Afrikaner

DIE KETTING OM DIE NEK

Klaas WaarseggerMy trane die rol oor jou bokkie. Lewies is vies en braak gal oor die eleksie se uitkoms. Hy kan nou maar net stoele tel wat nie beskore is vir sy politieke kultus nie. Een na die ander stoel is opgeneem deur ander stoutgatte, vroueslaners en stylvolle diewe. Hy het gister nog sy bes probeer om met sweet en spoeg die kiersers te oortuig. Dit was alles puur verniet.

As laaste opsie is Corné ingeroep as berader om alle lywe van alle soorte bymekaar te kry. Alles verleidelik, sappig en glibberig is gesê, maar die “Lifeboy” het tussen die vingers deurgeglip. Ongelukkig het hy nie die mooi lippe van sy pa ge-erf nie, en die andermansweet het sy klank-organe negatief beinvloed. Sy reënboogheuning het opgeraak en uit woede het die bye ‘n ballroomdans gedoen. Dit het ‘n kekkel en geskel veroorsaak, wat ek nie hier kan beskryf nie.

 

Iemand moes ‘n burka uitpluk om vir Corné koel te waai. Malema het gegil van spot en plesier. Miskien was dit sy laaste lag voordat hy ‘n tronknommer gaan kry. Corné het vergeefs op sy plakkaat geskryf “:DIT IS ONS TYD” om stoutgat te speel, en te lepel lȇ oor die kleurgrens. Malema het so groen geword soos die sweer op my been toe die plakkersbrak my gebyt het. Waar is my regte?

 

Hellen Zille reik na pille hoog die duiwel in omdat Mashaba haar as persona non grata verklaar het. Sy moet nie naby Johannesburg se teerpad waterpoele kom nie, want die inwoners moet die water drink. Tietiesbaai of Koggelfontein is ‘n beter plek vir ‘n houvrou om te gaan swem. Ja, Mashaba het die ketting om die nek gekry, en die ANC die stad se finansies om te Phala-Phala. Ene van Rooyen van Gupta-faam, sal sekerlik ‘n naweek kan afstaan vir finansiële verduisterings as hy gekoöpteer word. Ek is van mening dat super Cat alle tenders onder sy vlerk sal neem, natat hy sy vonnis van 3 maande

uitgedien het, as gevolg van goeie gedrag.

 

My diepste medelye aan al die inwoners van Egoli. Die stadsraad het nou ‘n vrypas gekry om al singende (kill the farmer, kill the boer) die will-nie-werk-nie dans, in Egoli se strate te dans.

Die trane die rol oor jou bokkie!!

KLAAS WAARSEGGER