Afrikaner

WOLF, WOLF HOE LAAT IS DIT?

Klaas WaarseggerAs jy vir “wolf” skaapwagter gemaak het, is jou boerdery daarmee heen. Een vir een sal jy geslag word agter die kraalmuur. Dit is geen geheim nie, want “wolf” het openlik verklaar – kill the farmer, kill the boer. Soveel boere het reeds die marteldood ervaar. Gegewe die tempo waarteen die moorde plaasvind, sal dit nie lank neem om ons land se boere leeg te moor nie. Êrens moet daar ‘n besluit geneem word om dit hok te slaan.

“Wolf” en die sakesektor is in simbiose om die skape in Dingaan se kraal te kry. Die sakesektor is bereid om elke boer uit te lewer vir ‘n vuil R10 noot. Kontrakte word verkry deur omkoopgeld. Om in “wolf” se guns te bly, word BBBEE programme, kwotastelsels en boere-allergie aanvaar en entoesiasties geȉmplimenteer. Die sakesektor en parlementêre partye as tussenagente belieg jou nou al vir 30 jaar met sogenaamde vrede, veiligheid en voorspoed, terwyl jy as boer amper begrawe word met prysmanupilasie en stygende kostes. Jy is in die tronk gesit buite die tronk.

Die klok om jou nek kan enige oomblik gelui word vir begeleiding na die slagpale. Die aandrang is in elk geval dat jy jou plaas gesteel het. Die opgrawing van Homo Naledie is volgens hulle die bewys dat daar prehistoriese lewe in Suid-Afrika was. Haar velkleur was vermoedelik swart. My werkers glo dit nie. Hulle sê haar skelet lyk dan so aap-agtig. Kan dit wees dat Suid-Afrika dan eintlik aan die ape behoort?

Vir voorgenoemde rede verstaan ek ook nie die aap-agtige politiek van die DA en VF+ nie. Hulle simbiose met “wolf” is vir my ‘n raaisel. Ten spyte van 30 jaar se betrokkenheid is die uitkoms verslegtend. Ieder en elk van hulle het trou gesweer aan die Slovo Grondwet. In ander woorde, hulle is voëls van eenderse vere. Afrikaner soewereiniteit is nie daar te vinde nie. Wolf, wolf hoe laat is dit? Een minuut voor twaalf !!!

KLAAS WAARSEGGER