Met die afstap van die beginselbeleid van Afsonderlike Ontwikkeling in 1994 na magsdeling sonder grense, lê daar bykans 33 jaar se geskiedenis waaruit enige mens met iets tussen sy ore, ‘n sinvolle afleiding sal kan maak.
Dit was wyle mnr. Jaap Marais wat in die tagtiger jare vir 4 ure lank gepoog het om die destydse bestaande “regse partye” te oorreed om gesamentlik uit alle munisipale ampte te bedank , om sodoende ‘n verkiesing af te dwing. Nie een enkele teenwoordige lid van daardie byeenkoms het hom gesteun nie!
Die enigste haalbare moontlikheid om de Klerk te stuit op sy verbysterende pad van volksverraad, het daar verlore gegaan. ‘n Oplossing vir gesamentlike optrede wat die potensiaal gehad het om ons volk se Vryheid, voortbestaan en veiligheid te verseker, is deur politieke kortsigtigheid in die doofpot gestop!
In terugskouing, met die opmerking van Genl. Constand Viljoen in antwoord op ‘n vraag van my, wat hy dink die uitslag sou wees indien ons ’n verkiessing kon afdwing, wonder ‘n mens in watter mate die betrokke “regse” partye in die byeenkoms met mnr. Marais, kop in een mus was met die agenda om ons in die Broederbondplan van magsdeling te betrek? Viljoen se Antwoord was:” Ons sal die verkiessing maklik wen, maar as ons gewen het wat dan?
Nou het ons in die proses van magsdeling by die uitslag van die afgelope verkiessing gekom, ……. en wat nou?
Die AVP wil opnuut waarsku! Vir die Vryheid en onafhanklikheid van die Afrikanervolk wat Suid Afrika mak gemaak, ontwikkel en beskaaf het, sal hierdie verkiessing niks verander van die ellende waarin Suid Afrika gedompel is nie!
Dat die DA met sy swart aanwas vir homself ‘n stewige lat gepluk het, sal nou bewys word. Dat die VF-Positief se terminaal siek bestuur, soos HIV Positief met sy “slow puncture” nie meer veel kilo’s oor het nie en beide partye waarin blankes nog voorkom, vir ontnugtering kan voorberei, is onvermydelik.
Die tafel is gedek vir toenemende konflik onder die swart kiesers vir wie daar ook geen verbetering in die vooruitsig is behalwe vir die enkeles wat die soustrein gehaal het! Die uitslag wys duidelik waar die swart kieser se steun lê, tenspyte van die verval van infrastruktuur in die gebiede waar hulle in groter getalle byeen is.
Of die DA in Johannesburg en Pretoria, soos in Kaapstad, met hulle swart kandidate veel verbetering sal kan bewerk is ernstig te betwyfel. Riolering, krag en water, paaie, damme en veiligheid lê steeds in die hande van die sentrale regering wat nie daar is omdat hulle die gemeenskap moet dien nie maar wel in Beheer om die blanke uit Afrika te verdryf. Die blankes wat steeds een-vir-een vermoor word terwyl die liggame wat dit behoort te Beheer hulle verantwoordelikheid met ‘n skouerophaling ignoreer, dui nie net op onbedagsaamheid of onvermoë nie, maar op doelbewuste beplanning!
Alle volke is rasgebonde en verskil in voorkoms, kultuur, geloof en lewens-en-wêreldbeskouing van mekaar. Elke volk het die reg om oor homself te regeer volgens eie aard en behoefte binne sy eie grondgebied. Wie dit ontken, ontken die natuurlike nasionalistiese aard van alle volke en is besig met ideologieë wat in die Engelse Oxford woordeboek beskryf word as “Fancifull speculation”
Dit is hierdie soort Breinvlugte wat oneindig baie ellende regoor die wêreld veroorsaak in belang van die magte van die duisternis instede daarvan om die lig te bevorder deur die nugterheid waarmee ons as blankes bedeel is! As u gestem het, waarvoor het u gestem? Vir ‘n behoefte wat nie een van hierdie 555 partye vir u sal kan verseker nie! Wat egter wel besig is om te gebeur is dat die magte wat agter hierdie chaos, versluier in verandering, Suid Afrika uit die Afrikanervolk se hande geruk het met behulp van ons eie mense, hulle tande slyp vir totale oorname!
