Afrikaner

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN DIE VERRAAIERS VAN VANDAG EN DIÉ VAN GISTER?

Volksverraad Miskien moet ‘n mens net eers sê van watter verraad praat ons hier.   Die definisie van verraad is om troueloos te handel.   Dit beteken dat daar vele en verskillende terreine is waar die geleentheid hom voordoen vir onbetroubares om troueloos op te tree.   Die terrein wat óns van die AVP hier in gedagte het, is die politieke terrein, omdat dit die terrein is waar die vooruitgang en vryheid, of die ondergang en verknegting van ‘n volk bepaal word, deur die staatkundige beleid wat gevolg word.

DIE OORSPRONG VAN SUID-AFRIKA SE STAATKUNDIGE BELEID

Soos elke ander volk op aarde moes ook ons ‘n staatkundige beleid ontwikkel wat in óns beste belang sou wees. Reeds vroeg het die Witman in Afrika besef dat hy ‘n voorpos van die blanke beskawing in Afrika is en dat die bevolkingsamestelling hier, ander eise as in Europa vir die Blanke se voortbestaan gaan stel!

 

Gebeure uit die geskiedenis.

1811: Genl. J.C. Smuts skryf in sy boek "Een Eeu van Onrecht", toe hy ook nog 'n vevolgde Afrikaner was:"De worstelstrijd van bijna een eeuw, die begon toen aan de Hollandse bevolking van de Kaap een vreemde overheerser werd opgedrongen, spoedt ten einde. De ure is aangebroken wanneer beslist sal worden of Zuid-Afrika door het handhaven van haar vrijheid, een nieuw tydperk van haar geskiedenis sal ingaan, dan of ons volk zal ophouden te bestaan, uitgedelgd worden en overheerst zal worden deur gewetenloze goudkoningen, handelende in naam van een onrechtvaardig en gehaat gouvernement 7,000 mijl van hier."

 ‘n Stelling wat vandag net so relevant is as wat dit in 1811 was!

1814: Lord Caledon stel 'n Hottentotkorp van 800 man aan om toe te sien dat die Grensboere kastig nie hulle werkers sleg behandel nie. Die Boere word ook grootliks ontwapen sodat hulle moes toesien hoe letterlik honderde van hulle familie en vriende uitgemoor is en hulle vee geroof word.

 

‘n Toestand wat vandag onder ‘n stelsel van integrasie,as bewys vir diegene wat die geskiedenis ignoreer, herhaal en weer oorgeleef moet word!

Na die formele oorgawe van die Kaap in 1814 aan die Engelse vaardig Sir John Cradock 'n proklamasie uit waarin bepaal word dat sleg persone wat Engels magtig is, vir betrekking in die staatsdiens oorweeg sal word. Hy het dit as belaglik beskou dat 'n bevolking van 30,000 mense toegelaat moes word om regte van hulle eie te behou. So word veral Afrikaners vandag met die goedkeuring en ondersteuning van die Britte wat swartes in Engeland opgelei en voorberei het, uit hulle poste onthef en in armoede gedompel!  

1816: Frederik Bezuidenhout word gedagvaar om voor die hof te veskyn omdat hy een van sy werkers 'n pak slae gegee het. Met sy weiering stuur die landros 'n Hottentotmag om hom te arresteer. Hy word uiteindelik in 'n spelonk deur die Hottentotte doodgeskiet. Sy broer wat daarteen in opstand kom met ondersteuning van +-39 vriende, word ook doodgeskiet en sy vrou gewond terwyl vyf van sy vriende in die openbaar gehang is terwyl van die ander betrokkennes gedwing was om as straf, die openbare moord te aanskou. Diè voorval staan opgeteken as Slagtersnek!

Blankes wat vandag hulleself beskerm word ontwapen, ge-arresteer, in die tronk mishandel en selfs doodgemaak terwyl die Swart Regime doof en blind is vir dié onreg!

1828: Alle Boesmans, Hottentotte en loslopende kleurlinge word deur die 50ste ordonansie , politiek gelijk aan die witmense gestel.

1833: Louis Trichard en Jan van Rensburg trek onder die Engelse juk uit

1836: Die Groot Trek begin.

Piet Retief sluit sy manifes met die redes wat hy daarin opgeteken het vir hulle trek, as volg af: Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het, en voortdurend blootgestaan het aan ergenis, om ons te gaan vestig in 'n woeste en gevaarlijke gebied; maar ons gaan met 'n vaste vetrouwe op 'n alsiende, regvaardige en genadige God, die ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.

