‘n Virus is ‘n giftige slymerige aansteeklike siekmakende krag van smetstowwe met die vermoë om skade aan te rig! Dit is die beskrywing van wat ‘n virus is in die Afrikaanse verklarende woordeboek. Met die woordestryd wat ontstaan het met die nuwe uitbraak van Bek-en Klouseer, as sou dit bakteriese of virusinfeksie is waarvoor die terminaalsiek Regime in elk geval nie ‘n teenmiddel beskibaar had nie, ten spyte daarvan dat Onderstepoort in die verlede die hele Afrika kon toerus met ‘n teenmiddel.
Hierdie kwessie van besmetting met ‘n smetstof wat oor die vermoë beskik om skade aan te rig, het my dadelik opgeval dat met die wanstaltige politieke sienings van ‘n aansienlike gedeelte van ons volk, hulle ontvanklik was vir so’n besmetlikheid kort na die moord op dr. Verwoerd. Dit het begin met Harold Macmillan se “Winds of Change” besmetting wat al gou geblyk het giftig, aansteeklik en siekmakend ingewerk het op John Vorster, daarna PW Botha en oorgedra na FW de Klerk, en ooglopend‘n weerstandigheid teen die bestaande "entstof" ontwikkel het.
‘n Mutasie in die vorm van die KP in 1982 wat vinnig en wyd versprei het in die giftige Volkstaatdenke, selfbeskikking, samewerking, federalisme, regering van nasionale eenheid en nog etlike ander variasies. Besmetlike variasies wat koppig weerstand bied teen die kuur van nasionalisme as enigste werklik genesende entstof teen hierdie slymerig-klewende giftigheid wat die dood vir ons volk in hom omdra! 'n Besmetlikheid van verdeeldheid wat dodelik aansteeklik wyd verspreid as siekmakende krag, soos kenmerkend van smetstowwe, die vermoë om skade aan te rig, besig is om ons Afrikanervolk lam te lê!
Soos met die onverantwoordelike regeringsinstansies wat met effektiewe entstof voorsiening moes maak ten einde die Bek-en-Klouseer te stop, het ons politieke partye, kerke, skole, universiteite en kultuurorganisasies in gebreke gebly om suiwer nasionalisme te handhaaf en te doseer. Daar is eerder gepoog om met “politieke korrektheid” die vrot te probeer stop, selfs na dertig jaar plus se klaaglike mislukte proefnemings.
Slegs deur massa inenting met erkende suksesvolle entstof, kan daar vordering gemaak word met weerstandigheid teen diè giftige “virus” van verandering. In teenstelling met die gebrek aan handhawing van wat suksesvol bewys is deur die geskiedenis, word daar steeds deur besmette draers van hierdie "virus" voortgeploeter sonder enige sukses!
Ons land is nog steeds hier en genoeg ware nasionaliste wat oorgebly het indien ons bereid is om te begin saamwerk aan dit waaroor ons nie met mekaar kan verskil nie. Die AVP roep u op tot samewerking om ‘n HF Vewoerd gedenkdag te reël op 5 September 2026. Elkeen wat kommer in sy of haar hart het oor die siektetoestand waarin ons volk verkeer kan en sal daar dan begeester word met nuwe moed en krag vir ons vryheidstryd wat voorlê.
Hou ons webblad dop vir verdere inligting in hierdie verband.
