Afrikaner

DIÉ WAT VERANDER HET EN HULLE OPTREDE

Was dit bloot as gevolg van die winde van verandering waarom sommige van ons volksgenote verander het, of was dit vrees om soos dr. Verwoerd vermoor te word? Met die sluipmoord op dr. Verwoerd was dit duidelik dat die magte wat verandering in Suid Afrika gesoek het, gedetermineer was om dit te kry en nie sou stuit op moord nie!

Beide John Vorster en P.W. Botha wat dr. Verwoerd opgevolg het, het verander! Hulle het feitlik onmiddellik met klein aanpassings begin om die beginsel van afsonderlike ontwikkeling te verwater. Albei onder Afrikaners bekend as standvastige ondersteuners van dr. Verwoerd en van die Nasionale Party.

skietgoed nasionale party 1977

 

F.W.de Klerk was die NP se inligtingsbeampte van SKIETGOED, DIE NP SE PROPAGANDABLAD VAN 1977.

Die propagandablad van die Nasionale Party, Skietgoed wat uitgegee is in Junie 1977, was opgestel deur F.W. de Klerk wat toe ‘n lid van die Volksraad was (LV.)   Dít was sy siening van die Progresiewe Reformiste Party se beleid en wat dit vir Suid Afrika ingehou het, sou hulle ooit aan bewind kom en daardie beleid in Suid Afrika toepas.

Was dit vrees?   Was dit geld?   Was dit aansien?   Wat dit ookal was wat de Klerk beweeg het om dit wat hy geweet het met Suid Afrika sou gebeur indien daardie politieke beleid gevolg en toegepas sou word, het dit op niks anders as naakte verraad neergekom wat derduisende blankes se lewe op wreedaardige wyse gekos het. Dit het ook dubbel soveel swartes se lewens gekos.   Tot nou toe, waarskynlik nader aan vierhonderdduisend lewens sedert 1994!   Wat kan regverdiging wees vir sulke optrede? Die Nobelprys vir vrede? Die sokkertoernooi van 2010?

Die PRP wat vandag die DA is met presies dieselfde beleid as waarteen de Klerk in 1977 gewaarsku het, verklaar in Sondag 30 Januarie 2011 se Sunday Times deur Helen Zille, dat: “Only DA can keep alive Mandela vision......we will not forget your struggle”   “South Africa is a much better place than what it was before 1994”

Met ander woorde ‘n voortsetting van die verval van elke regeringstruktuur, bevoordeling van die miljoene onverdienstelike swartes en benadeling van die blankes terwille van die steun van swartes in die verkiesing.

Dit is waarvoor blankes opgeroep word om te gaan stem.   Stem vir hulle eie ondergang, maar ook vir ons s’n wat nie stem nie! Om swart stemme te werf sal daar hoër gebie moet word as wat die ANC daarvoor bie.   En hulle bie alles wat die blankes nog besit! U glo dit nie? Feit is egter dat Zille nie verander het nie! Sy was nog altyd “anders” as ons Afrikaners. Soos wat de Klerk nou is nadat hy verander het!

Vir meer as veertig jaar waarsku Afrikaner leiers al en ons volk jaag steeds skimme na.   Kyk na die bewyse en oordeel self.   Ons sal op hierdie webblad die gebeure soos wat dit plaasgevind het vir u blootlê tot oortuiging van die nasionalisme wat in u sluimer en onderdruk word deur dieselfde kragte wat de Klerk tot kapitulasie gedwing het. Gelowige en ware Afrikaners het volgens Sir Arthur Connan Doyle die samestelling om dit te kan weerstaan! Dit is wat die AVP se geloof brandend hou en sal laat stry tot ons volk weer oorwin het!