Dit is huidig die “vaste geloof” wat by die Afrikanervolk ontbreek, onder dieselfde neerdrukkende en wanstaltige staatstruktuur van gelykstelling, wat soos in die verlede ons mense laat trek.

Na die verskillende groepe grensboere die Kolonie begin verlaat het, hoofsaaklik agv. die Engelse bevelhebbers se houding, het die bloedige en barbaarse moorde op die trekkers ‘n geweldige invloed op hulle pioniersgees uit ge-oefen. As hulle wou oorleef sou hulle mekaar moes bystaan! Silkaats en sy Matabeli Impis vermoor op 24 Augustus 1836, vyf lede van Stephanus Erasmus se jaggeselskap waartydens hy ter nouernood aan die dood ontkom en jaag om die Liebenbergs te gaan waarsku. Hulle wou nie na sy waarskuwing luister nie en word gevolglik uitgemoor. Daarna volg die Vaalrivierslag op 25 Augustus 1836 , Vegkop op 16 Oktober 1836, die Mosegaslag op17 Januarie1837, die Kapainslag, die moord op Piet Retief deur die Zoeloes op 6 Februarie 1838 en die slag van Italeni waar Piet Uys en sy seun Dirkie hulle lewens in ‘n hinderlaag verloor het.

In hierdie tyd is nie alleen die onbeskryflikste wreedhede op die trekkers voltrek nie maar ook van hulle kinders, oa. dogters, is deur die swartes ontvoer!

Dit is hierdie en ander gebeure wat die trekkers voortdurend onder die besef van hulle afhanklikheid van God gehou en die ingebore nasionale strewe steeds versterk het. Nou in 2010, is die afvalligheid van God so groot dat ons afhanklikheid van God op die agtergrond geskuif word en ons heil by menseregte, die VVO, verkiesings en onderhandeling gesoek word!

Die moord op Retief is egter van wesentlike belang!


Nadat Retief en sy manne teruggekom het van hulle sending om die beeste wat Sekonyela van Dingaan geroof het terug te besorg, het hy ‘n vergadering belê om die sending na Dingaan te bespreek. Volgens afspraak moes Dingaan met hulle ‘n kontrak sluit waarvolgens grond aan die trekkers afgestaan sou word.

Op dié vergadering, waar Gert Maritz nie teenwoordig was nie is besluit om met 200 man na Dingaan se kraal te gaan. Vanwee hulle intieme kennis van die naturel en hulle skrikwekkende ondervindings met die Matebeles, het die meeste trekkers Dingaan nie vertrou nie en gewaarsku teen so ‘n sending.

Maritz het teësin gehad in so ‘n groot afvaardiging omdat hy nie vir Dingaan vertrou het nie terwyl Piet Retief gemeen het dat daar geen rede was om Dingaan se goeie trou in twyfel te trek nie!

Let op die verskil in benadering! Retief, volgens karakter, opreg mensliewend en wou nie Dingaan se goeie trou in twyfel trek nie…en daarom gaan hy voort met sy onderhandelingsbenadering. Maritz weer was behoedsaam, berekend en wou met die allergrootste versigtigheid optree omdat hy uit ervaring met die swartes, nie vir Dingaan vertrou het nie. Hy het dan ook openlik in die laer geywer om te verhoed dat Retief mense met hom moes saamneem wat uiteraard tot botsing tussen hom en Retief gelei het! Hy het homself en uiters nog twee man aangebied om 'n moontlike lewensverlies so klein as moontlik te hou, wat Retief van die hand gewys het.

 


BULALANI ABATAGATI! 6 FEBRUARIE 1838 MAAK DOOD DIE TOWENAARS!

VANDAGSING HULLE DUBULA IBHUNU!

Toe Retief op15 Februarie nie opdaag nie het Maritz, wakker van gees en insigryk dadelik onraad vermoed, op sy perd geklim en onder die verspreide trekkers rondgejaag om hulle te waarsku dat hy verraad vermoed en onheil hulle bedreig! Trek laer waarsku hy! Retief is al oor sy tyd en as die Voorsienigheid dit toelaat roei Dingaan al die christene in een nag uit! Waar sy waarskuwing nie indruk maak nie smeek hy en aanhoudend probeer hy hulle oortuig van die erns van die toestand! (Lees H.B.Thombls 212,213.) In Preller se boek Piet Retief is die volgende opgeteken: "Net waar hule kom langs die spruit af, sien hul die rokende moordhope van hul vrinde wat die vorige aand nog daar gestaan het. Manne, vrouwe en kleine kindertjies is daar om die lewe gebreng die more met barbaarsheid waarvan 'n kuns gemaak was. Die gras was aanmekaargekoek met die nobele bloed wat daar gestroom het. Die waens verpletterd en verbrand, die aarde wit met die vere van opegeskeurde beddegoed,- 'n toneel van dood en verwoesting wat bereken was om die sterkste manneharte te laat bloei. Suigelinge is daar in die arms van moeders en aan die bors met tientalle asgaai-steke deurboor, sodat die liggame aanmekaar vast sit; van kindertjies ist die hoofde teen die wawiele te pletter geslaan; van vrouwe die borste afgesnij, die liggame afgrijselik vermink en die lijke van hul vermoorde suigelinge aan die bloederige borste geleg.Uit sommige waens tap die bloed nog af, en daarbinne lê swangere vrouwe ontsiel, en ongebore kindertjies als door 'n ongedierte uitmekaargeskeur.

