Media

PEOPLE’S WAR

Anthea Jeffery is bekend vir haar liberale standpunte. So is immers enigeen wat by die SA Institute of Race Relations werk. Haar boek People’s War is egter ‘n openbaring vir sovêr dit die terreurstryd van die ANC in besonderhede beskryf en dit uitgebreid argumenteer waarom die ANC se terreurdade voor 1994 suksesvol was.

Die kerke en veral die Wêreldraad van Kerke het ‘n sentrale rol gespeel om die ANC aan bewind te plaas toe besluit is om die Evangelie van Christus te verruil vir die sogenaamde bevrydingsteologie. Die ANC is dan ook deur hierdie raad ruim befonds. Maar dit was veel eerder die strategie om die totale Swart bevolking by die oorlog teen die Blankes te betrek, wat, tesame met die papbroekigheid en onbeholpenheid van die NP-regerings na dr Verwoerd, die uiteindelike deurslag gegee het in die revolusie van 1994.

Die ANC het in Vietnam gaan leer hoe om ‘n people’s war te voer. Dit is gekenmerk deur die grootste wreedheid denkbaar en is die Swartes (bevolking) met vrees en bewing gevul. Die bekende “necklace executions”, baie waarvan gebeeldsend is op televisie, was seker van die die grusaamste moorde wat daar was, maar die effek was dat die ANC op daardie wyse die gepeupel agter hom gekry het. Onderhandelings daarna het nie hierdie terreur vervang nie, maar bloot aangevul.

Anton Rupert het in 1985 by PW Botha gekla dat apartheid die Blanke “kruisig” en in 1986 het die NG Kerk begin skuld bely oor apartheid. Dit was dus die geldmagte en die grootste Afrikaanse kerk wat die Afrikaner tot oorgawe gedwing het en nie die terreur van die ANC nie. Vorster, Botha en De Klerk het nie die ruggraat gehad wat van leiers vereis word nie, maar hulle volk uitgelewer aan die “genade” van die barbaar; ja hy wat die een dag om ‘n onderhandelingstafel sit met ‘n duur pak klere, net om die volgende dag met sy stertriem rond te loop en mense aan die brand te steek.

Mandela, die held van Kurt Darren en ander Afrikaanse leë koppe, was nie net aandadig aan hierdie geweld nie, maar het dit ook goedgekeur. Die doel heilig klaarblyklik die middele. Dat die 1994-verkiesing midde in hierdie geweldsklimaat plaasgevind het en gekenmerk was deur growwe ongeruimdhede en blatante intimidasie, het nie eers die hoogaangeskrewe regter wat die verkiesing “vry en regverdig” moes verklaar, gepla nie. Dat nagenoeg twee miljoen stemme daarna pasella tussen die VF+, die NP en Inkatha verdeel is, kon ook die leiers van hierdie partye nie skeel nie. Hierdie partye moes immers net die versiering wees vir dit waarop lankal besluit was en voor gepropageer was: ‘n ANC-oorwinning in ‘n “demokratiese verkiesing”.

Die boek het reeds in 2009 verskyn en is opgevolg met ‘n studie oor die ANC aan bewind, getiteld Chasing the Rainbow. Beide, maar veral eersgenoemde bied ‘n onmisbare blik op die ware geaardheid van die ANC; ‘n lafhartige terroriste organisasie wat deur die geldmagte aan bewind geplaas is, net omdat apartheid nie meer vir hierdie geldmagte genoeg geld kon verseker nie.