Dit is waarom ons nou ook sal voortgaan met die openbaring wat Leon Schoeman vir ons gestuur het oor Afrikaner verraad. In opvolg van artikels een tot vyf in ons vorige webbladartikel getitel: OPENBARING VAN WARE GESKIEDENIS

Dit lê nie net die name van veranderde Afrikaners bloot nie maar ook hulle politieke dwaling gestuur en beheer deur verraad teen hulleself en ons ganse Afrikanervolk! Ons poog om weer nugterheid in ons volk se politieke siening, asook weersin op te wek teen die ongeregtigheid waarmee ons volk dreig om van die geskiedenis se verhoog afgevee te word.Dit wat in die donker gedoen word sal sonder twyfel, iewers in die toekoms, in die openbaar bekend word. Baie van dié “donker” doen en late het die Afrikanervolk egter vandag tot bywoners in sy eie land reduseer. Die onbeskryflike lyding wat al daaruit voortgekom het, is nog nie werklik bereken op ons huidige pad na onvermydelike uitwissing, indien Afrikaners se verdraagsaamheid nie in stryd vir die waarheid omskakel nie. Want die waarheid maak jou vry!

Die woelinge wêreldwyd wat grootliks deur die onsigbare magte van geheime organisasies beplan en uitgevoer word, kan slegs aan bande gelê word deur ’n gelowige en betroubare regering, wat by die waarheid bly en die leuen bestry wanneer dit op eie bodem sigbaar word. Deur manipulasie van banke, geldstelsels, rentekoerse, regerings en veral deur beïnvloeding van mense wat daarvoor opgelei is, word volke en nasies benadeel tot voordeel van die magte agter die skerms. Word hele volke selfs meedoënloos uitgewis!

 

Van die uittog van die Voortrekkers tot vandag toe, gaan die Afrikanervolk gebuk onder een aanslag na die ander wat ’n spoor van bloed en vernedering, met afwisselende sukses en oorwinning, die besef gevestig het dat stryd nie gister begin het en nie môre gaan ophou nie! ’n Pad wat besaai is met bloed en goed van ons voorgeslagte en huidig, van ons geliefdes wat met goed en bloed betaal omdat ook hier in die donker geknoei is en nog word. Planne in die geheim gesmee, wat nie in die lig sou kon bly staan nie, word met wasige betekenis vir besluitneming aangebied om vorentoe as iets heel anders te blyk! Dink maar aan F.W.de Klerk se referendum vraag wat eintlik moes gelui het: “Stem u saam dat ek Mandela uit die tronk kan vrylaat en die SAKP kan ontban sodat ons ’n een mens een stem verkiesing kan hou?”

William Guy Carr, in sy boek, Pawns in the Game, verklaar dat hy nie skaam is om te erken dat dit die Bybel is wat hom in staat gestel het om ‘n antwoord te kry op die vraag, waarom die mens nie in staat is om in vrede te leef, te midde van al die seëninge wat God in oorvloed aan ons beskikbaar gemaak het nie.

Wanneer die gelowige dan soos Carr, uit die Woord van God besef dat die waarheid ’n mens vrymaak en dat dit die leuen is wat jou bind, dat dit dan is wat jy noukeuriger begin kyk na wat in die “donker” beplan en ten uitvoer gebring word, wat nie vir die deurgronding van die lig bedoel is nie!

Die tragiek is egter dat selfs die openbaarmaking van sommige van hierdie geknoei agter die skerms, nie weerstand wat in verhouding is tot die bedreiging daarvan, opwek nie! Carr verwys na die ontdekking van die Protokolle van die Oudstes van Sion en Weishaupt se organisasie van die illuminati en oprigting van Losies vanwaar die Een Wêreldregering deur middel van geheime aksies van korrupsie, omkopery, leuens, dreigemente en oorloë, tot stand gebring moes word en feitlik al die beplanning vlot verloop het ten spyte van inligting wat daaroor bekend geraak het.

As die media oorsigtelik by die dood van sommige van die konkelaars in ons eie land dan nou na hulle verwys as verligte rebelle in eie kring, wat in opstand was teen die bestaande orde en dit dan skilder asof hulle helde was, is dit betekenisvol om hulle “donker” doen en late te be-oordeel aan die gevolge wat ons vandag beleef, maar dat ons ook sal terugkyk na die vroeë waarskuwings van Afrikaners met insig en vêrsig en die gevolge van die feit dat hulle nie ernstig opgeneem was nie! Dat die konkelaars maar net “pawns in the game” was, is waar. Die feit dat hulle dit uit vrye keuse was ten koste van die voortbestaan van hulle eie volk, is egter verraad wat geen lofprysing van wie ook al verdien nie!

Dit sou vir hulle en hulle lofsangers beter gewees het om uit die openbare oog te bly terwille van hulle nageslag wat die geskiedenis van die de Klerks, Viljoens, Meyers, van Schalkwyks en genote gaan lees en skaam kry oor hulle nalatenskap soos wat ons verlig is oor hulle heengaan! Die lofredes wat F.W. de Klerk oor sy broer se heengaan aanhef, is om die minste daarvan te sê, ’n verklaring van minagting vir die duisende Afrikaners wat as gevolg van hulle optrede vermoor, verkrag, verneder en beroof is en nog word!

Geriefshalwe word dìt verswyg asof dit nie vergelyk kan word met die onbesonne oorgawe van ons land aan ’n kommunistiese rowerbende wat oor niks as vernietiging en aftakeling van beskaafde norme en waardes tot vermoë beskik nie!

As dit die totaal van wyle Willem de Klerk se prestasie en diens aan die Afrikanervolk en sy kerk is waaroor hy in sy groete boodskap bely dat hy dit weer sal doen as hy sy lewe moes oorhê, en daarvoor deur sy broer geprys word, sal ons sy broer ook nie mis nie!

Die pad wat voor die Afrikaner nou onbegaanbaar lyk, is besaai met retoriek wat ontwerp is om by ons ’n skuld kompleks te vestig met “onomkeerbare” stelsels sodat ons ons in onderdanigheid sal onderwerp aan die toestand wat geskep is met behulp van die konkelaars uit eie geledere.

Diegene wat bv. die “uiteindelike demokrasie” van 1994 so besing, kan vergelyk word met die afgodsdienaar wat iets aanbid wat eintlik niks is nie. Die betekenis van die woord is juis die teenoorgestelde van dit wat hulle beplan hoewel die wêreld wysgemaak word dat dit ’n demokrasie is! Om dit lank genoeg te herhaal vestig die persepsie dat dit wel ’n demokrasie is. Demokratia waar demos volk beteken en kratos krag, is die oorsprong van die betekenis wat dui op ’n volksregering en nie ’n regering van volke nie!

Elkeen wat ’n belang het in ’n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika, gaan moedswillig van die standpunt uit dat al die verskillende volke hier eintlik een volk is. Waar hulle wel reg is, is dat dit ’n reënboognasie is. Maar dit impliseer verskeie volke met wyduiteenlopende kulture wat van ’n demokrasie ’n klug maak.

Die stryd tussen Zuma en Mbeki en die Zuma aanstellings dui duidelik daarop dat etnisiteit op die lang duur swaarder weeg as die ideologie, al is dit die kommunisme, waarvan hulle albei lid is!

Hoewel die Afrikaner se pad lank en swaar was tot vandag toe, is daar niks wat onomkeerbaar is nie. God het by geleentheid die dood ook omgekeer! Geloof en moed en bereidheid tot stryd is wat onontbeerlik is as deel van ons wapenrusting vir die pad wat nog voorlê! Want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte, teen die owerhede, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, sê die Woord van God. Laat ons dus op ons Afrikaner pad na ons ewigheidsbestemming, wegbly van hulle wat in die donker konkel in belang van die magte waarvan ons nou slawe is en liewer stryd voer in die lig. Dit is waarvoor ons geroep is en wat beide ons voor- en nageslag van ons sal verwag!

DANIE VARKEVISSER