Afrikaner

OPVOLG VAN DIE REGSE VERRAAD

Regse verraadSoos gestel in ons vorige artikel:OPENBARING VAN WARE GESKIEDENIS, gaan ons voort met die blootlegging van die regse verraad wat ons volk in die mees benouende toestand van sy geskiedenis gedompel het!  

REGSE VERRAAD – Deel 6

Politieke mag bepaal ALLES

‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy politieke mag. Wat ook al die manier mag wees oor hoe hy homself wil uitdruk, dit geskied aan die hand van die feit dat hy deur middel van sy politieke mag wetgewing neerlê wat hom by vermoë stel om homself te laat geld. Verkies hy byvoorbeeld dat onderrig in sy skoolstelsel op Christelik-Nasionale beginsel plaasvind, fundeer hy daardie beginsel in wetgewing waartoe hy in staat gestel word deur die uitvoer van sy politieke magsvermoë. Die aard van sy militêre vermoë – die grootte van sy Weermag en die fondse daarvoor begroot, sy gesondheidsdienste of die uitbouing van sy Nasionale Parke – AL hierdie funksies word deur hom bepaal wanneer hy oor die politieke mag daartoe beskik. Die teendeel daarvan – soos ongelukkig tans deur die Afrikanervolk getuig kan word – is die totale verlies aan inspraak of seggenskap

.

‘n Volk pleeg selfmoord deur mag af te staan

Die weggee van politieke mag, onder watter valse voorwendsel ookal is selfmoord. Politieke leiers wat hul volgelinge daartoe verbind om mag af te staan of selfs geheel oor te dra, is skuldig aan verraad. So ‘n stap kan op GEEN wyse geregverdig word nie en kan NOOIT enige voordeel vir daardie volk inhou nie. Politieke mag verseker die voortbestaan en vooruitgang van ‘n volk. Deur hom dit te ontneem, selfs gedeeltelik, word ‘n onreg teen so ‘n volk gepleeg.

Volk krepeer, word geboelie

Die klinkklare bewys daarvan is die totaal magtelose posisie waarin ons volk onsself vandag bevind. Die Swart meerderheidsregering minag die Afrikaner se belange doelbewus. Daar geld verskillende stelle regsreëls vir Wit en Swart. Die boer wat optree teen veediewe word meedoënloos gejag en vervolg asof hý die misdadiger is. Die Swart politieke leier wat sy volgelinge oprui tot die uitmoor van Blankes word dit toegelaat en kom daar skotvry van af. Die Afrikaner bloei as gevolg van die ondergeskikte posisie waarin hy deur die verraad van sy leiers ingedwing is. Met die verlies van sy politieke mag is hy uitgelewer aan die wil van diegene aan wie daardie mag oorgedra is. Aleen deur herstel van sy VOLLE politieke mag kan die Afrikaner weer vry wees in sy vaderland. Veral gegewe in ‘n veelrassige bestel waar die oorgrote meerderheid (die verhouding van sowat 1: 21 behoort dit duidelik te wees dat selfs gedeeltelike selfbeskikking geen vryheid sal teweeg bring nie.

Nasionale Party mislei kiesers

Die oordrag van mag is die politieke slenter waarmee Afrikaners deur die destydse Nasionale Party-regering, asook hul geheime meelopers, die leiers van die “regse” Afrikaner Volksfront, verraai is. Valse beloftes van “wigte en teenwigte”, die waarborg van “minderheidsregte” deur die Nasionale Party het baie gou geblyk maar net suswoordjies te wees, daar het natuurlik dadels van gekom. Deur die mag te oorhandig verbeur jy die voorreg om te bepaal watter posisie jy voortaan beklee – daardie voorreg setel in die hande van die veroweraar aan wie die mag oorhandig is. Gegewe die veroweraar se politiese- en ontwikkelings-onvolwassenheid, lei dit noodwendig tot onderdrukking en selfs weerwraak teenoor die voormalige magshebbers.

“Regse” leiers verraai volk ook

Insgelyks aan die NP-misleiding van die Blanke kieser is ook deur “regse” leiers valse beloftes van “selfbeskikking” en ‘n “volkstaat” gemaak. Nogeens soetklinkende woorde wat mooi beloftes inhou, maar wat soos dié van die NP-regering oor geen inhoudelike waarde of uitvoeringskrag beskik het nie. Kragtige misleidings-middels ja, maar van alle inhoud ontdaan! Die verloop van 3 dekades het duidelik laat blyk dat al hierdie soetklinkende woorde bloot maar leë beloftes was. Dit was gewoon leuens en valse voorwendsels waardeur mense oorreed is om ‘n politieke bestel te betree wat as niks anders as politieke selfmoord van ‘n volk gesien kan word nie. Selfs diegene wat dit as oplossing vir die volk se voortbestaan gehou het, het geweet dat dit niksseggende slagspreuke was ten einde 'n volk sover te kry om afstand te doen van sy politieke mag.

