ierdie ontleding van ‘n sekere JP van Boere Krisis Aksie het op die AVP se lessenaar beland en bevat bruikbare inligting. Hoewel die AVP al geruime tyd berig het van City Press se artikel, is die inligting oor die aantal kragbronne, waar dit geleë is en wat hulle dryfmiddels is, interessante inligting.
Boere Krisis Aksie (B.K.A.)
(JP) TOTAL BLACKOUT.
Wie en wat is ESKOM? Hoeveel kragsentrales het ons? Wat is n TOTAL BLACKOUT? Wat is die kans dat Suid Afrika deur n TOTAL BLACKOUT getref kan word? Hoe gebeur n TOTAL BLACKOUT? Die gevare van n TOTAL BLACKOUT.
ESKOM
Eskom is a South African electricity public utility, established in 1923 as the Electricity Supply Commission (ESCOM) by the Government of South Africa in terms of the Electricity Act (1922). It was also known by its Afrikaans name Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (EVKOM). The two acronyms were combined in 1986 and the company is now known as Eskom.
The utility is the largest producer of electricity in Africa and is among the top seven utilities in the world in terms of generation capacity and among the top nine in terms of sales.
Kragsentrales in Suid Afrika
Kool aangedrewe
-
Arnot - 2400 MWe
-
Duvha - 3600 MWe
-
Hendrina - 2000 MWe
-
Kendal - 4116 MWe
-
Kriel - 3000 MWe
-
Lethabo - 3708 MWe
-
Majuba - 4110 MWe
-
Matimba - 3990 MWe
-
Matla - 3600 MWe
-
Tutuka - 3654 MWe
-
Camden- 1600 MWe
-
Grootvlei - 1200 MWe
-
Komati - 1000 MWe
Atoomkrag
Koeberg - 1931 MWe
Hydroelectric and pumped storage
-
Drakensberg Pumped Storage Scheme - 1000 MWe
-
Palmiet Pumped Storage Scheme - 400 MWe
-
Gariep - 360 MWe
-
Vanderkloof - 240 MWe
Gas turbines
-
Acacia - 171 MWe
-
Port Rex - 171 MWe
-
Ankerlig - 1327 MWe
-
Gourikwa (Mossel Bay OCGT) - 740 MWe
Wat is TOTAL BLACKOUT?
n TOTAL BLACKOUT is wanneer daar geen krag in die hele Suid Afrika is nie. Met loadshedding het die grootste deel van Suid Afrika krag.
Wat is die kans dat Suid Afrika deur n TOTAL BLACKOUT getref kan word?
With the possibility of a total power blackout in South Africa now more than just a theoretical possibility, plans have been revealed to hide president Jacob Zuma in a secret location and deploy soldiers in the streets while the clever people like US embassy staff already have their evacuation plan from the country drafted.
The day the lights finally go out in South Africa, reports Reuters, a national blackout would necessitate that the Zumster and his cabinet be taken to a secret location and soldiers would be deployed at national key points, such as the SA Reserve Bank and the SABC?s head office in Auckland Park, Johannesburg.
City Press reports Cabinet has already been briefed by top Eskom officials about the risk of a total national electricity blackout. Quoting ?senior government sources? City Press says Eskom presented ?a bleak picture? of what would happen if load shedding failed and South Africa?s electricity grid shuts down completely.
?It?s a fact. They said we needed to do maintenance because the system was unreliable and would shut down,? said a senior government official. Eskom warned government that, if the system crashed, it would take at least two to three weeks to reboot.
US embassy staff in Pretoria is ready to evacuate South Africa safely the day the lights go out.
Die regering het erken dat Eskom 'n noodoefening uitgevoer het, vir ingeval 'n algehele kragonderbreking sou voorkom, terwyl die kragverskaffer sukkel met noodsaaklike instandhoudingswerk. 'n Regeringswoordvoerder, Donald Liphiko sê die oefening is deel van veiligheid- en gesondheids-roetine.
Eskom is reeds vasgevang in ?n spiraal waarin onbeplande herstelwerk die noodsaaklike instandhouding van sy kragstasies vertraag.
Daar is al hoe meer opwekkingseenhede wat afgeskakel moet word omdat dit breek en herstel moet word, volgens weeklikse verslae wat Eskom op sy webblad byhou. Die verstommende is egter dat Eskom al hoe minder onderhoudswerk doen pleks van méér onderhoud.
Onbeplande onderhoudswerk weens eenhede wat breek het so toegeneem dat dit nie meer moontlik is om eenhede af te skakel vir beplande onderhoudswerk nie.
