- 'n Psalm van Dawid.
1, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
2 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
3 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
4 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
5 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
6 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
7 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
8 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
9 onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! (Psalm 8, 1933 vertaling)
Goeiedag Afrikaner volksgenoot!
Het die vraag al ooit by u opgekom waarom ons hemelse Vader, onder wie se hand ons Afrikanervolk spontaan tot wasdom gekom en uit wie se hand ons Suid Afrika as erfgrond ontvang het, toegelaat het dat hierdie nasie sonder verstand, beheer oor ons en ons land verkry het?
Veral wanneer jy Psalm 8 van Dawid lees en onder die indruk van God se almag kom? In vers 3 staan daar: “Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.”
Skokkend, of liewer hartverskeurend as ons stil word en rondom ons kyk! Kyk na die verval en alles wat daarmee saamgaan sedert die moord op dr. H.F. Verwoerd op 6 September 1966. Die vraag wat opkom; het alles dan net van dr. Verwoerd afgehang?
In terugskouing tog sekerlik nie! Sedert die Groot Trek, wat ons volkswording ingelui het en die bewindsaanvaarding van dr. Verwoerd, het daar immers meer as ‘n honderd jaar verloop! In daardie tyd het ons ‘n volwaardige volk geword en was ons, onder die seënende hand van God instaat om die ongerepte Suidelike deel van Afrika te beskaaf en te ontwikkel tot die sewende mees vooruitstrewende land in die wêreld! Bygesê,’n grootliks gelowige en Godsdienstige volk met morele en sedelike waardes geskool uit die Woord van God. ‘n Regeerstelsel gebaseer op Afrika as aanskouingsles van wat volhoubaar en haalbaar en suksesvol kon wees.
Sedert 1948 tot en met die bewindsaanvaarding van John Vorster na die moord op dr. Verwoerd, oor ‘n tydperk van agtien jaar, ‘n tooneeld van sukses en vooruitgang vir alle volke in Suid Afrika.. .En nou? ‘n Godlose grondwet, totale verval, moord, diefstal en onomkeerbare herverdeling van rykdom met toenemende uitwissing van ons volk ten aanskouing van die wêreld!
In ons soeke na die werklike oorsaak plaas ons die blaam op verraad, politieke onkundigheid, op gebrek aan patriotisme, onbetrokkenheid en derglike dinge en vergeet dat die Skepper van hemel en aarde dit met ‘n asemteug kan verander! Onwillekeurig kom die vraag, maar waarom doen HY dit dan nie? In terugskouing het Hy dit vir ons geantwoord in Sy omgang met die Israelvolk! Laat ons dan daarna gaan kyk en kennis neem van Sy onveranderlikheid. Sy tydloosheid. Sy liefde vir die kroon van sy skepping, maar en veral SY onverbiddellikheid en haat vir sonde en ongehoorsaamheid!
ESÉGIËL 36
Die land van Israel word herstel.
- EN jy, mensekind, profeteer tot die berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here!
- So sê die Here Here: Omdat die vyand ha, ha! oor julle roep; en: Die ewige hoogtes het vir ons 'n besitting geword! —
- daarom profeteer en sê: So spreek die Here Here: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies 'n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is —
- daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die Here Here. So spreek die Here Here tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat 'n buit en 'n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is —
- daarom, so sê die Here Here: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het — in volle vreugde van die hart, met diepste veragting — sodat die weiveld daarvan 'n buit sou wees.
- Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here Here: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het.
- Daarom, so sê die Here Here, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is — hulle sal hul smaad dra.
- Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby.
- Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.
- En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word.
- Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.
- En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle 'n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie.
- So spreek die Here Here: Omdat hulle vir julle sê: 'n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak —
- daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here Here.
- En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here Here.
- Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
- Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid.
- .Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.
- .En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge.
- .En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die Here, en hulle moes uit sy land uittrek.
- .Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.
- Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here Here: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.
- En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
- En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring.
- Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
- En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
- En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
- En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My 'n volk en Ek sal vir julle 'n God wees.
- En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.
- En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie.
- Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels.
- Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here Here; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.
- So sê die Here Here: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word.
- En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit 'n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan.
- En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.
- Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die Here, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die Here, het dit gespreek en sal dit doen.
- So sê die Here Here: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape.
- Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
Het dit dan nie tyd geword dat ons as Afrikanervolk in ootmoed erken dat ons God se volk is en dat Hy vir ons ‘n God is nie? Dat ons sal staak in ons aanpassing by die wêreld se vereistes van verandering, omdat om God volgens Sy vereistes te dien aan ander nasies aanstoot gee?
Ons volk en ons land het verval vanweë ons aanpasbaarheid soos voorgeskryf deur die Humanisme en Liberalisme voor wie ons leiers en die meerderheid van ons volk bereid was om te buig! Ons volk wat bestem was om ‘n voorbeeld vir die wêreld te wees, het eerder die wêreld as voorbeeld geneem en daarby aangepas! Dr. Verwoerd se voorbeeld van by beginsel vas te bly staan, al is hy met die dood gekonfronteer, was vir sy opvolgers te erg! Die gevolg is “to ghastly to contemplate”, het John Vorster gewaarsku sou ons nie aanpas nie!! Hoe lyk dit nou na die aanpassing wat begin het na die geslaagde moord op Hendrik French Verwoerd?
Is die gedeelte van ons volk wat aangepas het nou tevrede?? Nee my volksgenoot, nee! Nou moet ons Amerika gaan soebat vir herberg en ondersteuning. Die uitkoms? Die DA en VF-Positief sit mos in die RNE as "verteenwoordigers" van die Afrikanervolk! Die versperring waarteen ons sedert 1994 gewaarsku het met die slagspreuk van: Bly weg van die stembus af! Julle deelname vernietig ons aanspraak dat Suid Afrika Afrikanerland is. Dit vestig 'n wetmatigheid van die swart terroriste se aanspraak opwat aan ons behoort!
Nou is dit juis die argument wat in die Amerikaanse senaat deur die demokrate gebruik word teen ons Afrikaners, dat ons deel is van die regime en dus 'n vyand van die VSA! Waarheen Afrikaner, waarheen wil jy ploeter agter dwase politici aan? Kyk terug na wat in ons geskiedenis goed was en kom help ons daarop voortbou!
Daar is nie 'n swart volk in Suid Afrika wat nie sy eie grondgebied het waarin hulle oor hulleself kan regeer en bewys dat hulle daartoe instaat is. Ons land is duur met bloed en sweet uit die wildernis ontworstel, beskaaf en ontwikkel! Was ons voorouers en God se bystand dan verniet gewees? Quo Vadis nogeens en weer en weer!