Politeke wanopvatting

Wat enige denkende mens hoofbrekens besorg is waarom die dringende begeerte bestaan het by politieke leiers om van die politieke mag afstand te doen. Daaroor kan breedvoerig uitgewei word in ‘n ander artikel. In ‘n neutedop die volgende: dit ontstaan vanuit die kritieke denkfout dat die Republiek van Suid-Afrika nie ons eiendom is nie. Die Republiek van Suid-Afrika wat in 1961 in aansyn geroep is, is internasionaal erken. Hierdie land is geleidelik oor etlike eeue ná volksplanting beset en ontwikkel. Die land was grotendeels onbewoond – woes, wild en leeg. Die Blanke pionier het dit verken, gekarteer en geleidelik aan die wildernis ontworstel. Waar Swart volkere teëgekom is, is later aan hulle grondregte in die vorm van Tuislande toegeken. Daar sou hulle tot volle politieke onafhanklikheid kon ontwikkel.

Hierdie land is óns land!

Deur die geskiedkundige gebeure heen van die Groot Trek, die stigting van die Boere-Republieke, Uniewording in 1910 en daarna Republiekwording in 1961 is hierdie mooie land bewoon, bewerk, ontwikkel. In sy kort bestaan vanaf 1652 is ons land met die seën van die Almagtige toegelaat om tot ‘n reus te ontwikkel. Met die onvoorwaardelike erkenning dat hierdie land wat getem en ontwikkel is tot een van die voorste Westerse lande – ‘n leier op vele terreine – die onbetwiste eiendom van die Witman is, meer spesifiek nog, van die Afrikaner wat hier as volk ontstaan het en wat hier die leiding geneem het.

Dr. Verwoerd stel dit in ‘n toespraak op 3 Februarie 1960 as volg:

“The white man who came to Africa, perhaps to trade, and in some cases, to bring the Gospel, has remained and we particularly, in this southernmost portion of Africa, have such a stake here that this has become our only motherland. We have nowhere else to go. We settled a country which was bare. The Bantu too came to this country and settled certain portions for themselves. It is in line with thinking on Africa to grant them there, those fullest rights which we with you, admit all people should have. We believe in providing those rights for those people in the fullest degree in that part of Southern Africa which their forefathers found for themselves and settled in.” But we also believe in balance. We believe in allowing exactly those same full opportunities to remain within the grasp of the white man in the areas he settled, the white man who has made all this possible.”

Burgerskap is voorwaardelik

Soos die Suid-Afrikaner wat in Duitsland gaan studeer en etlike jare daar woon steeds geen aanspraak op Duitsland as sy grondgebied kan maak nie, so kon elke Swart volk hier volledig aanspraak maak op hul eiendom, hul Tuisland, sonder enige aanspraak op wat algemeen as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het.

Staatkundig onverklaarbaar

Dit het dus gegrens aan politieke waansin om in 1994 die politieke seggenskap oor ons eiendom af te staan en te oorhandig aan mense wat daar geen reg of aanspraak op het nie. Daarom was dit onaanvaarbaar om onderhandelinge aan te knoop en eindelik ‘n rewolusie te laat afspeel waar die regmatige eienaars polities ontman word. Waarom sou ek met my buurman in onderhandeling tree oor my huis wanneer ek kaart-en-transport daarvan besit? Dis gewoon malligheid om daaroor te onderhandel – dit is mý huis!

Blanke kieser wou nie mag oorhandig

In die tydperk net voor 1994 was dít die sinnelose situasie waarin ons onsself bevind het. En soos reeds male sonder tal in hierdie reeks aangetoon, was die Blanke kieser gekant teen verdere onderhandelinge (kapitulasie/weggee) en sou die NP-regering by die stembus verslaan word vanweë die Blanke kieser se besef dat die regering se onderhandelinge en hervormings besig was om op ‘n ramp af te stuur. Daardie oordeel was reg en kon reeds kort ná 1994 gesien word. Sedertdien is ons land verniel, vernietig en geplunder. Van die eens trotse en vooruitstrewende Blank Suid-Afrika het min oorgebly, die sterkste ekonomie in Afrika is tot rommelstatus gereduseer. Die Witman, wat steeds die ekonomiese ruggraat van die ekonomie vorm, word uitgesluit en verswelg, en selfs geviktimiseer.

Hele land behoort aan ons, maar gee ons asseblief net ‘n deeltjie

Net soos die NP-regering se onderhandelinge met die ANC onheil vir ons land voorspel het, was die Volksfront se geheime gekonkel met die ANC (wat later deur die Vryheidsfront gefinaliseer is in die Afrikaner Akkoord) eweneens waansinnig: oorhandig julle volle politieke seggenskap oor gans die Republiek van Suid-Afrika aan die kommunistiese meerderheid, en begin dan die proses om weer ‘n klein gedeelte van jou eiendom terug te smeek. Absolute waansin!

