Afrikaner

LEIERSKAP: OP SOEK NA ‘N AFRIKANERLEIER?

VERVAL IN DIE BINNEKRINGWannneer daar binne volksgeledere gesoek word na leierskap, word oordeelkundige foute nie veroorsaak deur faktore van buite nie, maar deur gebrekkige oordeel in die binnekring.

By die verlies van kragtige, beginselvaste Afrikaner volksleiers wat verbind was in voortsetting van leierskap deur die goue draad van die beginsel van nasionalisme, is ons die afgelope sestig jaar getref deur hoofsaaklik gebrekkige oordeel in die binnekring! Die resultaat daarvan bedreig ons volk se voortbestaan!

Na die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd wat die laaste beginselvaste Nasionalistiese verkose Afrikanerleier was, moes Afrikaners voorberei word vir 'n heel nuwe bedeling in die politiek en in hierdie nuwe bedeling sal daar volgens aanduidings 'n poging wees om 'n nuwe leier aan die volk op te dring met die versugting van eenheid onder Afrikaners terwille van weerstand teen die A.N.C.

Met toenemende aggressie teen alles wat Afrikaans is deur die onwettige swart terroriste organisasie wat deur verraad aan bewind gekom het, word daar nou angsbevange na leiding gesoek. Die eienaardigheid is dat dat dit juis diégene wat die suksesvolle politieke beginselstandpunt van Afrikanerleiers van voor, en tot op dr. Verwoerd, veruil en versaak het vir ‘n “beter politieke” standpunt, in lyn met die wêreld se gees van verandering, wat nou met vrees vir volksvernietiging, leiding soek!

Maar hoe moet so 'n Volksleier lyk?

Ons gaan kyk opnuut na mnr. Jaap Marais, die beste beginselvaste Nasionalistiese President wat ons volk nooit gehad het nie, se siening van hoe so ‘n leier moet lyk. Hy sê:

“'n Volksleier/s word nie soos 'n haas uit 'n hoed getrek nie. Diè wat langs kortpaaie en deur kitspolitiek in leiersposisies beland het, het gewoonlik aan die verkeerde kant van die volksgeskiedenis uitgekom. Diè les moet ongelukkig by herhaling geleer word, soos onder andere by John Vorster en Constand Viljoen se leierskappe weer onbetaalbare duur lesse was.

Dit is een aspek van diè saak. Wat daarmee saamhang is die versweë aspek dat dit bowe-al gaan om politieke leierskap. Nie millitêre, nie godsdienstige, nie kultuur, nie akademiese leierskap, en nog minder ekonomiese of sakeleierskap, maar politieke leierskap! Dit is tog die politieke terrein waarop die volk se stryd om sy lewensbelang besleg word.

In die tydperk wat op die sluipmoord op Dr. Verwoerd gevolg het, het niemand vanuit die buite-politieke terrein opgestyg tot nasionale erkenning buite die grense van sy lewensterrein nie en was daar ook niemand uit daardie geledere wat hoedanighede van Visie. Volkstrou, Strydvaardigheid en Volharding getoon en gehandhaaf het nie.

By die huidige versugting na 'n Afrikanerleier is dit dus noodwendig dat na die leiers op politieke gebied gekyk word aan die hand van hoedanighede wat hulleself aanmeld by hierdie sake. Dit is onder andere die betrokkenes se:Noodsaaklike eienskappe vir politieke leierskap

  1. 1.Vermoë tot welsprekendheid en ontroering.

Hieronder word verstaan 'n kombinasie van Cicero en Demosthenes. Wanneer Cicero gepraat het het die mense gesê: "Dit was 'n goeie toespraak!" Wanneer Demosthenes gepraat het het hulle gesê: "Laat ons marsjeer!"

  1. 2.Visie en oordeelsvermoë

Onder visie word verstaan die helderheid waarmee die onmiddellike werklikheid opgesom en begryp word deur 'n blik na voor maar ook na agter en onder oordeelsvermoë, die insien van die verband tussen dinge en die berekening van wat die gevolge van besluite en optrede sal wees.

  1. 3.Selfstandigheid en betroubaarheid.

Onder selfstandigheid word verstaan die innerlike sekerheid en vertroue wat 'n leier het in sy kennis en insig en die gevolglike weerbaarheid wat hy het teen teenstanders en vyande. Onder betroubaarheid word bowe-al verstaan die morele wil om trou te wees aan beloftes en die integriteit om beginsels te handhaaf.

  1. Politieke prestasie en groeipotensiaal.

Onder politieke prestasies word veral verstaan die duursame restant van leierskapdenke en dade nadat die korttermyn suksesse van maklike oorwinnings en resultate van blote uitoorlê-ery van oponente verdiskonteer is. Onder groeipotensiaal die moontlikheid van opgang tot groter hoedanighede en prestasie.

Vir die toepassing van hierdie kriteria het Mnr. Marais op 'n punteskaal van 100 wat eweredig verdeel is onder diè vier hoofde, drie "Afrikanerleiers" se prestasies onder die loep geneem en ge-evalueer.

Welsprekendheid

Eerstens dan F.W. de Klerk. Sy beste ondersteuners sal hom nie hoog aanslaan as 'n orator nie. Hy het weinig aanvoeling vir die retoriese, wat deur die beroep op die geskiedenis en op eer en plig en trou, woorde laat tril en 'n gehoor aangryp.

Die retoriese metode bring aksie en bestaan saam in 'n geheel wat groter is as wetenskaplike waarneming. Dit hou 'n beeld van mense se beter self aan hulle voor want retorika is 'n groot mag.

De Klerk se metode is dialekties, soos gewoonlik by liberale soos Van Zyl Slabbert en Roelf Meyer Hulle redeneer vanuit omstandighede, nie beginsels nie. Ten beste is die resultaat 'n koue of dorre verstaan, omdat hulle sku is vir die geskiedenis en heldedom.

De Klerk se vermoë tot welsprekendheid kan 9.5 punte kry, maar sy vermoë tot ontroering net 3.5. Dit gee aan hom 13 uit 25 by diè afdeling.

Constand Viljoen is swakker in albei vermoëns. 7 Punte vir welsprekendheid en 2.5 vir ontroering, dus 9.5 uit 25 by diè afdeling.

Ferdie Hartzenberg vaar ietwat beter by welsprekendheid (8 punte). Hy is polities kundiger as Viljoen en kan argumente gladder artikuleer. Maar by die vermoë tot ontroering skort dit, veral omdat hy oneg oorkom. 4 Punte daar bring hom op 12 uit 25.

Nie een van diè drie het ook die vermoë aan die dag gelê om skryfwerk van gehalte te lewer nie. Dit is ook 'n faset van welsprekendheid en vermoë tot ontroering.

By die stigting van die H.N.P. het die blad News/Check oor Mnr. Marais se sprekersvermoë geskryf: "There was one man who stood out dangerously from the others and had the crowd yelling on their feet…He was Jaap Marais. A passionate speaker, he quickly transformed mere enthusiasm into do or die militancy after he stepped up to the microphone

John Patten van die Pretoria News het destyds geskryf: "In Mr. Jaap Marais they (the H.N.P.) have a leader with a complete intellectual argument for Afrikaner survival, a fanatic enthusiasm for the cause and a most inspiring rhetoric", terwyl Tom Duff van The Star erken het dat: " One cannot fail to be thrilled by his superb use of the Afrikaans language".

Oor sy vermoë om te skryf behoef geen betoog nie!

VISIE

In die afdeling visie en oordeelsvermoë het De Klerk op sy openbare rekord swak gevaar. Sy hele visie van waar die "nuwe" Suid Afrika moes wees, lê aan flarde. Die sluitsteen van diè visie, was magsdeling. Magsdeling is egter deur homself beëindig toe hy uit die Kabinet getree het in betuiging van frustrasie en verstriktheid. Sy visie van die Nasionale Party wat swart steun sou trek, het in die mis verdwyn en sy party is besig om te disintegreer. By al die slimmighede wat hy aangevang het om sy program van uitverkoping op dreef te hou en te blaak in die uitoorlê van kiesers deur valse versekerings, moet sy oordeelsvermoë getoets word aan die mate van sy misvatting oor die resultaat wat behaal is. De Klerk se vermoë om die verband tussen dinge in te sien en die gevolge van sy besluite en optrede te bereken, kom sigbaar kort.

10 punte uit 25 daarvoor is ruim.

Constand Viljoen het waarskynlik geen visie nie, of indien wel iets daarvan, dan uiters beperk. As beroepsoldaat is hy gedril om bevele te neem en nie te dink nie. Hy het gevorder tot Hoof van die Weermag .deurdat hy die politieke bevele van die regering gedienstig uitgevoer het. Sy storie van 'n Volkstaat op 14% of 16% van Suid Afrika se oppervlakte sou 'n grap gewees het as dit nie oor ernstige sake gegaan het nie. Sy vermoë om die verband tussen dinge te sien en die gevolge van sy besluite en dade te bereken, is uiters bedenklik. 8.5 uit 25 is die uiterste perk hier.

Ferdie Hartzenberg kompenseer vir sy gebrek aan visie deur plannetjies en praksasies.

Selfs meer as De Klerk en Viljoen is hy bereid om standpunt oor beginselsake te verander na gelang van omstandighede en daardeur enige skyn van 'n vaste visie uit te wis. Sy baanrekord getuig ook van 'n gebrekkige vermoë om die verband tussen dinge raak te sien en die gevolge van sy besluite en optrede oor die kort- en mediumtermyn te bereken. Die verval van die KP van 'n opkomende opposisie party tot 'n sukkelende groep in die kort tydsbestek van van die vyf jaar vanaf 1992 tot 1997- of selfs die drie jaar van 1992 tot 1995, sê genoeg. 9 punte hier is 'n redelike toewysing.

By die stigting van die H.N.P. het News/Check gesê: "Marais maintained that the differences which have developed in the Afrikanerdom went deeper than merely the reception of a few Maoris in a rugby team and other similar points. These differences concern a whole attitude to life----Lewensbeskouing, Witmanskap, Afrikanerskap----

In 1967 na John Vorster sy nuwe Sportbeleid geskets het, het Mnr. Marais wat die eerste spreker na hom was, betoog dat dit 'n toegewing aan buitelandse druk was wat nie sal afneem nie omdat die buiteland nie swartes op die sportveld wou hê nie, maar in die parlement. Hier het hy ook die hoedanigheid van moed om sy oortuiging uit te spreek en die vermoë om die verband tussen ding raak te sien, openbaar.

Selfstandigheid en Betroubaarheid

Hier sal De Klerk gemiddeld kwalifiseer. Sy optrede getuig egter van 'n aansienlike mate van be-invloedbaarheid. Sy "bekering" van regs na links is 'n bewys van 'n gebrek aan selfstandigheid. Sy uittrede uit die Regering van Nasionale Eenheid is die gevolg van swig voor druk. Dit het sy vroëre verdagte betroubaarheid verder onder verdenking gebring. Die 1989 verkiesingsversekering van eie skole, eie woongebiede en van weiering om met terroriste te onderhandel, en die daaropvolgende miskenning daarvan, was 'n skokkende bewys van onbetroubaarheid! Hier kry De Klerk 7 vir selfstandigheid, maar 2 vir betroubaarheid: dus 9 uit 25.

Viljoen het geen selfstandigheid in die politiek nie. Hy het te min kennis van die tersaaklike dinge en moet gevolglik steun op inligting en advies van ander. Sy betroubaarheid is vernietig deur sy geheime gekonkel met die A.N.C. deur bemiddeling van Idasa. Die feit dat hy hom binne maande na die stigting van die Afrikaner Volksfront in die geheim verbind het tot deelname aan die 1994 verkiesing, terwyl hy in die openbaar die teendeel bely het, het hom as totaal onbetroubaar gebrandmerk.Vir elfstandigheid 6, vir betroubaarheid 1.5: dus 7.5 uit 25.

Hartzenberg het 'n selfstandigheid wat waarskynlik in eie belang setel. 'n plooibare gemoed wat hom in staat stel om, soos 'n handelsreisiger, enige standpunt soos tandepasta te verkoop. Hy het geen vermoë om 'n standpunt te handhaaf nie, daarvan getuig sy baanrekord oor haas elke aktuele strydvraag- die "volkstaat" idee, deelname aan onderhandelings, deelname aan verkiesings. 9 uit 25 is dus soveel as wat gegee kan word.

