Media

DA siening oor Onteieningswetsontwerp (Ditsem Blits)

Die AVP is geamuseerd oor die DA se verklaring wat deur Ditsem Blits gepubliseer is. Was dit dan nie die DA wat sedert sy voorgangers van die SAP, reeds in die twintiger jare,  geywer het om Afsonderlike Ontwikkeling in die doofpot te kry en die Politieke mag in die hande van die swart meerderheid Kommuniste te besorg, wat nou kerm nie? Wat het hulle nou regtig verwag om te kry?

        VF van Constand                                                                                                                                                                                              

Hulle beroeping op die grondwet is ‘n belagging en terselfdertyd ‘n bespotting van hulle politieke insig en vermoë om die grondwet te vertolk. Om byvoorbeeld te verklaar dat hulle teen die wetsontwerp in sy huidige vorm gekant is, impliseer dan ook duidelik dat dit in ‘n ander vorm vir hulle aanvaarbaar sou wees, ongeag of dit vir die Afrikanervolk wat die regmatige eienaar van Suid Afrika is, aanvaarbaar is! Die enigste verskil tussen hierdie twee vyande van die Afrikanervolk, is dat die een swart van buite is en die ander swart van binne. Kleur bly dus ‘n onderskeidingsfaktor al ontken die hele wêreld dit!

 

 

 

                                                                                                         

In ‘n mediaverklaring sê die DA dat dit totaal gekant is teen die Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm vir o.m. die volgende redes: Die Wetsontwerp se definisie van “openbare belang” maak voorsiening vir onteiening van grond en ander natuurlike hulpbronne buite die omvang van artikel 25(4)(a) van die Grondwet / Artikel 8(1) van die Wetsontwerp maak voorsiening dat die regering as die onteieningsgesag eensydig kan besluit oor die onteiening van eiendom en dit is teenstrydig met artikel 34 van die Grondwet wat almal die reg van toegang tot die howe gee asook met artikel 26(3) wat die uitsetting van iemand uit sy huis verbied sonder ‘n hofbevel / Artikel 15(3) van die Wetsontwerp maak voorsiening vir onteiening sonder enige ooreenkoms oor vergoeding en laat dit aan die eiser oor om die saak na die hof te neem en dit is teenstrydig met artikel 25(2)(b) van die Grondwet / Artikel 22(1) van die Wetsontwerp bepaal dat die regering grond vir “dringende” doeleindes vir tot 12 maande kan onteien en is weer teenstrydig met artikels 26 en 34 van die Grondwet / Grond kan onteien word teen ‘n bedrag minder as die verband daarop en dit sou banke en grondeienaars benadeel 

 

 

Kommer oor Land Holdings Bill

 

Daar bestaan in die geledere van sowel opposisiepartye as die breë sake- en landbousektor ook ernstige kommer oor die sg. Land Holdings Bill, wat perke plaas op grondbesit, soos dat geen persoon meer grond as 12 000 ha mag besit nie en dat buitelanders nie landbougrond in SA mag besit nie. Die Wetsontwerp sou ook beteken dat indien ‘n landbou-eenheid ontwikkel tot meer as 12 000 ha, dit aan onteiening blootgestel sou word. Hierdie bepalings, sou dit realiseer, kan uiters nadelig vir sakevertroue en werkskepping wees.