Afrikaner

OOR VERKIESSINGS IN SUID AFRIKA.

Regter Johan KrieglerimagesOp 6 Maart 2006 Skryf die leier van die AVP, toe nog lid van die Herstigte Nasionale Party oor die munisipale verkiessing van daardie datum, Mnr Danie Varkevisser:Skryf die leier van die AVP, toe nog lid van die Herstigte Nasionale Party oor die munisipale verkiessing van daardie datum:

Munisipale verkiessing: Die “Krieglersindroom” verhewig met 25%Tydens die vorige algemene verkiesing het die OVK die verkiesing vry en regverdig verklaar, tenspyte van een en ‘n kwart miljoen meer getelde stemme as waarvoor daar stembriewe uitgereik was! Op navraag van die Herstigte Nasionale Party was Regter Kriegler se antwoord dat daar natuurlik ongerymdheid betrokke was. “’n mens kan egter nie in ‘n bordeel werk en kuis bly nie”, was sy verweer.

Die vrees vir verlies aan stemme, ( waarskynlik as gevolg van mislukking), moes in hierdie verkiesing geweldig gewees het. Volgens die verkiesingskommissie se syfers was die aantal stemme wat uitgebring is, hierdie keer 5,223,580 meer as die aantal geregistreerde kiesers! Hierdie soort onbeskaamde ongeregtigheid maak van ‘n vry en regverdige verkiesing ‘n belagging! Dit verteenwoordig ‘n syfer gelykstaande aan bykans die totale blanke bevolking van Suid Afrika!

Die Herstigte Nasionale Party se deurlopende standpunt om buite die bestel te bly, word opnuut hierdeur bewys as die enigste wyse waarop ‘n beskaafde mens sy stemgeregtigde selfrespek kan behou! Die stilswye van die media oor die algehele stempersentasie is ‘n verdere aanduiding dat daar ten spyte van die meer as “100%” uitgebragte stemme, nie volgens verwagting gestem is nie!

Hoewel die swart kieser volgens die Afrika patroon vir die rewolusionêre regime sal stem ongeag sy onvermoë, is dit met die blanke anders gesteld. Die terugkeer van veral die Afrikaner na die bewese suksesvolle beleid van Christelike Nasionalisme, sal by nadere ontleding al duideliker blyk. Die mislukking van swart regering en die voortsetting van die onmagtigheid van die soustreinryers, sal toenemend die blanke bymekaar dwing, of hy bymekaar wil wees of nie, want die “eksperiment” van die liberales met integrasie is ooglopend besig om klaaglik ten koste van die blanke en sy beskawing te misluk!

 

So, hoe lyk dit nou? Het die RGN nou werklik ‘n verskil gemaak? Die swart ras is besig om, volgens sy aard en afkoms, homself met die koalisies te posisioneer om blankes so vêr moontlik op die agtergrond te hou! Dit behoort na hierdie verkiesing duidelik te wees dat ons volk moet laertrek om te kan oorleef. Nie laertrek vir die blote doel van saamwees nie maar uit innerlike politieke oortuiging by mekaar kom in samehorigheid, terwille van ons voortbestaan.

 

Verkiessings op getallegrondslag het vir die Afrikanervolk geen voordeel nie en maak slegs diegene wat daaraan deelneem aandadig aan ons ondergang!