Jan van Riebeeck
6 April 1654 Op die 2de herdenking van die aankoms by die Kaap de Goede Hoop
Aangesien dit vandag twee jaar gelede is
dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe
Drommedaris, Reijger en Goede Hoop veilig hier geland het,
om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou,
en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe
met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het,
het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin,
om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier,
en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge
nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie,
maar dit altyd in gedagte mag hou.
Hoe lyk u getroue handhawing van hierdie onderneming, Afrikanervolk?
