Media

GEE JOU EIENDOM, JOU TOTALE BESIT, OF STERF!

Deel jul grond, boere

“As boere die meerderheid van hul grond aan die armes (lees swartes) afstaan, het hulle geen rede om misdadigers of plaasaanvalle te vrees nie, het mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, gisteraand gesê. “Wittes het geen rede om ons te vrees nie. As jy 1000 hektaar het en jy gee ons 800 hektaar, dan deel ons almal daarin. Dan is daar geen rede om te vrees dat misdadigers jou sal aanval nie, want dan is ons gelyk. “Dan sal jy nie bang wees om op ’n 1000 hektaar-plaas te woon nie,” het Malema onder luide toejuiging van sowat 250 jong professionele ANC-lede gesê.  “Ons wil nie mense dwing nie.

Hulle moet nóú vir ons wys dat hulle omgee.” Malema het voorts uitgevaar teen “ryk, wit mans”. Volgens hom word daar gereeld na welgestelde, swart sakelui soos mnre. Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa en Patrice Motsepe verwys. “Maar hulle is nie ryk nie. Hulle skuld die banke geld en aan wie behoort die banke? Aan wit mans.

 “Niks wat ek besit, is my eie nie – nie die huis in Sandton waar ek woon, of die kar waaroor almal so praat nie.  Daar is niks wat aan ons behoort nie. Alles word deur die wit man besit. Ons moet dit verander.” Strategiese ekonomiese sektore soos die banke en myne moet volgens Malema genasionaliseer word en die herverdeling van grond moet verhaas word om die arm massas ekonomies te bevry en die tweede fase van die vryheidstryd te verwesenlik. “

 

Dit  is van die dinge wat Malema volgens Beeld van 29 April 2011, kwyt geraak het op ‘n vergadering wat hy toegespreek het.

 

ERKENNING   

As die woordgebruik soos gepubliseer deur Beeld korrek is, is hierdie uitspraak van Malema die sekerste bewys en erkenning dat plaas-en ander moorde gepleeg word om die blankes se besit te bekom en behoort die regter in die haatspraak verhoor daarvan kennis te neem!

 

Malema sê onder toejuiging, As boere die meerderheid van hul grond aan die armes afstaan, het hulle geen rede om misdadigers of plaasaanvalle te vrees nie”....

Hy sê voorts:  Wittes het geen rede om ons te vrees nie.  As jy 1000 hektaar het en jy gee ons 800 hektaar, dan deel ons almal daarin. Dan is daar geen rede om te vrees dat misdadigers jou sal aanval nie, want dan is ons gelyk.”

 

  • Eerstens erken hy hier dat dit misdadigers is wat die witman,(let wel, nie net die Boere nie) aanval en vermoor.
  • Tweedens sê hy dat Wittes geen rede het om “ons” (‘n duidelike verwysing na hulle as swartes) te vrees as hulle 800 hektaar van n 1000 hektaar plaas sou afstaan nie
  • Derdens sê hy: “Dan is daar geen rede om te vrees dat misdadigers jou sal aanval nie”

Komende van iemand wat in ’n openbare verhoor getuig dat hy in vergaderings insit waar kontensieuse sake bespreek word, waar sy verklaring  en dié van sommige ministers se openbare verklarings verskil, kan moeilik ’n ander afleiding gemaak word dat hier ’n openlike erkenning is dat die moorde wat op blankes gepleeg word, op hoë vlak georkestreer is!

 

WEERSTAND

In die lig van die absurde argumentasie dat “skiet die Boer”, nie beteken dat die Boere geskiet moet word nie, is enige iets wat swartes sê, dus vir enige vertolking, soos wat dit hulle op ’n gegewe oomblik pas, vatbaar.  Dit sal sekerlik ook aangewend word om te beweer dat, om te sê dat as jy jou besittings afstaan jy nie hoef te vrees dat jy aangeval sal word nie, nie beteken dat swartes jou aanval omdat hulle aangesê is om jou aan te val nie!

As daar nog mense is wat dink dat ons volk sonder verset onsself uit hierdie gemors kan onderhandel of in ’n hof beregtiging kan kry, leef ons in ’n droom waaruit ons met groot ontnugtering wakker sal word. Volgens Malema, onder gejuig van instemming van sy hoorders, behoort alles aan die witman, en dít moet verander word!

 

DIE PAARDEKRAAL VERBOND

Die Verbond:…. “Dat wij elkander de hand geven, als mannen, broeders, plegtig belovende trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God zamen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek”

Op 14 Desember 1880 vra Paul Kruger dat die Burgers wat nie met die vryheidstryd wou voortgaan nie, opsy moet staan! Nie een het geroer nie!

“Laat elkeen wat bereid is om ‘n verbond te sluit dat jy sal veg tot ons vryheid weer herstel is, ‘n klip neerlê”  het Paul Kruger gevra. So het ‘n sigbare bewys van die verbond van Paardekraal in die vorm van ‘n klipstapel verrys!

Die AVP roep u op!  Maak uself geestelik en fisies gereed vir stryd! Stryd ten bloede toe!  Ons toekoms en ons voortbestaan, soos in die verlede, berus by ons eie durf en daad in afhanklikheid en gehoorsaamheid aan God-Drie-Enig.  Woon Republiek feesvierings by waar dit ook al aangebied word en versterk so ons samehorigheid en bereidheid tot stryd.

Thomas Jefferson het by geleentheid gesê: ‘n Volk wat onge-erg is en tog verwag om vry te bly, verwag iets wat nog nooit was nie en ook nooit sal wees nie!