Media

NUWE WÊRELDORDE PLANNE BLOOTGELÊ UIT HULLE BINNEKRING IN 1969

Hier volg ’n baie interessante en insiggewende waarneming wat lig werp op die omvang van die stryd van die mens op aarde.  Ons het baie van wat hier blootgelê word al beleef en sien baie daarvan onbeheersd ontplooi rondom ons sonder om werklik te weet waar dit vandaan kom en veral hoe om ons daarteen te verweer.

As dit sal help om ons opnuut te laat besef dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie maar teen die Magte, die Owerhede, die Wêreldheersers van die Duisternis van hierdie eeu en die Bose geeste in die lug en dan ons hulp by God die Vader, Seun en Heilige Gees gaan soek, dan is hierdie openbaring iets werd!  Ons begin deur net vir u die inhoudsopgawe te gee van die beplanning, waarna ons in ’n paar aflewerings die  opnames se inhoud vir u sal deurgee vir ingeval u dit nog nie êrens raakgeloop het nie. (Redaksie)

Hierdie is ’n transkripsie van twee van drie bandopnames oor die “Nuwe Wêreld Orde”.  Opname een en twee was opgeneem in 1988 en is die herinnerings van dr. Lawrence Dunegan  i.v.m. a lesing wat hy bygewoon het op 20 Maart 1988 by ’n byeenkoms van die Pittsburgh Pediatriese Vereniging.  Die dosent by daardie vergadering van pediaters (ge-identifiseer in opname drie, opgeneem in 1991), was ’n dr. Richard Day (wat dood is in 1989).   Dr. Day was in daardie tyd Professor in Pediatrie by Mount Sinai Medical School in New York.  Voor dit was hy Mediese Direkteur van “Planned Parenthood Federation of America.

 

Dr. Dunegan was aanvanklik ’n student van dr. Day by die Universiteit van Pittsburgh en het hom baie goed geken.  Hy beskryf dr. Day as deel van die binnekring van die “Orde” en ten spyte daarvan dat dr. Dunegan se geheue al effe afgestomp was deur die tydsverloop, is hy in staat om genoeg besonderhede van die lesing te onthou om enigiemand wat nugter is genoeg besonderhede te voorsien om te aflei wat die ware doel agter die tendense in ons tyd werklik is.  Hierdie is ’n transkripsie van ’n losse, gesellige alleenspraak wat eerder gehoor as gelees behoort te word.

 

Die Nuwe Wêreld Stelsel

Die transkripsie van opnames een en twee is effens geredigeer, bloot om spraak aanwendsels wat leesbaarheid beïnvloed te verwyder.

Die oorspronklike ongeredigeerde transkripsie kan verkry word by HTTP://100777.com/node/19>http://100777.com/node19

Opname drie is ’n onderhoud deur Randy Engel, direkteur van die “U.S. Coalition for Life, with dr. Larry Dunegan” en was opgeneem op 10 Oktober 1991 in Pittsburgh Penn.

Hierdie stel van drie audio opnames kan bestel word by die “ Florida Pro-family Forum, P.O. Box 1059, Highland City, FL. 33846-1059 ($20.00)

 

IS DAAR ’N KRAG, ’N MAG OF ’N GROEP MENSE WAT VERANDERING SE RIGTING BEPAAL EN ORGANISEER ?

INHOUD:

ALLES IS IN PLEK EN NIEMAND KAN ONS NOU MEER STOP NIE

MENSE SAL MOET GEWOOND RAAK AAN VERANDERING

DIE WARE EN VERKLAARDE OOGMERKE

BEVOLKINGSBEHEER

TOESTEMMING OM KINDERS TE MAG HÊ

VERANDERING VAN DIE DOEL VAN SEKS

VOORBEHOEDING  UNIVERSEEL TOT ALMAL SE BESKIKKING

SEKSVOORLIGTING AS INSTRUMENT VIR WÊRELDREGERING

BELASTINGBEFONDE  ABORSIE VIR BEHEER VAN BEVOLKINGSAANWAS

AANMOEDIGING VAN HOMOSEKSUALISME

TEGNOLOGIE

FAMILIES SE BELANGRIKHEID MOET VERDWYN

“EUTHANASIA AND THE DEMISE PILL”

BEPERKING VAN TOEGANG TOT BEKOSTIGBARE MEDIES

BEPLANNING VIR BEHEER OOR MEDISYNE

ELIMINERING VAN PRIVAAT DOKTERS

NUWE, MOEILIK DIAGNOSEERBARE EN ONBEHANDELBARE SIEKTES

ONDERDRUKKING VAN KANKERGENEESMIDDELS AS INSTRUMENT VIR BEHEER VAN BEVOLKINGSAANWAS

AANWENDING VAN HARTAANVALLE AS ’n VORM VAN SLUIPMOORD

ONDERWYS AS INSTRUMENT OM PUBERTEIT EN EVOLUSIE TE VERSNEL

VERMENGING VAN ALLE GODSDIENSTE, OU GELOWE IS UIT.

VERANDERING VAN DIE BYBEL DEUR AANPASSING VAN SLEUTELWOORDE

DIE KERKE SAL ONS HELP

HERSTRUKTURERING VAN DIE ONDERWYS AS INSTRUMENT VAN BE-INVLOEDING

MEER TYD IN DIE SKOOL SONDER OM IETS TE LEER

KONTROLE OOR WIE TOEGANG TOT INLIGTING SAL HÊ.

SKOLE AS SENTRUMS VAN DIE GEMEENSKAP

BOEKE SAL VERDWYN UIT BIBLIOTEKE.

VERANDERING VAN WETTE

AANMOEDIGING VAN DWELMGEBRUIK OM OERWOUD ATMOSFEER TE SKEP

MISBRUIK VAN ALKOHOL

REISBEPERKINGS

DIE BEHOEFTE AAN MEER TRONKE EN GEBRUIK VAN HOSPITALE AS TRONKE

GEEN SEKURITEIT MEER

MISDAAD AS ’n MIDDEL VAN BEHEER OOR DIE BEVOLKING

INKORTING VAN INDUSTRIËLE VOORUITSTREWENHEID

VERSKUIWINGS VAN BEVOLKINGS EN EKONOMIEË- LOSSKEUR VAN SOSIALE WORTELS

SPORT AS INSTRUMENT VIR SOSIALE VERANDERING

SEKS EN GEWELD INGEPRENT DEUR VERMAAK

REISBEPERKING EN INGEPLANTE ID’S

VOEDSELBEHEER

KLIMAATBEHEER (WEER)

WEET HOE MENSE REAGEER-MAAK HULLE DOEN WAT JY WIL HÊ.

VALSE WETENSKAPLIKE NAVORSING

TERRORISME

FINANSIËLE BEHEER

TOESIG, INGEPLANTE TOERUSTING EN BEELDRADIOS WAT JOU BEWEGINGS DOPHOU

HUISEIENAARSKAP IETS VAN DIE VERLEDE.

 

DIE AANKOMS VAN DIE TOTALITÊRE, WÊRELDSTELSEL.

IS DAAR ’N KRAG, ’N MAG OF ’N GROEP MENSE WAT VERANDERING SE RIGTING BEPAAL EN ORGANISEER ?