Media

SUID-AFRIKA 2011. WAT ‘N ONGELOOFLIKE GEMORS!

 “The Fabulous Years  1960-1966” waarvan die Financial Mail in ‘n voorbladopskrif basuin het en die eertydse Rand Daily Mail wat in Julie 1966 skryf:  “The Nation is suffering from a surfeit of prosperity!”  (‘n Oordaad van voorspoed!)  Dit was die era van Dr. Hendrik French Verwoerd, wat gebou het op die fondasie van President Paul Kruger, Genl. Hertzog, Dr. Malan en Adv. Strydom!

Toe belastings  billik, Inflasie ‘n onbekende woord was, rentekoerse laag en die toekoms rooskleurig was.

Wat het  geword van ‘n Weermag en Polisie wat onder die heel bestes in die wêreld getel het?

Toe dieselfde moed en durf as Andries Pretorius en Sarel Celliers  by Bloedrivier, in ons manne sigbaar was teen die terroriste in Rhodesië, Angola en Mosambiek, waar sommige van ons kinders tot die dood toe getrou was en ons met oop vensters en deure kon slaap, (sonder diefwering), omdat daar wet en orde was?  

Dit was ‘n era toe Nasionaliste vir die “bedreiging” van die liberaliste in die VP kon glimlag en kopskud vir die hoop wat hulle gehad het om ooit weer politieke beheer te verkry!

Daar was egter veral twee sake wat ons nie ernstig opgeneem het nie.   Die beheer, invloed en krag van die media, en verraad.   Dit het ons nou by 2011 gebring met die VP-beleid wat deur die DA gedra word en deur NP-verraaiers vir hulle op ‘n skinkbord gegee is.   Die verskil is net dat die méérderheid regeer en die meerderheid is swart!   Hulle beleid van gelykstelling wat integrasie beteken, maak hulle nou die naaste vyand van die meerderheid, omdat hulle wit is!  Zille besef dit en poog om daarby verby te kom deur met Zuma te flikflooi! 

In een enkele uitgawe van ‘n dagblad verskyn die volgende berigte op 30 Maart 2011:

DIE POLISIE

Super polisie vir SA paaie.  25 4x4 voertuie aangekoop teen 1 miljoenrand elk.  Dié eenheid gaan die belastinbetaler sowat R150 miljoen per jaar kos en sal nie omgekoop kan word nie, omdat die minister sê dat niemand hulle gaan ken nie.  Iemand kan nie omgekoop word as jy hom nie ken nie, sê dié “agbare” minister!

“Polisie het nie plan B”.  8 Miljoen vingerafdrukke sal verlore gaan as stelsel inkonk. Die berig lui verder dat die polisie geen duplikaat van die inligting op sy outomatiese vingerafdrukstelsel nie.

Verdagte staan by toe polisie sê: G’n onraad”  Private speurders trek toe verdagte vas, lui ‘n ander berig.  Terwyl daar ‘n bloedbevlekte mes op ‘n bank in die tv-kamer lê, meubels rondgeskuif en duidelike tekens van struweling sigbaar was, sê die polisie daar was geen tekens van struweling en weier om ‘n dossier aan te lê, terwyl die verdagte met krapmerk in die gesig agter die sersant en kaptein staan en die blanke wat hy klaarblyklik vermoor het, mnr. Johannes Senekal (70 Jaar oud!), half onder sy bed in die slaapkamer lê!

Regse leier se huis deursoek.   Hierdie berig verwys na die voormalige sekretaris van die AWB, André Visagie se huis wat deur tientalle polisievoertuie, beamptes van verskeie eenhede van verskeie provinsies se plofstof, taktiese reaksie en intelligensie eenhede deursoek is en die Noord-Kaapse polisie woordvoerder, Kaptein Tony Modise sê dit was net ‘n roetine ondersoek!

R115,9 miljoen se skade-eise teen polisie.

Skadevergoeding van R115,9 Miljoen rand wat van die polisie van April verlede jaar tot Februarie vanjaar ge-eis is, is R30 miljoen  meer as in die vorige boekjaar!  En nie hulle betaal dit nie, die belastingbetaler dok dit op!  Daarom kan hulle voortgaan met aanrandings, onregmatige arrestasies, skietery, skade aan eiendom en motorbotsings waaruit hierdie eiese voortspruit!

Privaat veiligheidsmaatskappye se wagdienste by polisiepersele het die belastingbetaler R161,5 miljoen uit die sak gejaag omdat dit volgens Mthethwa goedkoper is as om opgeleide beamtes daarvoor te gebruik.

Dan berig dieselfde koerant verder dat diefstal uit hospitale volgens die betrokke minister, die belastingbetaler 16 miljoen rand gekos het!   Van ambulanse tot rekenaars en mediese toerusting het in die slag gebly!

As ons dan verder moet lees van die TRE (TAKTIESE REAKSIE EENHEID) wat ondersoek word van weë sy reputasie van  moord en aanrandings op die publiek maar dat dit moeilik is omdat die skuldiges eers ge-identifiseer moet word voordat hulle suksesvol vervolg kan word, is die skrif aan die muur vir wet en orde in Suid Afrika al sê watter minister ook wat!

Daarby het Suid Afrika nie meer water teen 2030 volgens die WNNR verslag en kan die AVP met oorgawe vir een en almal voorspel, Suid Afrika is ongetwyfeld in ‘n gróót gemors sonder om na enige van die ander veelbekende en bewoë lewensterreine te verwys!

Maak dus voorsiening!   Vir u veiligheid, vir kos,( verbou groente in u tuin), vir gesondheid, en vermy skuld so ver as wat u kan!  Dit sal veel slegter gaan voor dit beter word!