Bedoeling was nooit die daarstel van ‘n Volkstaat nie

En daardie proses van terugsmeek van ‘n gedeelte – die “volkstaat” moet geskied aan die hand van die dokument (die “Afrikaner Akkoord”) wat deur geheime gekonkel met die ANC opgestel is. Daardie dokument dra net so min waarde as wat enige van die ander die valse versekerings soos “wigte en teenwigte” en “minderheidsregte” doen. Die bewys van die onuitvoerbaarheid daarvan is dat dit na 30 jaar steeds geen greintjie selfbeskikking vir die “Afrikaner-minderheidsgroep” kon beding nie. En dít ten spyte van grondwetlike beskerming, artikel 235, beginsel 34 in die grondwet en die baie duur oefening van die Volkstaatsraad ten spyt. Die rede is voor die hand liggend – dit was misleidingspolitiek deur die verraaier-leiers wat ons volk uitverkoop het. Dit het nooit ten doel gehad om waarlik selfbeskikking, nog minder ‘n “Volkstaat” vir die Afrikaner daargestel te kry nie. En die leiers wat toe, en die wat dit tans aan die volk verkoop, weet dit self baie goed!

Nuwe verraad aan die hand van dieselfde Akkoord

Dat daar tans opnuut gepoog word om dié bewese nuttelose dokument nuwe lewe in te blaas is ‘n skreiende skande. En laat dit hier kategories gestel word – die geskiedenis het bewys dat hierdie dokument gewoon nikswerd is – enige poging om dit weer aan te bied as ‘n oplossing is nogeens verraad! Dit kon nie eens binne-parlementêr enigiets bereik nie. Watter logika dikteer dat dit nou eerder buite-parlementêr kan slaag? Daar is groot gewag gemaak deur Tabok en Boermedia oor die “internasionale advokate” wat die dokument sou ondersoek om dan die hoop te laat posvat dat dié ding internasionale regskrag sou geniet. Dis natuurlik aangevuur deur die groot geloof in die internasionale bindingskrag daarvan soos geag deur prof. Hercules Booysen wat self jare lank lid van die Volkstaatraad was. Maar, helaas, tot hulle groot spyt en groter verleentheid moes hul van die hooggeleerde internasionale regskenners verneem dat die dokument oor geen sodanige regskrag beskik nie. Dit verhoed egter nie dat die Akkoord steeds ywerig bemark word nie ... nogeens ‘n geelwortel...’n hersenskim van wat nooit sal wees nie...

Het die Afrikaner Akkoord enige krag?

Maar wat sê dié dokument van verraad dan? Kan dit selfbeskikking of ‘n grondgebied vir ons volk bewerkstellig? Kan dit ons volk van ANC-tirannie bevry, ons weer seggenskap oor ons eie sake gee?

Andries Breytenbach (later die leier van die verloopte HNP) wat self ten nouste betrokke was by die verraad en die ondertekening van die Afrikaner Akkoord maak in November 2020, terwyl nuwe verraadsplanne rondom die herlewing van die Afrikaner Akkoord reeds gesmee word, die volgende opsienbarende stelling oor hierdie herlewing van die planne:

“Indien dit hoegenaamd moontlik was om die onderhawige ooreenkoms(te) af te dwing, moes dit gedoen gewees het toe die Volkstaatraad summier afgeskaf is sonder dat hulle finale verslag voor die parlement gedien het. Om dit nou, ná ʼn kwarteeu in die Afrikaner-vyandige konstitusionele hof te probeer doen, is wensdenkery.”

Akkoord bevestig nuwe bedeling

Die eerste belangrike aspek om van ag te neem is dat met die ooreenkoms wat deur hul geheime ontmoetings bereik is, sekere erkennings gemaak word wat beide partye stewig verbind tot die nuwe bedeling wat in 1994 sou ontstaan. Dit moes aanvaar word dat die Blanke sy politieke mag verloor en geensins moes durf waag word om terug te gryp na die ou Suid-Afrika nie. Die dokument is op 21 Desember 1993 vrygestel. Relevante gedeeltes word hieruit aangehaal. Die volledige dokument is ter insae beskikbaar.

Memorandum of Agreement between the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront

The delegations of the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters concerning the political transition [oordrag van politieke mag] in South Africa.

1. These discussions have resulted in the following agreements of understanding:

1.1 Both parties are comitted to the development of a non-racial democracy. They both accept that many Afrikaners also have a commitment to the ideal of self-determination in a Volkstaat and that this ideal should be adressed expedititiously, without delaying the current process of transition.

Both parties reject any political suggestions which would embody racism and failed apartheid policies.

1.2 Both parties believe that the objectives stated above are obtainable, and that a suitable political solution can be found through a process of negotiations. The formulation of this solution demands commitment founded on a new vision for the future for South Africa, supported by its leadership. Both parties seek constructive engagement in the constitutional proscess. This is a crucial commitment which will help in adressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between the supporters of the Afrikaner-Volksfront and the African National Congress.

Blankes gebind – ANC verontagsaam

Soos die geval is met meeste ooreenkomste en onderhandelings met die ANC het die Blanke deelnemers gretig die letter van elke klousule nagevolg. Dit kan nie van die ANC gesê word nie. Reeds vanaf die hoogs geheime onderhandelings tussen Nelson Mandela voor sy vrylating en Nasionale Intelligensie in opdrag van PW Botha, het die ANC die eise gestel en die onderhandelinge (vanuit hul verswakte posisie!) gedomineer en die gang van sake gedikteer. Dit was niks anders met die Kodesa-onderhandelings nie. Die Blanke onderhandelaars het skaamteloos voor die ANC gekapituleer. Dieselfde het ook gegeld in hierdie onderhandelings wat tot die totstandkoming van die Afrikaner Akkoord sou lei. Die “regse” deelnemers sou gewillig skoothondjies van die nuwe heersers word, en gedweë inval by die nuwe reëls vir hulle neergelê. En het hulle toe nie ook pragtig help saambou aan die nuwe “non-racial democracy” nie. (En natuurlik lekker saam soustrein gery ook). Die ANC het daarenteen geen poging aangewend om sy verpligtinge na te kom nie.

ANC was nooit bereid tot Vokstaat-skepping

In “Anatomy of a Miracle – The End of Apartheid and the birth of a New South Africa” skryf die gesoute politieke rubriekskrywer van die Financial Times, Patti Waldmeir oor die geheime samesprekings wat tot die ontstaan van die Afrikaner Akkoord gelei het:

‘Mandela gave the talks with Viljoen high priority and carefully chose a team of moderate Africans (not the lndian and white communists whom the Afrikaners distrusted) to run them…Thabo Mbeki was also part of the team… Mbeki’s strategy was to keep the Afrikaners talking. That way they would remain under the seductive influence of himself and Mandela; they would be kept away from their war councils; and they would be exposed to a barrage of reasonable questions which might in the end make them doubt the viability of their own volkstaat demands… Mbeki did not tell Viljoen he thought his ideas were crazy; he just kept asking him questions he could not answer… The ANC never had any intention of giving Viljoen his homeland ― but they managed to make him think they were seriously considering it… But it was a stroke of genius on the part of the ANC… it would help to keep Viljoen on a string for as long as this was needed: while the election was won and the state power acquired. Thereafter, it would allow the ANC to slide away from the agreement if it so chose’….”

Een onverdeelde Suid-Afrika

Onder punt 2.1 van die ooreenkoms word die volgende erken: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependence and constitutional government.” Sou ‘n volkstaat ooit ontstaan is dit duidelik wat hier met “economic interdependence” bedoel word. Want “constitutional government” dui op die sentrale regering van ‘n onverdeelde eenheidstaat…

Volkstaat bly onderhewig aan Suid-Afrika

Volgens die ooreenkoms word ‘n werksgroep in die lewe geroep om verskeie sake te ondersoek:

Financial and economic viability of such a region and its monetary and fiscal relationship to the rest of the country

The nature of the relationship between the Volkstaat and other local, regional and central government/administrative structures

Ondernemig skreiende aanklag

Punt 2.7 stel dat die ANC homself verbind tot “...gives its commitment to promote agreements entered into with the AVF, including such constitutional and legislative agreements which may be required for their implementation”. Ek dink nie dat hierdie eens enige kommentaar behoef nie.

Nie-rassige burgerskap

In hoofstuk 4 word onder die hofie Burgerskap die volgende gestel: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” Ook self verduidelikend – ‘n Blanke Afrikaner-grondgebied met geen rasse-diskriminasie nie. Selfde model as Orania – dit sal ook daar aanstons tot rampspoed lei.

Volkstaat in lyn met nie-diskriminerende Suid-Afrika

In hoofstuk 5 die belangrike afkondiging onder punt 1: “The concept shall in no way be construed as to give support to those fatal racist ideologies of the twentieth century that was based on chauvinistic excessive escalation of identities or ethnocentrism which bred discrimination, racism and prejudices which on their part brought war, misery and death to many” En al die tyd was skrywer onder die indruk van die ongekende vrede, stabiliteit, ekonomiese groei en goeie rasseverhoudings in die tyd van dr. Verwoerd! Het ons nie daarna onder die beleid van “wegbeweeg van diskriminasie” gedaal tot ‘n misdaad-mekka van die wêreld met die hoogste moordsyfer per capita nie? Boonop met rasse-spanning wat die hoogte ingeskiet het daarby.

Volkstaat moet staat ondersteun

Onder punt 5: “A balance should be negotiated between the desire of such a people for self-determination and the ideal of peaceful well-being of the larger whole of society” Van ‘n onafhanklike, self-beskikkende volkstaat is hier geen sprake nie – bloot maar net ‘n area in die groter NSA. En dan: “Self-determination will serve the purpouse of building the state and not cause the dislocation of te state. It should fascilitate peace and not cause conflict.” Dit is te betwyfel of die gewone Volksfront-ondersteuner vrede sou hê met wat hier vir hom beding word!

Verraaier-leiers het net so min as die ANC 'n Volkstaat begeer

Die onwerkbaarheid van die impotente grondgebied vir die Afrikaner wat hier deur “regse” leiers en die ANC bekonkel is behoort aan iedereen nou duidelik te blyk. Dit laat mens opnuut besef dat, nie net van die kant van die ANC daar nooit enige erns of opregte intensie was om ‘n Volkstaat daar te stel nie, dit kan met sekerheid ook gesê word van die onderhandelaars aan die ander kant van die tafel. En die geskiedenis lewer bewys daarvan. Daarteen kan hul geen betoog hê nie. Hoeveel tyd sou nodig wees om ‘n saak van soveel erns deurgedruk te kry? Die politieke wil tot die daarstel van ‘n Volkstaat het ontbreek – dit was nooit meer as ‘n fopspeen om die huilende baba mee te sus nie.

Waar was hulle erns?

As die Afrikanerleiers opreg was in die daarstelling van ‘n Selfbeskikkings Volkstaat, sou mens kon verwag dat hulle veral met die kundigheid tot hul beskikking sekere indringende vrae sou stel en voorwaardes en waarborge aangevra het, ten einde nie soos tans met leë hande en rooi gesigte te staan nie.

Vrae soos:

• Oor watter uitvoerende magte sal die (plaaslike) regering van die Volkstaat beskik? (Dit sou duidelik bloot ‘n plaaslike regering – soort van ‘n stadsraad kon wees volgens die ooreenkoms)

• Wat is die prosedure wanneer dispute tussen die plaaslike regering (Volkstaat) en oorkoepelende staat beslis moet word

• Oor watter kritieke aangeleenthede sou die Volkstaat volle seggenskap hê (bv. skole, hospitale ens)

• Watter deel van die belastinggeld wat by Volkstaters gehef word word weer aan die Volkstaat uitgekeer?

• Sou daar ‘n aparte regstelsel bestaan wat reg oor Volkstaters spreek?

Die lys van kritieke maar onaangeraakte kwessies is eindeloos. Tog is hierdie vrae nie gevra nie. Maar net nog ‘n bewys dat die hele kwessie rondom die Afrikaner-Akkoord maar ‘n weerligafleier was. Dit was die geelwortel waarvan niemand buiten die onderhandelaars enige kennis gedra het nie. Daarom was dit ‘n spoedig saamgeflansde dokument wat die skyn moes voorhou dat “waarborge van Selfbeskikking” vir ‘n volk beding is wat verswelg sou word deur die een-mens-een-stem demokrasie waarin hy geoffer is. By verlies aan sy politieke mag moes dié stukkie nikswerd papier hom gerusstel en hom ooreed om deel te word van die goddelose bedeling.

 

REGSE VERRAAD - Deel 7

Inleiding

In 1994 het die “regse” leiers van die Afrikaner Volksfront in samewerking met hul (nog minder) regse generaals, die gladde oordrag van ons politieke mag aan ‘n Swart meerderheidsregering bewerkstellig. Deur skielik handomkeer om te swaai en hulle te verbind tot presies die teenoorgestelde waarvoor hulle hul ondersteuners opgeroep het, het die generaals en die Mulder-broers verseker dat ‘n vreedsame oordrag van mag na die Swart massas kon plaasvind. Hulle bedrogvolle optrede het dit moontlik gemaak dat die oorgawe-proses van die Nasionale Party enduit gevoer kon word sonder dat dit ontwrig is deur ontstoke Blankes wat hierdeur uit hul eiendom en politieke mag verkul is.

NI agente het ons uitverkoop

Dit is reeds in die vorige aflewerings onomwonde bewys dat die omgekoopte leiers van die Volksfront hul kiesers mislei en verraai het. Hulle is uitgesoekte agente wat keurig met die hand uitgesoek is. Hulle verbintenis met die duistere magte wat die ondergang van die Afrikanervolk ten doel gestel het sal met verloop van tyd deur die volle ontplooiing van die geskiedenis al duideliker aan die lig gebring word. Die rol van IDASA deur sy Conservative Dialogue Program is reeds onomstootlik bewys. Daardeur is duidelik aan die lig gebring dat leiers wat deur hul volgelinge vertrou is besig was om onheil teen hul eie mense te bedink en te bewerkstellig. Vir ‘n pot lensiesop het hulle hul eie mense verraai – soms bloot net ter wille van die eer van hul meerderes. Die rol van die Intelligensiedienste hierin sal ook meer en meer ontbloot word. Die befame inligtings-man, generaal Tienie Groenewald, se alomteenwoordigheid in die uitspeel van hierdie grootste verraad teen die Afrikanervolk spreek reeds boekdele oor die betrokkenheid van NI en selfs ook van ander internasionale intelligensiedienste.

Verloop van tyd sal verraaiers uitwys

Die wiel draai stadig maar seker. Gekonkel in die duister kom eindelik aan die lig. Veral wanneer die versluierende hand van die magtige media nie meer die misdadige verraadshandelinge verbloem nie. Laat die boodskap aan hulle wat ons volk in 1994 help uitverkoop het ondubbelsinnig wees – daar is geen versagtende omstandighede vir hoogverraad nie. En laat ook diegene wat hul nou weer daaraan skuldig maak om ons volk opnuut te mislei dit helder voor oë gestel word – geen genade sal betoon word by skuldigbevinding aan hoogverraad nie. Dié mees laakbare daad – om jou eie mense te verraai, hulle bedrieglik onder voortgesette dwingelandy te laat hou, hulle te verhinder om hulself vry in hul Vaderland te betuig – daardie daad verdien die doodstraf.

Geen ander daad is só totaal liefdeloos teenoor jou naaste nie.

Verligte Aksie almal skuldig aan hoogverraad

In terugskoue kan vandag sonder enige twyfel verklaar word dat Die NP-regering in aanloop tot 1994 doelbewus gekapituleer het voor ‘n onkapabele ANC bende, dat hulle boedel oorgegee het aangesien dit hulle vooropgestelde doel was om die Afrikaner uit te verkoop. FW de Klerk het oor sy voete geval om die ANC alles te gee wat hulle sou eis en meer. Hy en die ganse Verligte Aksie wat die toe reeds verloopte Broederbond en Nasionale Party gekaap het en die meesterbreine was agter die plan wat tot die vernietiging van Blank Suid-Afrika sou lei, behoort van hoogverraad aangekla te word. Dit lys is lank maar sluit die volgende name in: John Vorster, Nic Diederichs, Magnus Malan, prof Johan Heyns, prof Tjaart vd Walt, prof. Willie Esterhuysen, Jannie Geldenhuys, Constand Viljoen, Kobie Coetzee, Adriaan Vlok, Barend du Plessis, Hendrik Schoeman, Tim du Plessis, Wim de Klerk, Roelf Meyer, Piet Koornhof, Mike Louw, Chris Heunis, Fanie Botha .....

So ook die Volksfront-leiers

Die leiers van die Afrikaner Volksfront en die Vryheidsfront is net so skuldig aan hierdie verraad van die NP-regering omdat daardie uitverkoping nie volvoer sou kon word sonder die kritieke rol wat hulle gespeel het nie. Hulle het hul volgelinge bedrieglik mislei deur voor te gee dat hulle die NP-regering se uitverkoping probeer stuit, maar het toe juis die instrument geword waardeur daardie uitverkoping gladweg kon plaasvind. Hulle geheime gekonkel met die ANC wat sy neerslag in die Afrikaner Akkoord gevind het was die manier waarop hulle enige vorm van regse verset teen oorgawe van mag bemiddel het.

Afrikaner Akkoord hou geen heil vir ons volk in nie

Wanneer hierdie geskiedkundige feite in oënskou geneem word, slaan dit mens met stomheid dat daardie selfde dokument, die Afrikaner Akkoord, die eindproduk van die grootste bedrog teen ons volk, nou weer opnuut aangegryp word deur “regse” leiers. Dat dit boonop deur hulle aangebied word as die wyse waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verkry! Dit maak natuurlik absoluut geen sin nie. Dié verraadsdokument, produk van geheime gekonkel tussen die ANC en “regse” leiers moet nou weer die Afrikaner se heil bewerk! Dit was dan juid die sluwe slenter waarmee Afrikaners in 1994 die veelrassige demokratiese proses ingelok is, want deur middel daarvan sou die Afrikaner ‘n waarborg op ‘n Volkstaat hê.

Dis presies 30 jaar later – waar is daardie volkstaat?

Waarom weer met dieselfde Akkoord bedrieg?

