Godsdiens

UIT DIE WOORD

HERDENKING: HALF EEUFEES VAN DIE STIGTING VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA OP 31 MEI 1961.

SKRIFLESING – PS 57

Volksgenote,

"KOM, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!"

So het ons 50 jaar gelede God geeër, dat dit so in sy Raadsplan bepaal was, dat ons weer ons Afrikaner Republiek uit sy hand ontvang het.

Maar daar was daardie dag, ook 'n waarskuwing, saam met hierdie loflied aan die Here:

"Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het."


 

Vandag - 50 jaar later, het ons ons Republiek verloor, het ons, ons land verloor, het ons, ons vryheid verloor; MAAR ons het nie ons God verloor nie, ons het nie ons geloof verloor nie.

Hy wat al hierdie dinge aan ons gegee het, is nog steeds in beheer, Hy het ons hier geplaas, Hy het hierdie land - en

Hierdie vryheid aan ons gegee, en ons het dit in sy krag gebou, tot 'n welvarende land - wat ons gedoen het, het ons in die geloof gedoen, en die wonderlike ding is, ons het die geloof, deur God se genade behou.

Daarom kan ons lied vandag nog 'n loflied, vol geloof tot God wees – ten spyte van alles wat verkeerd geloop het, kan ons jubel tot eer van die Here, kan ons juig, ter ere van die rots van ons heil!

Hy wat ons vroeër verhoor het, en aan ons vryheid gegee het, sal ons weer verhoor; maar die waarskuwing is vandag ook daar vir ons - Verhard julle hart nie...

Die Afrikaner se geskiedenis, is 'n geskiedenis van geloof in God, en van 'n heldedom – maar ook van verraad en lafaards, verraad teen die volk en verraad teen God.

 

 

Vanaf 1966 na die sluipmoord op Dr Verwoerd, het die regering van hierdie Godgegewe land van ons, en ook ons kerke en kultuur organisasies, 'n pad van verraad en bedrog en leuens geloop, die waarskuwing is op 31 Mei 1961 gegee, en tog is daar gedwaal, en het die toorn van God op ons volk en land neergedaal.

Die Afrikanervolk het gelewe op die vettigheid van die land, en in ons voorspoed, het ons van God vergeet; en van sy beloftes, maar ons het veral vergeet, van sy waarskuwings.

Die tyd na Dr Verwoerd, het John Vorster op die dwaalpad van sport-integrasie en  "deténte" begin loop, en van die waarskuwing van God: " Moet op prinse nie vertrou nie"; vergeet;

en PW Botha het met sy afskaffing van sg. klein apartheid, en die instromingsbeheer, ons land in 'n plakkerskamp omskep; hy het die 3 Kamer parlement ingestel; en toe die groot krokkedil, nie oor sy eie Rubicon kon loop nie; is hy verwyder –

En die verraaier FW de Klerk, het ons finaal aan die kommunistiese rampokkerbende, van Mandela oorgegee; omdat hy te lafhartig was om NEE te sê –

Soos Dr Verwoerd Nee gesê aan die Engelse, en hulle bont Statebond, voor ons Republiek-wording in 1961.

Ons kyk vandag terug, en ons treur, maar ons kyk ook vorentoe, en ons juig in die God van ons heil.

Ons sal op ons knieë voor God staan, ons sal in die geloof aan Hom vashou;

Ons sal bid soos ons Here Jesus, in Gethse-mane in sy benoudheid gebid het – Laat u wil geskied – So sal ons in ons benoudheid, gelowig bid – Laat u wil geskied; ons glo Here kom ons ongeloof te hulp.

Dawid sê in Ps 138: " 8     Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!"

Hierdie afhanklikheid van Dawid, is 'n Goddelike afhankheid; -  Hy sê nie: Ek het genoeg genade,  om die take wat my opgelê is, uit te voer nie; hy sê ook nie; my geloof is so sterk, ek sal nie struikel nie; óf my liefde is so warm, dit sal nooit koud word nie; óf my voorneme is so vas, niks sal my daarvan beweeg nie; NEE – sy vertroue was op die Here alleen gegrond.

As ons vertroue en geloof, op iets anders berus, as op Jesus, die Rots wat vir ons geslaan is, dan is ons vertroue erger as 'n nagmerrie, dit sal op ons neerstort, en ons met sy ruïnes bedek, tot ons groot smart en verwoesting.

As ons self die stuurman moet wees, deur hierdie woeste waters waarin ons vaar, dan kan ons maar netsowel in wanhoop tou opgooi.

Maar aan God die dank, Hy sal self alles wat ons aangaan, volgens sy wil laat afloop, en ons by sy bepaalde bestemming, vir ons uitbring, Hy sal vir ons, ons vryheid en land weer terug gee.

Hierdie sekerheid, wat ons het, kan nooit verwaand wees, as ons op Hom alleen vertrou nie - en ons bekommernis, sal ons nooit oorweldig, as ons aan hierdie Goddelike sekerheid vashou nie.

Daarom bid ons nederrig-gelowig: Here Jesus – Laat die erwe van ons vaders, vir ons kinders erwe bly!

Amen