Toe die Nasionale Party in September 1969 op sy kongres Vorster se nuwe beleid aanvaar, het Mnr. Marais oa. As volg verklaar: " In 1966 het ek as Nasionale Partykandidaat die vertroue van mense gevra op grond van die erkende NP-Beleid, soos dit in 1965 gestel is, en ek ag my in eer daaraan gebonde teenoor diegene wat hulle ondersteuning van diè beleid betuig het……. As ek die N.P. beleid waaraan ek glo en altyd geglo het, moet verwerp of repudieer om my lidmaadskap van die Party te behou of om vir 'n NP-kandidatuur te kwalifiseer, weier ek om dit te doen."

Prestasie

By politieke prestasies kom De Klerk in aanmerking vir die wyse waarop hy met 'n verskuilde agenda sy politieke verraad met sukses uitgevoer het. Dit moet egter verreken word teen die mislukking van sy hele beleid, wat regstreeks die ellende verwoesting en smart in Suid Afrika veroorsak het. Wat groeipotensiaal betref, het De Klerk 'n volslae nulpunt bereik indien dit nie reeds minder is nie. Hy het geen reserwekrag nie en sy voedingsbron is leeg. Sy leierskap in die NP is van alkant ingeduik en verswak. Hy was in 'n doodlooppad wat hyself gemaak het en wat nou tot sy gedwonge bedanking gelei het.-- Die finale erkenning van mislukking. (Hierdie artikel was 'n week voor die aankondiging van sy bedanking geskryf)

By die twee kwalifikasies kan De Klerk uiters 7.5 uit 25 kry hoewel hy nie ontevrede met minder kan wees nie.

Viljoen het 'n spoor van vernietiging en aftakeling gelaat in sy kortstondige openbare figurering. Hy het die Afrikanervolksfront verdeel en vernietig. Hy het groter Afrikanerverdeeldheid veroorsaak deur sy geheime verbintenis teenoor die ANC/SAKP om aan die verkiesing van 1994 deel te neem en deur die politieke party wat daarvoor gestig is. Hy het die Boerekrisisaksie 'n nekslag gegee en tot verdwyning gedoem deur die Bophuthatswana-eskapade en deur die valse rol wat hy gespeel het deur voor te gee dat hy die BKA tot opstand sou lei, terwyl hy deur middel van die Idasakomplot verbind was tot vredesonderhandelings met die ANC/SAKP. Sy politieke prestasie en groeipotensiaal verdien skaars 5. Hy het geen onderlegdheid of politieke aanleg om te groei nie. Sy raison d'etre vir toetrede tot die openbare lewe, was die "volkstaat" en diè is so dood dat Viljoen al gedreig het dat hy as LP sal bedank as daar nie vordering mee is nie. In sy party is daar ook tweedrag en onmin oor sy leierskap.

Hartzenberg se politieke prestasie rus op die rol wat hy gespeel het om die regse politiek te verwar en die NP daardeur te bevoordeel. Sy negatiewe rol by die pogings tot regse samewerking, sy sleutelrol by die stigting van die AVF om die opposisie teen De Klerk op 'n dwaalspoor van 'n "volkstaat" te plaas; en sy geheime betrokkenheid by die IDASA- komplot het sy politieke prestasie feitlik genegativeer.

Sy groeipotensiaal is nie net beperk nie, dit is onmiskenbaar afwesig. Hy het reeds in die openbaar te kenne gegee dat hy die KP kan ontbind. Dit is die vroë erkenning van mislukking van leierskap. Weens sy langer openbare lewe, verdien hy 2.5 punte meer as Viljoen: 7.5 uit 25. Dit bring hom op dieselfde peil as De Klerk

Bestudeer hierdie riglyne weer en weer en wanneer u dan die regte persoon aan die hand van die bo-staande ge-identifiseer het, vergewis u dan van sy onwrikbare geloof in GOD-DRIE-ENIG waarsonder ons geen hoop op sukses kan hê nie! (Danie Varkevisser 6 September 2000)