1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10428460

Besoekers aanlyn

Ons het 240 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SUID-AFRIKA SE “DEMOKRATIESE” INPLOFFING

Klaas WaarseggerDie intelligente les van Afrika is dat demokrasie nie vir alle rasse bedoel is nie.

Demokrasie kan net gedy met ‘n beskaafde kieserspubliek. Dit veronderstel gedragsreëls om sosiale orde te handhaaf. Dit sluit in om wat ‘n samelewing as eerbaar, wetsgehoorsaam, respekvol of skandelik beskou. Afwykende gedrag wat nie aan bepaalde etiese norme voldoen nie, aberreer ‘n regeringstelsel.

Morele afstomping en verval in Suid-Afrika is ongelukkig ‘n onomstootlike feit. Die publiek word daagliks gekonfronteer met ‘n vloedgolf van misdaad, geweld, bedrog, swak dienslewering en ‘n patologiese Afrikaner haat. Moraliteit is ook ten nouste gekoppel aan die reg en die regstelsel. Nie alleen is die grondwet onregmatig ten opsigte van blanke grondbesit, maar ook drakoniese raswette uitsluitlik gemik op die blanke gemeenskap. Die nuwe Suid-Afrika se sogenaamde reënboognasie dra in hom saam ‘n onversoenbare morele grondslag.

 

Die waardestelsels in diverse gemeenskappe kan nooit universeel wees nie. ‘n Waardestelsel groei uit ‘n eiesoortige samelewing wat verwant is, ‘n geografiese grondgebied deel, en gekoester is in ‘n eie politieke gesag. Dit bring solidariteit, substantiewe en stabiele konstantes na vore. Die nuwe Suid-Afrika as allemansland is gehul in ‘n milieu van woede politiek.

Geen waardestelsel is nou meer geldig nie, en die land gaan mank aan moraliteit. Die veelrassige parlement is die laaste mense wat as eerbaar beskou kan word, al spreek hulle mekaar aan as agbare lede.

Reformasie in godsbegrip het agterweë gebly in donker Afrika. Vir meer as 30 jaar funksioneer die swart gedomineerde parlement as ‘n parasitiese organisme wat voed op alles wat die witman opgebou het. ‘n Katastrofiese fasade word voorgehou as fatsoenlikheid onder die voorwendsel van demokrasie. Die staats apparaat is gereduseer tot ‘n uitvoerende uitbuiting-sindikaat. Staatsondernemings het ‘n

veragtelike skouspel geword. Miljarde rande verdwyn elke jaar in bankrekeninge van die parlementêre binnekring. Kommissies van ondersoek word ingestel en kaders kom straffeloos daarvan af.

Elke nuwe dag van môre rapporteer die koerant as volg: Nog ‘n gruwelike plaasmoord, nog ‘n verkragting, nog ‘n korrupsie oopgevlek, nog ‘n munisipaliteit onder administrasie, nog beurtkrag, nog ‘n dorp sonder water, nog ‘n kommissie van ondersoek sonder tande, nog ‘n belofte van ‘n komende utopie, nog trogvretende kaders wat die staat fiskus plunder, nog ander-haat en xenofobie, nog duur buitelandse reise vir ministers en hul familie, nog omkopery, nog sluipmoorde uitgevoer deur die polisie, en die lys is oneindig.

 

Dit alles word gerasionaliseer as apartheid se skuld. As die Afrikaner hierdie benarde toestand wil omkeer van krisis tot beskawing, is die herstel van blank Suid-Afrika se grense ’n vereiste. Selfregering is die enigste uitweg.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie