President Ramaphosa se mislukte intog in Pole met 'n groot gevolg “blouligkarakters”, sowat 120 in getal en 12 houers met wapentuig, vir wie wonder ek, ‘n geskenk vir Putin of was dit dalk vir die Oekraïne, wat egter volgens sy woordvoerders geskik moes wees om hom te beskerm, kon dit toe nie eers buite die vliegtuig waag nadat die Pole hulle belet het om uit te klim! Met dié verstommende arsenaal was hy verder ook nie toegelaat om deur sommige lande se lugruim na Rusland te vlieg nie! Ai tog, hy wou dan net kom vrede praat!
Die Poolse regering het die “South African Airways” huurvliegtuig by die lughawe van Warskou gegrond en geweier om die wagte of die wapens van die vliegtuig af te laat.
Wat ‘n spektakel! Hoeveel breinselle het ‘n mens nodig om te weet dat dit nie toegelaat kan word nie? Dan nog die “intelligente” voorblad opskrif van die Citizen wat sy lesers probeer be-indruk met ‘n vraag of Ramaphosa President Putin, bid jou aan, onder druk wou plaas!
Indien hierdie insident nie die moondhede daar buite kan oortuig dat Suid Afrika, met húlle toedoen Afrikastatus bereik het nie, sal Moses en die Profete ook nie daarin slaag om hulle te oortuig nie. Ook die DA, VF Positief, Afriforum en Solidariteit se eierdanse om hulle steun vir magsdeling te probeer regverdig, sal al hoe moeiliker word om mense te oortuig! Die wiel is besig om momentum te kry om dit wat in 1994 met hulle hulp en bystand bo gekom het, nou al vinniger na onder te dryf. Weliswaar sonder enige beplanning vanuit regse geledere!
