Media

KOMMUNISME IS DOOD! LANK LEWE DIE KOMMUNISME!

KommunismeWat ‘n verskrikking vir die naïewe liberale politici en hulle navolgers in Suid Afrika, wat met Mikhail Sergeyevich Gorbachev van Rusland se Glasnost en Perestroika in 1986 en feitlik gelyktydig  F.W. de Klerk  se hervormingsbeleid in Suid Afrika om die “demokrasie “ te vestig wat ons dan kwansuis nooit gehad het nie, nou deur die katastrofale gevolge daarvan gekonfronteer te word!

Kommunisme is dood was hulle slagkreet. So asof die stryd tussen lig en duisternis sy einde bereik het, is die een na die ander volksontroue se lof besing vir die “grootse” bydrae tot die lankverwagte democracy wat nou oor ons neergedaal het. Die teenhang van apartheid wat ‘n einde sou bring aan die “onderdrukking”, “rassisme”, “verontregting” en “diskriminasie” teen die nie-blankes in Suid Afrika is gevestig. Utopia is in sig!

Met integrasie wat op diaboliese, verraderlike en geheime geknoei agter die skerms in 1994 tot stand gekom het, moes die pad nou oop wees na gelykheid, vryheid en broederskap, vrede en voorspoed vir almal. Wat ‘n ontnugtering om te moet sien dat instede van gelykheid, ongelykheid, in plaas van vryheid, beperking en in die plek van broederskap, verskerpte  vyandskap ontstaan het. Dat vrede met onverdraagsaamheid vervang is en dat voorspoed vir almal, slegs sommige insluit, solank as wat daar nog iets daarvan oorbly.

 

Wat ‘n beproewing om redes te moet uitdink waarom wet en orde met moord, verkragting, diefstal, kapings en in die algemeen onbeheerste misdaad vervang is. Waarom die skole, gesondheidsdienste, krag en watervoorsiening, instandhouding van bestaande infrastruktuur en selfs die regstelsel, alles besig is om in duie te stort.

Dit raak ‘n onverdedigbare toestand as die vryheid van spraak, internet kommunikasie, monitering van E-Posse en die moontlike sluit van “ongewenste” webblaaie in die vooruitsig gestel word. Selfs die standaard aantyging dat alles apartheid se skuld is gaan nie meer help nie. Die kommunistiese onderrok wat van meet af aan uitgesteek het, het nou die sigbare borok geword vir almal om te sien! Hoe blind is die wat nie wil sien en hoe doof die wat nie wil hoor nie!

Op die Ditsem Blitsblaadjie het die volgende berig onder die AVP se aandag gekom:

Wetlike poging om SA Internet te sensor

In die geledere van opposisiepartye en ander instansies is daar oproer oor die gepubliseerde Konsep Aanlyn Reguleringsbeleid van die Film- en Publikasieraad wat ten doel het om die Internet in SA streng te reguleer en beheer, soos om epos te monitor en “ongewenste” webwerwe te sluit. Dit word beplan om die sensuurbevoegdheid in hierdie verband te setel in die Film- en Publikasieraad.  Hierdie beoogde Internet-sensorskap word gesien as een van die grootste bedreigings van persoonlike vryheid in die land en dit het reeds geweldige teenkanting ontlok van instansies soos die Right 2 Know-veldtog, die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef), die Interaktiewe Advertensieburo van SA en die SA Persraad. Selfs die wêreldwye Internet-drukgroep Avaaz het die saak opgeneem en ‘n massiewe petisie geloods.