Afrikaner

KOM IN VERSET!!

cashless to cashDit is blykbaar hierdie beginsel, wat die AVP as begin vir die oplossing vir die knel waarin die Afrikanervolk ons bevind, of nie verstaan word, of as onhaalbaar beskou word, wat Afrikanersaamhorigheid belemmer. Dit is tog nie ‘n vreemde benadering in ons volk se geskiedenis nie. Inteendeel was dit ‘n baie suksesvolle benadering wat teen die Engelse regering toegepas en baie geslaagd was. Die volgehoue afdwing van die Engelse taal in ons skole wat selfs met straf en vernedering teen ons voorgeslagte aangewend is, is bloot met leidelike verset teëgewerk totdat ons Afrikaanse taal in 1921 op die wetboek sy plek behaal het!

Ons plaas ‘n kort berig van ‘n sekere, en vir ons onbekende Liz Rand, wat in die sosiale media verskyn het, om aan te toon wat die waarde van leidelike verset is wanneer feitlik elke ander roete vir jou gesluit is.  Dankie Liz Rand….. Briljant!

“Die proses is al drie maande in Frankryk aan die gang!...Hulle benadering tot digitale bankdienste is eenvoudig fantasties. Ek deel graag 'n bietjie daaroor. 'n Baie bekende supermark hier het besluit om kontant in die ban te doen. ’n Groep van 50 mense het bymekaargekom en ooreengekom dat hulle almal op dieselfde dag ’n groot winkel gaan besoek. Om hul trollies tot oorlopens te laai en elke persoon by die kasregister die items uitgepak, alles laat skandeer voordat hulle kontant aangebied het.

Die personeel was absoluut oorval. Daar het die bestuur in 'n volledige fiasko verval. Almal het egter herhaaldelik, kalm en op 'n baie georganiseerde en beleefde manier opgetree asof hulle van niks weet nie. Geen ergerlikheid, geen onbeskofheid, geen vernedering nie. Hulle bied egter geen ander metode van betaling as kontant aan nie, Eerder bereid om hul trollies agter te laat as kontant nie aanvaar word nie...Resultaat… Die supermark het kontant weer ingestel.

Vulstasies: vul brandstof en het net kontant om te betaal.

Restaurante: groepe vriende wat uitgaan vir aandete en niemand neem telefone of kredietkaarte nie, net kontant ... Hulle doen dit in elke enkele area van Frankryk. Om bloot te weier om deel van die “cashless society” te wees.

Die rede waarom dit gewerk het, is omdat dit in groot groepe georganiseer is. Een persoon hier en 'n ander daar werk nie. Dit moet regtig deeglik en gesamentlik gebou word.” (Aldus Liz Rand)

‘n Tasbare bewys van die krag van leidelike verset! Dit is een van die vernaamste redes waarom die Afrikaner Volksparty poog om eensgesindheid in ons volk te bevorder. Verdeeld verval oud President Paul Kruger se Eendracht Maakt Mag slagspreuk en misluk ook dr. Malan se leuse van “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort” Ons het nie hulp vanuit die buiteland, een of ander wonderwork waarvoor gewag moet word, of etlike nuwe Boereorganisasies nodig nie, ons het slegs die wil om gesamentlik, op dieselfde politieke beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling en eendragtigheid as indie verlede, nodig om onsself teen ongeregtigheid te verweer en die regime sodoende lam te lê!

Om daarmee te slaag is die begin samehorigheid. Kom gooi u gewig by die AVP in sodat ons hierdie verdeeldheid van die politieke randeiers kan breek en as ‘n volk gesamentlik optree. Was daar nie nou al in die afgelope dertig jaar genoeg ander rigtings aangebied wat bloot tyd gekoop het vir die terroriste om ons land leeg te steel en die totale opgeboude infrastruktuur af te breek nie?

Wat skynbaar nie opgelet word nie is hoe ons volk deur ons kinders op skool en universiteit voorberei word vir die Een Wêreldregering, sonder identiteit as kosmopolitane, orgaanskenkers, seks en dwelmslawe  nie! Quo Vadis Afrikaner??