Afrikaner

IS JACOB ZUMA KONTRAREVOLUSIONÊR?

Zuma se Umkonto We SizweDie voormalige onwettige “president” Jacob Zuma se onderneming om nie vir die ANC in volgende jaar se verkiesings te stem nie, het in die media ’n opskudding veroorsaak. Volgens politieke ontleders sal dit, volgens hulle, “waarskynlik” nie so ’n groot impak maak as wat hy dink nie.

Die AVP is van mening dat die feit dat die media Zuma se byeenkoms in Soweto, waar hy die nuwe party Umkonto we Sizwe aangekondig het by gewoon het, dui op die media se paniek en daaropvolgende onmiddelike aanslag op sy moontlike sukses, deur dit dadelik af te maak as ‘n oefening wat nie ‘n ernstige impak op die verkiesingsuitlag sal hê nie.

Hierdie strategiese en taktiese skuif van Zuma het egter veel meer om die lyf as wat hulle wil toegee. Die Zoeloes is die talrykste volk in Suid Afrika en die sukses wat die imperiale magte bereik het met verdeling deur sommige uitgesoekte lakeie in beide blank en swart geledere, is vinnig besig om te taan!

Zuma is deeglik bewus van die waarde van getallepolitiek en het dit in die verlede nadat hy as adjunk president uitgeskop is, met groot sukses gebruik om leier van die ANC en dienooreenkomstig leier van Suid Afrika te word.

Die mate waarin hy sal slaag om Umkonto We Sizwe, die millitêre arm van die ANC se naam te gebruik, is betekenisvol en alles behalwe kontrarevolusionêr! Dit verhit juis die klimaat van revolusie en bring Suid Afrika strate nader aan militêre konflik tussen veral die swart etniese verskille waarvan ons noual dertig jaar die korrupte uitkoms beleef het. Korrupsie wat weens etniese verskil nie beheer kon en sal kan beheer word nie!

‘N Venda wat vir ‘n Zoeloe opdrag moet gee of ‘n Xhosa wat vir ‘n Swasievrou moet luister wat nou in hierdie reënboognasie sy baas geword het! Die klomp Sionistiese Jode en Engelse liberaliste wat daarin geslaag het om ‘n beduidende getal “Afrikaners” met hulle saam te sleep in die Babiloniese eenheidsbenadering, vind dit nou al hoe moeiliker om daarmee saam te leef en pak nou die skuld op juis diegene wat hulle aan bewind help kom het!

Soos die WGO wat die wêreldbevolking as proefkonyne gebruik het vir ongetoetste entstowwe, het hierdie Jode, liberalistiese Engelse en liberale “Afrikaners”, ons Afrikanervolk as proefkonyn gebruik in ‘n projek waarvan ons almal geweet het nie kan werk nie! Vir dertig jaar reeds moet ons hulle kranksinnige beleidsrigting se vernietiging verdra terwyl hulle steeds voortgaan om inteligente mense te probeer oortuig dat dit kan werk!

Meer en meer geweld sal volg op Zuma se aksie en dat dit onder die swart elite gaan toeneem is onvermydelik. Dit is wanneer hierdie geweld na ons blankes toe oorspoel dat ons geleentheid sal hê om ons land terug te neem en nuwe grense te trek waar nodig, al beteken dit dat ons dit met bloed moet trek. Laat ons maar daarop bedag wees dat daar tyd vir vredemaak is, maar ook tyd vir verset teen die onwettige oorname van wat volgens alle regsreëls, ons wettige eiendom is!