Die bedrieërs wat nou opnuut die Akkoord vir dieselfde rede probeer aanbied is opnuut besig om u te mislei. Daar sal in die volgende 30 jaar ook niks daarvan kom nie. Dié impotente dokumentjie was immers van meet af aan net ‘n weerligafleier met geen toepassings- of implementerings-mag nie. Dit is inderdaad nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Net so min as wat die “regse” leiers in 1994 daarmee ‘n volkstaat wou bewerkstellig, net so min is die spulletjie wat dit tans aandryf ernstig met die daarstel van ‘n Volkstaat. Die rede waarom hulle nou weer inderhaas planne maak om die Afrikaner met hul futiele oefeninkies besig te hou is omdat hulle daarop staat maak dat die mense se politieke geheue te kort is om te besef dat hulle nogeens, en boonop met die selfde truuk, gevang word.

Hierdie verraad belemmer ons vryheidstrewe

Ek stel dit dus pertinent dat die top-leiding van die “regse” leiers wat hul tans weer bemoei met die opdis van die Afrikaner Akkoord as middel tot daarstelling van ‘n Volkstaat, is net soos diegene wat dit in 1994 gedoen het agente van die vyande van die Afrikanervolk. Hulle tree op in belang van die magte wat die Afrikaner vyandiggesind is. Die doel is om die Afrikaner in die onderhewige posisie waarin hy hom tans bevind, te hou. Daarom bied hulle ‘n “oplossing” in die vorm van die Afrikaner Akkoord aan. Die geskiedenis sedert 1994 het egter ondubbelsinnig bewys dat deur dié Akkoord geensins ‘n Volkstaat beding kan word nie. Dit is dus oneerlik en ook oneerbaar om die Afrikaner opnuut op daardie dwaalspoor te lei. Hul motiewe is erg onder verdenking – waarom dan weer ‘n plan opdis wat reeds klaaglik misluk het? En laat daar geen twyfel wees nie – diegene aan die topleiding weet waarmee hulle besig is. Net soveel as wat die Mulders, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg en andere geweet het dat hulle bedrieg en mislei, net soveel weet hierdie manne dit.

Volkstaat kan nie Selfbeskikking bewerkstellig nie

Ons het voorheen verwys na die onsinnigheid daarvan om politieke mag af te staan. Dat die rede vir die benarde posisie waarin ons volk hom tans bevind, die direkte gevolg daarvan is. Dit is dus dan ook net logies om te redeneer dat alleen die herwinning van politieke mag die antwoord tot herstel sal wees. En dit is dan die rede waarom die Afrikaner Akkoord heropgedis word – want dit sal kwansuis lei tot die daarstel van ‘n Volkstaat waar die Afrikaner weer selfbeskikking (politieke mag oor sy eie) sal hê. Maar ek glo dat in die vorige aflewering breedvoerig bewys is dat die mag wat die Afrikaner in daardie volkstaat – wat basies ‘n groot munisipale area gaan wees – uiters beperk is. Dat hulle deurentyd steeds aan die grille en giere van die Swart meerderheidsregering uitgelewer sal wees, waaraan hulle steeds belasting sal betaal, aan wie se wette hulle steeds onderhorig sal wees. Is dít selfbeskikking? Ander (boonop volksvreemdes) beskik steeds oor jou – dis tog geen selfbeskikking nie.

Wie bewerkstellig nuwe misleiding, maak hul skuldig aan verraad?

En dit weet Tabok en Boermedia en die nuutgestigte Volkskrag – die “nie-politiese” organisasie wat dié hoogs politiese kwessie gaan dryf. Wie sal weet watter van dié manne nou saamwerk met Nasionale Intelligensie en selfs daarvoor vergoeding ontvang om ons mense te mislei, en watter van die volgende name is slegs misleide meelopers wat nie besef dat dit ‘n bedrospul is waaraan hulle meewerk nie. Die name van die betrokkenes moet maar genoem word – die geskiedenis sal eendag die oordeel vel: Louis Smuts, Andries Raath, Willie Cloete, Koot van der Ryst, Francois van der Merwe, Danie Wessels, Jann Schlebush, Andries Breytenbach, Robert Stoltz, Henk van de Graaf, Tiaan Theron, Bernard Coetzee. Tewie Wessels, Willem Petzer, Franz Jooste, Steyn von Rônge, Jurg Prinsloo, André Smit. Hierdie lys is ver van volledig, maar sluit die meeste hooffigure in.