Hier was dit dat die vrome Cilliers met ontblote hoof uit sij gebroke hart die versugting slaak: "O God, sal die bloed van die suigelinge dan nie gewreek word nie!"

Sedert die moord op Eugene Terreblanche het daar ten spyte van die Regime se versekerings, ‘n toenemende vlaag van moorde op blankes ontstaan asof dit ‘n teken was! Sodat selfs ‘n driejarige onskuldige en weerlose dogtertjie in die agterkop soos haar ma, doodgeskiet word asof hulle diere is!

Die aanknoop van Stryd,plaaslik en Internasionaal, al het dit hoe onmoontlik geblyk, was ‘n verloop in die geskiedenis wat ons voorgeslag se optrede dikteer het.Uiteindelik in 1961 in die ideaal van ’n soewerein onafhanklike Republiek, met die handhawing van Eiesoortigheid as grondslag, tot uiting gekom het in die wenslikste staatsvorm wat vreedsame naasbestaan van volkere sou verseker.

‘N STAATKUNDIGE BELEID OM DIE BLANKE TE BESKERM

Van 1948, met die oorwinning van die Nasionale Party oor die VP, vir 18 jaar lank, kon die Afrikaner soewerein oor homself regeer volgens riglyne wat deur die geskiedenis as die beste vir Suid-Afrika en ons as Afrikaners, maar ook vir die ander volke hier te lande, uitgewys is!

Die verstommende sukses wat met die benadering van afsonderlike ontwikkeling bereik en gedokumenteer is vir almal om te sien en deur die hele wêreld erken is, het egter die aanslag op veral die Nasionale Regering se waardestelsels op subtiele wyse laat verhewig.

Politieke-Kerk- en Kultuurorganisasies het hulle standpunte sederdien onder internasionale druk en invloed van die Humanisme, vir ander verruil en die grootste gedeelte van ons volk mislei en met hulle saamgeneem!

Die onvermoë van sommige leiers om die gevolge van hulle optrede vooruit te sien, het ook in ons dag verreikende gevolg!

VERRAAD DEUR ONTROUES TEEN DIE BEGINSEL VAN AFSONDERLIKHEID

Daar is egter geen rede waarom ons mekaar se Afrikanerskap sal bevraagteken bloot omdat ons deurmiddel van verskillende organisasies staatkundige oplossings vir ons Volk gesoek het nie. Lojaliteit is nie 'n diskwalifikasie van ons Afrikanerskap nie, hoewel ons daardeur miskien onverskillig gestaan het teen die dringende waarskuwings om te waak teen misleidende verraad en sodoende die beginsel van Christelike Nasionalisme ongemerk versaak het. Diè beproefde en bewese weg wat deur die geskiedenis van ons Volk gelouter en geslyp is en wat die veilige laer was waarin die Afrikaner…. ook die Engelstalige in 1961 teen die hele Engelstalige wereld daarbuite verenig het!

Die aanslag van die liberalisme, wat die teenhang van Nasionalisme is, is op sluwe wyse, in groot mate deur ons eie mense gedryf om dit vir ons aanvaarbaar te maak! Daardeur het die waarskuwing van die totale aanslag nie meer so dreigend voorgekom nie en kon ons bloedloos en veral eerloos oorrompel word! Helaas, nie net op politieke terrein nie maar op feitlik alle terreine van ons Volkslewe!

Die onvermoeide ywer om ons te beweeg tot deelname aan verkiesings waarvan die uitslag ooglopend bepaalbaar is, die samesprekings en onderhandelings met die swart ongelowige kommuniste en die dryf in verskillende kerke om apartheid as sondig verklaar te kry, is niks anders as verraad nie!

