Mine honour is my life; both grow in one
Take honour from me, and my life is done
(Uit: Richard II van Shakespeare)
Die pen is ‘n magtige swaard. In die hande van die geldmagte is daardie pen feitlik onoorwinbaar. Die groot mediamagnate weet dit. Daarom dat hulle ongesteurd voortgaan om nasionaliste en ook volke te belaster. Wanneer jou nasionaal-gesinde standpunte vir die magte van geld ‘n probleem raak, sal hulle alles inspan om ‘n indiwidu en ook ‘n volk af te kraak en te breek. Die proses is aanvanklik gemaak-onskuldig, so asof dit maar net gedoen word om mense in te lig. Dit geskied egter altyd met ‘n doel wat meedoënloos nagejaag word. Dit is joernalistiek op sy gevaarlikste, as dit enigsins joernalistiek genoem
In die verlede is gesien hoe leiers soos dr Albert Hertzog en mnr. Jaap Marais in só ‘n mate belaster is dat hulle as politieke faktore feitlik uitgeskakel is, omdat baie mense hulle beskou het soos wat die koerante hulle geskilder het. Hulle goeie naam, politieke aansien en reputasie is dermate afgekraak in die gemeenskap, en op ‘n deurlopende slinkse wyse, dat hulle vir baie personae non grata was. Daar moet onthou word dat die gewone man op straat nie in staat is om vir homself besluite te neem nie. Dit word vir hom gedoen. Jan en Alleman dra nie kennis van die dinge wat agter die skerms gebeur nie. Hy aanvaar alles op sigwaarde. Wanneer daar derhalwe in ‘n koerant staan dat Jaap Marais die land in oorlog sou dompel, het Jan Publiek dit geglo. En as die opskrif lees “Open Nat War on Nat Extremists” dan word gevra wie daardie ekstremiste is (en nie hoekom daar oorlog teen hulle gevoer word nie!), en by identifisering van sulke persone is die algemene publieke gevoel onmiddellik negatief gelaai teen sulke persone.
Met ‘n behoorlike kennis van politieke sake is dit seker so dat ‘n aanval deur hierdie pers eintlik die hoogste eer is wat ‘n mens
Hoekom doen die media dit? Die eienaars van hierdie media (die goot geldmagte) het ‘n goeie idee op watter vlak die denke van die gemiddelde man op straat is. Hulle beskerm ‘n materialistiese samelewing wat ingestel is op gerief en oorlewing; wat glo in die weg van die minste weerstand; van wie die ware skokkende feite weerhou moet word. Dus, wanneer hulle uiteindelik met die ware feite gekonfronteer word, is hulle reaksie een van ontkenning of vermyding. Baie word kwaad; ander weer is skaamkwaad as hulle uitvind hulle is geflous en bly dan sommer in daardie toestand. Mense is geneig om hulleself te sluit vir enigiets wat sleg op die oor val of ongemak tot gevolg
Die perswese se onverklaarde dog uitgesproke doel is om die ware leiers in ‘n samelewing se karakters op geslepe en bedrogvolle wyse aan te val; die feite te verdoesel en die geheelbeeld te verwar. Dit is Langenhoven wat gesê het dat die leuen wat besmet is met waarheid gevaarliker is as ‘n volstrekte leuen, want hy word vir die waarheid aangesien. Die media was meesters in die gebruik van hierdie tegniek.
Van karaktermoord is dit maar een tree na fisiese moord! Kyk maar na die moord op dr Verwoerd. Enkele dae voor 6 September 1966 was daar die berig in ‘n Natalse koerant: Verwoerd must go. Die boodskap is uitgestuur. En of dit nou ‘n mal alleenloper was soos die geldmagte en hulle liberale spreekbuis dit graag wil hê, of ‘n Kommunis en afgerigte moordenaar soos nasionaliste weet Tsafendas was, die groenlig (“trigger”) was daar vir die potensiële moordenaar om sy daad te voltrek. ‘n Lisensie om te verwar en te verbloem en te verswyg en te belieg en te bedrieg word uiteindelik ‘n lisensie om te vermoor.
Dit is natuurlik makliker as die persoon of party nog taamlik onbekend is onder die massas. Pleeg karaktermoord en swyg hom verder dood.
Die gesofistikeerde leuen is ‘n bose mag wat eers die leier, dan sy party en dan die volk
... he who filches from me my good name,
Robs me of that which not enriches him
And makes me poor indeed.
Maar wat is die antwoord daarop?
It is better to light one candle
than to curse the darkness.
Die ware stryd sal gevoer word deur daardie persone wat die hitte van die stryd
Die hoop beskaam nooit vir die ware nasionalis nie. Die waarheid oor ons volk en sy leiers se goeie bedoelings met die beleid van apartheid sal seëvier te midde van ‘n see van leuens wat vandag daaroor verkondig word. Maar dan net solank nasionaliste bereid is om dit te verkondig.
Dus, terwyl die laster sal voortduur en in vele gedaantes op ons volk aangespoel sal kom, word die taak vir ons groter om die helder vlam van Afrikanernasionalisme te laat versprei soos ‘n veldbrand oor hierdie land. U sal verbaas wees. Mense wag vir leiding. Hulle is daarvoor uitgehonger. Die gras is droog – dit soek ‘n vuurhoutjie. Want nasionalisme is magtiger as die pen. Maar bowe-al: Dit is die dieper reg van ons volk!