Nasionalisme mag nie weer in die sand geloop word nie

Ons mag hierdie nuwe verraad nie langer verduur nie. Dit mag nie weer toegelaat word nie. Die rede waarom dit juis nou weer aan die gang gekry word is die feit dat daar onder Afrikaners opnuut ‘n nuwe vlaag van Nasionalisme aan die ontwaak is. Dit word die duidelikste onder die Afrikaner-jeug bemerk. Nie alleen is hulle keelvol vir die feit dat hulle oral tweede viool moet speel teen onkapabele andersrassiges nie, hulle vra ook: waarom word ons eens trotse volk verkneg en staan ons onder dwingelandy van ‘n ras wat hierdie eens trotse land tot in die afgrond in bestuur, besteel, geplunder en vernietig het. Hulle vra: waarom is hierdie land waarvoor ons voorgeslagte met sweet en bloed betaal het nie meer onder ons beheer nie. Waarom word ons uitgedruk asof ons hier indringers is – terwyl die land ons eiendom is! Daarmee saam is die sterk tendens te bespeur dat ons volksgenote weer erns maak met die geloof, dat hulle hul al sterker verbind voel aan die Gelofte en dat hulle teruggryp na die tyd toe ons as volk in nabye verhouding tot ons God gestaan het.

Akkoord-verraad moet nasionalisme neutraliseer

Hierdie nuwe ontwaking van die nasionalisme is wat daartoe aanleiding gee dat dieselfde invloede wat bewerk het dat ons politieke mag in 1994 weggegee word, nou ook weer aan die werk spring om hul agente te aktiveer vir hierdie nuwe misleiding. Hierdie magte wil seker maak dat hulle op die ou resep van praat na regs(asof jy die volksaak dien), maar doen in die geheim na links (tot nadeel van die strewe van die herstel van ons vryheid) om sódoende die belang van ons volksvyande te dien. Die volk waarvan die nasionalisme aan die ontwaak is word deur die retoriek van “Selfbeskikking” en “’n eie Volkstaat” rondom jou vergader, sodat daardie vloedgolf van nasionalisme soos in 1994 effektief geneutraliseer kan word deur dit in die “regte” rigting te bestuur. Al die volksgenoete se entoesiasme, ywer, harde werk en swaarverdiende rande word gestort in ‘n onhaalbare droom. Die uitkoms daarvan is reeds deur hierdie verraaiers bedink en beplan. Op die mees kritieke tydstip, wanneer daadwerklike optrede vereis word, verdwyn hierdie leiers net soos die groot Wenparty, die KP, van ouds. Dan is ons mense opnuut verslae en ontmoedig en is die slag nogeens geslaan vir die vyande van ons volk – deur “leiers” wat voorgegee het dat hulle die volksaak gedien het.

Verraaiers gaan alles in die werk stel

Ons volk se politieke geheue is wel kort, ja. Maar hulle is nie bobbejane nie. En dit gaan baie harde werk en groot media-dekking verg om nogeens ‘n groot deel van ons volk mislei te kry. Daarom sal ons sien hoe hulle volkstaat-strewe selfs deur die volksvyandige Joodse media belug sal word – net soos wat Orania, Solidariteit en Afriforum, sogenaamde volks-organisasies gereelde mediadekking ontvang.

Bestudeer self die feite – moet nie weer mislei word nie

Dit kan ook verwag word dat die gewone hantering van kritiek teen hul bose planne toegepas sal word. Ons sien dit reeds so toegepas word selfs met hierdie reeks artikels – hulle swyg daaroor soos die graf asof niks daarvan ooit gesê is nie. Maar wanneer dit rugbaar word en dié manne deur hul eie ondersteuners daaroor gekonfronteer word, wanneer dit nie meer doodgeswyg kan word nie, dan diskrediteer hulle die organisasies waarvandaan daardie kritiek en ontbloting van hul duister motiewe kom, en huil hulle oor die ewige dwarstrekkers wat altyd net op die kantlyn sit en kritiseer, want self dra hulle dan kwansuis niks by tot die vryheidstryd nie. U as leser word egter opgeroep om die magdom feite en bewyse wat in hierdie reeks artikels aangebied is self te bestudeer, dit te toets aan die waarheid en dan u eie intelligente afleidings te maak.

Verwerp die verraad!

Te lank het ons toegelaat dat hul vernietigende konkelwerk ons volk skade berokken. Mag ons hierdie maal met die Genade van Bo hierdie misleiers se verraderlike rol ontbloot, nog voordat hulle hierdie nuwe misleidingsaksie behoorlik van die grond af het. Mag die Afrikaner Akkoord - wat ontwerp is om ons volk se verknegting in sy eie land te verleng - met die minagting verwerp word wat dit verdien. Mag ons as Afrikanervolk, die wettige eienaars van die Republiek van Suid-Afrika, nie berus in die terug-bedel van ‘n stukkie van ons land, nadat ons politieke seggenskap oor ons eiendom ons deur verraad ontneem is nie. Die land is ons land! Ons Godgegewe erfenis. Ons sal biddende bly vir die herstel van ons vryheid in ons Vaderland – geen bedrieglike plan om ons te laat skik vir ‘n klein stukkie daarvan sal ons ooit deur ons aanvaar word nie!