Soveel misleiding, soveel verraad met die beplande toestand van soveel wantroue! Die gevaar is nou dat ons mense die toestand begin aanvaar sonder om te begryp dat ons Volk ge-offer gaan word in die strewe van die magte wat met fyn berekendheid tot dusver so skitterend geslaag het om ons die beheer van ons Godgegewe erfenis te ontneem.

Ons Volksgenote se onvermoë om Nasionalisme en Liberalisme in hulle fynere skakerings te onderskei, veral wanneer dit deur sg. "leiers" doelbewus versluier word, was en is waarskynlik nog ons vyande se grootste bondgenoot !

Die noodsaaklikheid van die korrekte be-oordeling van gebeure vanuit die geskiedenis, asook eietydse gebeure en dan die meet van elke organisasie wat hom as verteenwoordiger van die Afrikaner voordoen, aan die definisie van Christelike Nasionalisme wat bepaal of ons reg of verkeerd handel, sal die getroues van die ontroues onderskei!

Om mislei te word is nie vrywaring van ons persoonlike verantwoordelikheid nie! Ons is nie as enkelinge gebore nie! Ek en u is onwillekeurig gebore as lid van ‘n volk. Dit was nie ‘n kwessie van keuse nie.

As lid van ‘n gesin en familie is ons deur bloedverwantskap, ras, tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens, onvoorwaardelik ingebind in ‘n geskiedenis…die verlede waaruit ons kom!.. en toekomsverwagting wat ons met al die lede van ons volk deel en daarom nooit ontdaan van ons verantwoordelikheid teenoor hulle of ons nageslag is nie.

NASIONALISME DIE VOORWAARDE VIR VREEDSAME NAASBESTAAN

Die wrywing en konflik wat ‘n gemengde samelewing opgelewer het , het selfs liberaliste soos Genls. Botha en Smuts apartheid as die enigste oplossing laat insien.  

In April 1912 sê Genl Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes.

Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die Kaffervraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede, met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation .

They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different.

Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer. Hoe verskil dit van die suksesvolle beleid van Dr. Verwoerd?

Waarom het die Engelstalige wêreld nie toe beswaar gehad nie? As integrasie soos wat dit toe beproef was, onbevredigend en volgens Smuts langs integrasielyne "insolveable" was, hoekom sou dit nou slaag?

Sonder om dit te beredeneer, laat die huidige omstandighede daaroor oordeel! Is die toestand in die land nou bevredigend?

Dit was dan ook hierdie riglyne vanuit die lesse van die geskiedenis, waarop Genl. Hertzog, Dr. Malan, Adv. Strydom, Dr. Verwoerd, Dr. Hertzog en tot met sy dood, Mnr. Jaap Marais en Willlie Marais, volhardend en beginselvas gekoers het!

Vir ons voortbestaan was en is dit noodsaaklik dat ons 'n politieke stelsel moes kies wat ons instaat sou stel om onsself in vrede te kan handhaaf! Daardie stelsel is onteenseglik deur die geskiedenis na vore gestoot! Die stelsel van Afsonderlike Ontwikkeling! Die feit dat feitlik die hele vrye wêreld teen ons gekant geraak het met Appartheid as skuldbewys teen ons Afrikaners se rekening, moet dus 'n bepaalde voedingsbron hê met 'n doelgerigte oogmerk wat geen Volk ontsien nie! Ook nie die swartes nie!

DIE ONTROUHEID TEENOOR APARTHEID IS VERRAAD TEENOOR DIE AFRIKANERVOLK

Dr. Albert Hertzog het in 'n toespraak op 14 Julie 1966 op 'n kongres van die F.A.K. gewaarsku: "Was dit nie die groot finansiële instelling die Carnegie Endowment for International Peace- , 'n werktuig van die Internationale Geldmag, wat aan die VVO 'n uitgewerkte plan voorgelê het hoedat met behulp van Rusland en Amerika die Witman en sy beskawing in Suid-Afrika gebreek moet word nie? Eerstens 'n Vloot en Lugmag blokade-- daarna die witman neerskiet en die land aan die swartes oorhandig! Hulle het nie alleen die grootte van die taakmag en die koste van die oorlog uitgewerk nie maar selfs dat die oorlog slegs drie en 'n halwe maand sal duur en dat hulle tussen 18,900 en 37,000 aan dooies en gewondes sal hê!"

Met die veroordeling van Apartheid as sonde en die verdagmakery deur “geestelikes” van konserwatisme, volkskap, Afrikanerskap, ens., sou ‘n mens maklik die voorgestelde humanistiese alternatiewe vir Nasionalisme kon aanvaar!

