Afrikaner

REEKSMOORDENAAR OP VRYE VOET

Die nuusmedia is begaan oor sewe vroue lyke wat in die afgelope drie maande in die omgewing van Kemptonpark opspraak verwek het. Sosiale media word ingespan om ‘n reeks berigte met foto’s van polisiebeamtes, voertuie en veral Le Sufi se uitsprake van “geen steen sal onaangeraak gelaat word om die moordenaar vas te trek nie!

Wat ‘n deursigtige slenter om die “bekende reeksmoordenaars” van tenminste 57 moorde per dag, waarvan die statestiek van die “owerheid” waarskynlik die punt van die ysberg is,onder die mat in te vee!

Meer nog, om die bekende “moordenaars” se moorddadige, moedswillige onvermoë om die moordtogte te stuit, as gewone misdaad in die doofpot te stop!

Terwyl daar lank voor 1994 gewaarsku was dat die afwyking van die politieke beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling, anargie en chaos sal ontstaan met gebrek aan veiligheid, vooruitgang en algemene beskaafde norme en waardes.

Tenspyte daarvan dat daardie waarskuwings na ‘94 sigbaar eskaleer het en nou na 33 jaar steeds toeneem, is daar blanke organisasies en individue wat met oorgawe daaraan deelneem!

Daar is nie ‘n enkele simptoom van verval en agteruitgang wat nie sy oorsprong het in die vervang van die politieke beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling nie! Ook nie die duisende plaasmoorde, moorde op blankes en swartes wat eskaleer het van 48 moorde per jaar onder die beleid van dr. Verwoerd, na meer as vyftig moorde per dag onder die beginselbeleid van magsdeling!

Dit is aan hierdie “reeksmoordbeleid” waaraan die DA, die NP, die VF-Positief, landbou leiers en elkeen wat die Eenwêreld Regeringdrywers se agenda nie begryp nie, deel het!

Dit het tyd geword dat daar skeiding moet kom tussen werklike verraaiers en polities onkundiges sodat ons volk kan rigting kry!  

Ons volksgenote kan nie aan hierdie moordprogram bly deelneem en dink om die gevolge van moordpleging te ontwyk nie!