As ons al die onderhoudswerk doen wat ons veronderstel is om te doen, gaan dit daartoe lei dat ons fase 3-beurtkrag sal moet toepas. As ons dit in sulke omstandighede doen, raak die netwerk só onstabiel dat die gevaar van ?n totale, algehele ineenstorting van die netwerk te groot is. Ons is nie bereid om dit te doen nie,? het ?n ingenieur wat hiermee gemoeid is, aan Rapport gesê.
Van die toerusting is so oud dat dit nog net op twee of drie plekke in die wêreld gebruik word. Die oorspronklike vervaardigers ? verskaffers soos Alstom, Siemens, General Electric en ABB ? is die enigste wat werklik die voorkomende onderhoudswerk daarop kan doen.
In die tweede helfte van die jaar het ?n ontstellende nuwe neiging egter kop uitgesteek: eenhede waarop beplande onderhoudswerk gedoen is, het kort daarna weer begin lol.
Hoe gebeur n TOTAL BLACKOUT?
Sodra te veel transformers oorlaai word begin hulle een na die ander trip. ESKOM is baie soos n kragboks in n huis. Sit n groterige sweismasjien by die huis se krag in en die krag trip. Partykeer kan n mens n rukkie sweis dan trip die krag. Ons weet almal dit kan letterlik n sekonde wees vir die krag om te trip. Om die krag weer aan te kry moet die sweismasjien uitgetrek word, en die skakelaar afgesit en dan weer aangeskakel word. Met ESKOM is dit dieselfde. Sodra die kragnetwerk te swaar kry begin die transformators warm word. ESKOM moet nou vining die krag afsit (loadshedding) voor die kragstasies vanself begin trip. Hierdie proses kan vanaf sekondes tot n paar minute duur afhangende van die tyd van die dag. Sou die ESKOM operateurs te stadig wees, begin die een na die ander krag stasie te trip. Hoe meer stasies trip hoe groter word die aanvraag by die ander stasies, en hulle begin vinniger trip. Op die ou end het al die stasies getrip en dit is TOTAL BLACKOUT. Dit kan letterlik sekondes tot minute wees!
Die gevare van n TOTAL BLACKOUT.
Omdat dit so lank gaan vat om die kragnetwerk weer aan die gang te kry, gaan die impak van so iets ongelooflik groot wees. Dit gaan werklik katastrofies wees.
Daar gaan so baie probleme ontwikkel dat dit onmoontlik sal wees om almal te behandel of op te noem. Die krag sal vir ten minste 20 tot 60 dae af wees. GEEN KRAG!
ONTHOU MENSE, BAIE WINKELS EN BANKE SE REKENAARS EN ANDER ELEKTRONIESE WARE HET BYSTAND BATTERYE EN KRAGOPWEKKERS WAT VIR N DAG OF TWEE SAL HOU, DAARNA NIKS!
1) VEILIGHEID
Volskaalse geweld en plundering omdat banke, huise, besighede ens se alarm stelsels met krag werk. Die batterye sal binne n dag of twee pap wees. Meeste selfoon maste sal nie bystand kragopwekkers he nie, Die Polisie en veiligheidsmagte se radio’s sal nutteloos wees omdat die radiomaste met krag werk. Landlyne werk deur telefoon sentrales wat met krag werk! Hoe en wie gaan jy kontak as jy nie met n selfoon of landlyn kan bel nie. Jy sal nie met enige familie in kontak kan kom nie, jy sal nie die polisie of ambulans kan bel nie. Met onluste, geweld, diefstal, moorde ens wat gaan volg is dit nie verbasend dat ambassades die land gaan verlaat en die kabinet na n plek van veiligheid gevat gaan word nie!
2) WATER VOORSIENING
Die hele land se reservoirs sal vanaf die 2de tot die 5de dag heeltemal leeg wees en geen water in die hele Suid Afrika sal beskikbaar wees nie, behalwe as jy dit kan koop, (waarmee?), of as jy n boorgat het??? Al die opgaartenks word vol gepomp deur middel van krag. Geen krag geen water. Dink net n oomblik hoeveel water-tenkwaens nodig sal wees net om in n klein dorp se water te kan voorsien. Hoe gaan jy was en jou toilet spoel?
3) GESONDHEID
Baie Hospitale het nie kragopwekkers nie, en sal dus slegs in die basiese behoeftes kan voorsien. Groot Hospitale wat kragopwekkers het se diesel gaan opraak. Apteke sal nie voorskrifte kan uitreik nie, omdat die rekenaars sonder krag is. Mediese dienste sal dus totaal in duie stort.
