meeding Dit
beteken niks anders dat skuld besig is om die Staat te verswelg! Almal moet tot die besef kom wat waarskynlik gaan gebeur is dat Suid Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad verlaag gaan word na ‘n gemorsgraad .Dit hou die risiko in dat toegang tot kredietmarkte beperk sal word in ‘n tyd dat finansieringsbehoefte toeneem.
Om op te som, ons staar in die gesig aansienlike belastingverhogings, bars of betaal is die wet van Transvaal. Die spandabelrige regering beoog om deur die implementering van ‘n nuwe belastingbeleid meer belasting in te vorder in die 2015-2016 belastingjaar-R12miljard,R15 en R17miljard twee jaar daarna. Natuurlik sal dit weer eens die blanke volkskomponent wees wat hierdie las sal moet dra
