Godsdiens

UIT DIE WOORD

Geweld en onreg in die volkewêreld

DIE PROFEET HÁBAKUK 1:2-4 en 2:2-4.

Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U:   Geweld!  Maar U help nie?

Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite!  Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.

Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.  

2:2-4.  Die antwoord van die HERE.

Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.

Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie.  As dit mag vertoef, wag daarop;  want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:

Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.  Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

 

Dankie o HERE, vir u antwoord aan Hábakuk, wat ook vandag vir ons iets sê. Skenk ons geduld o HERE, en versterk ons geloof want dit het klein geword en by sommige van ons verlore geraak!  Ons wag op U, o HERE, ons wag op U!  Amen.