In die lig van die sogenaamde “verwerplikheid” van die apartheidsisteem word die waarheid dat ras as onderskeidingsfaktor deur God self geskep is, ook verdag gemaak en die ontrouheid wat ons volk se voortbestaan bedreig bedek en selfs in goeie lig gestel!

DIE KENMERK VAN NASIONALISME

Van al die –ismes is dit die enigste lewensordening wat die werklikheid, soos ras, kleur, geslag, godsdiens, geskiedenis, tradisie, kultuur en taal, deur die voorsienigheid van God daargestel, erken en ondersteun, terwyl ideologië soos liberalisme, kommunisme, humanisme, imperialisme, diè werklikhede wil verander en omvorm om hulle materieëlgebasseerde doel te bereik en dit dan uiteindelik met allerhande onheilige maatreels, (selfs geweld) afdwing!

Die versuikerde gifpil van die Humanisme, wat saam met die liberalisme die voorloper van die kommunisme is en deur die imperialiste gebruik word in en deur die kerk en kultuurorganisasies, en helaas deur van ons eie bekende predikante, kultuur, vakbond en volksleiers gedryf word om gelykstelling, verandering, hervorming, godsdiensgelykheid, sekularisme ens. gevestig te kry, is die hefboom!

Die ywerigste bondgenote van diègene wat ons wil vernietig, is van ons eie mense! Die Liberalis is te onderskei van die Nasionalis in sy uitspraak en optrede omdat hy altyd vanuit omstandighede 'n saak beredeneer in teenstelling met die Nasionalis wat 'n saak vanuit beginsel benader!

Na gelang omstandighede verander, verander ook die liberalis sy standpunt sodat gister, vandag en môre elk 'n veranderde standpunt verteenwoordig, maar in wese is hulle almal verraaiers van hulleself!

NASIONALISME ’n GODSDIENSTIGE PLIG

Dr. Tobie Muller ‘n briljante NG teoloog het in 1913 van nasionalisme geskryf:

“Kultuur, wat uit ‘n volk uit ontstaan moet begrens word om te bly voortbestaan.

Nasionalisme is ‘n intensiewe en geen ekstensiewe saak nie.Lengte en breedte tel ewe min in ‘n volk se lewe….diepte is die hele saak! Nie wat oor 200 of 300 jaar van ons sou geword het nie maar wat ons nou is en moet wees! Sy Volk is tewens vir elke persoon die aangewese kring waarin hy in die eerste plek sy roeping moet vervul. Om ons volkslewe diep te maak is ons eerste taak.Nasionalisme is deur en deur ‘n morele saakwaarvoor niemand die oog mag sluit nie.Die keuse om dus nasionalis te wees is dus ‘n morele keuse van die diepste betekenis. Godsdiens sê Ds. Muller sluit moraliteit in. Daarom is dit ‘n godsdienstige plig om nasionalis te wees. Papheid op nasionale gebied se hy is dus ‘n religieuse oortreding dws. ‘n sonde!”

Gister, vandag en more bly vir die Nasionalis altyd dieselfde omdat sonde nooit iets goed kan word nie!

MISLUKKING VAN INTEGRASIE

Behalwe vir die vergelykende statestiek wat ek kan aanhaal vir diegene wat nie hulle oë wil glo nie, stel ek die liberale duitse tennisspeler, Boris Becker self aan die woord om die mislukking van integrasie te beskryf. Hy word in Sunday World aangehaal: "When we travel we always find that the intolerance in countries such as Great Britain, France and the USA is even worse than in Germany. The paradise where people with different religions and with different skin colours can live together without problems, does not exist"

Rasvermenging misluk nie net in Suid-Afrika nie. Dit misluk oral waar dit afgedwing word ten koste van al die volke wat daarby betrokke is.

Diegene wat Rasseskeiding in die verlede verraai het en diegene wat dit vandag verraai se oogmerke mag dalk van mekaar verskil. Die resultaat bly egter altyd dieselfde!

In die geval waar die demografie die Blanke die minderheid maak soos in Suid Afrika, word alles wat beskaaf was vernietig deur die onafwendbare verskil in geloof en intellek en alles wat daaruit voortvloei.

Elkeen wat dus rasseskeiding soos wat dit deur gelowige Afrikanerleiers in vooruitsig gestel was teëgaan, is verraaiers omdat hulle ontrou is teen juis dit wat ons moet beskerm!

Soos Manie Maritz waarsku die AVP! Buite die laer van die Afrikanervolk wat glo aan rasseskeiding, wag die dood! Kom saam in die politieke laer van eiesoortigheid! Skei u af van mense en organisasies wat integrasie voorstaan en dien die HERE!

Danie Varkevisser

8 Desember 2010.