4) VERVOER
Geen spoorvervoer. Geen vragskepe sal afgelaai kan word nie. Sodra die lughawens se kragopwekkers staan weens diesel tekort sal geen lugvervoer moontlik wees nie. Winkels se voorrade asook brandstof trokke ens sal almal staan omdat die hele bedryf werk met rekenaars. n Rekenaar bepaal hoeveel liters brandstof gepomp moet word, en krag is nodig om petrol en diesel te pomp. Petrol stasies gaan binne n week of twee heeltemal leeg wees. Pad, spoor en lugvervoer gaan tot stilstand kom.
5) Voedsel
Alle goedere store werk met rekenaars en krag. Sonder krag sal geen winkel nuwe voorrade ontvang nie. Geen vars vleis, hoender, vis ens sal beskikbaar wees nie want slagpale en koel store werk met krag. Jy sal nie eers die basiese soos melk en brood kan koop nie. (Die boere sal nie hulle koeie kan melk of die melk koud hou nie.) Van water praat ek nie eers nie. Sodra die batterye van die winkels se rekenaars pap is, sal die winkels toemaak. Jy sal in elk geval nie met jou bankkaart kan koop nie. Jy sal nie geld kan trek nie, want al die banke sal toe wees, en jy sal nie n salaris ontvang nie. Indien jy wel kontant het, en jy wil by n winkel gaan koop sal almal weet jy stap met kontant rond en die kanse dat jy beroof gaan word is uiters goed!
6) ALGEMEEN
Die meeste mense sal nou n idee begin he van die omvang van so n krisis. Maar daar is nog baie. Geen internet “banking” nie, geen motorherstelwerk, Polisie kantore sal nie sake kan vat nie, howe sal stil staan, skole en universiteite sal sluit, geen koop en verkoop sal plaasvind nie, vulstasies sal leeg loop, alle fabrieke en myne sal sluit, effekte beurs sal sluit. Mense sal nie, en kan nie gaan werk nie, Staats instellings sal sluit. Totale wanorde sal opvlam. Winkels en besighede sal geplunder en aan die brand gesteek word. Bure sal mekaar doodmaak oor water. Om dit kort te stel, indien so n ramp Suid Afrika tref sal dit die land onherroeplik verander
VOORSORG.
Daar is niks wat jy kan doen, behalwe om te sorg dat jy soveel as moontlik water opgaar nie. Water gaan die kosbaarste item in die land word! Alle baddens, wasbakke ens vol water te tap. Gate buite in die tuin te maak, waar jy toilet toe kan gaan. Gasstoof, hout, blikkies kos en ander nie bederfbare produkte byderhand hou. Kerse vir beligting. Seker te maak dat jy een of ander tipe van wapen het om jou huis en inhoud te beskerm. Reel vooraf met familie waar jy hulle sal optel en maak seker van bymekaar kom plekke. Kry vir jou n klein hand radio wat met batterye werk. Jy behoort SABC heeltyd op te vang. Satelliet TV behoort ook dalk te werk as jy n kragopwekker het. Onthou kragopwekkers kan tussen 10 en 200 liter brandstof PER DAG benodig!
HER-AANSKAKELING VAN ELEKTRISISTEIT
Indien jou kar se battery pap is, het jy ?iets? nodig waarvan jy krag kan kry om jou battery te restart. Gewoonlik n ander battery van dieselfde grote. Jy sal bv nie met n kar battery n vragmotor kan restart nie. Ander lande en stede waar blackouts al voorgekom het, het die voordeel gehad dat buurlande en buur state genoeg krag het om die krag feitlik onmiddelik te restart. ESKOM het presies dieselfde nodig. Eerstens sal ESKOM nie net onmiddelik kan begin om die kragsentrales weer te restart nie, maar hulle sal die wat stukkend is, eers moet herstel, anders sal die land oor n maand of twee in dieselfde bootjie wees. Net dit alleen kan tot 14 dae vat.
Nou moet ESKOM kragopwekkers gebruik om ander kragopwekkers te restart. So sal 10 of 20 kragopwekkers nodig wees om een kragsentrale te restart. Die kragsentrale sal dan die volgende een restart en so sal dit aangaan tot al die kragsentrales op volle sterkte is. Nou kan die land se krag eers weer aangeskakel word, 30 tot 60 dae na n TOTAL BLACKOUT???..
Baie mense het gevra dat ek n kort en eenvoudige scenario skets omtrent n total blackout. Dit is wat ek probeer doen het. Niemand kan voorspel wanneer dit gaan gebeur nie, maar die kanse dat dit kan gebeur is baie groter as wat dit nie kan gebeur nie.
As daar nog mense is wat insette kan lewer is hulle welkom!
