Hoe groter die leun hoe meer aanneemlik is dit vir die oningeligtes. Apartheid is gesmous aan die wêreld deur Afrikaner haters so asof dit blanke oorheersing oor swart volke was. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Apartheid het juis ten doel gehad dat een volk nie ‘n ander oorheers nie.
‘n Volgende wanopvatting is dat apartheid ‘n skending van menseregte was. Apartheid het juis menseregte in perspektief geplaas. Volksregte moet eers in plek geplaas wees voordat individuele regte kan gedy. Volkswaardes is die millieu waarbinne die individu homself kan uitleef sonder kompromie van wat vir jou afstootlik is.
Om tot besef te kom van menseregte skendings, moet daar gekyk word na die swart ingestelheid. (Difaqane) ‘n absolute benadering en uitlewing van brutaliteit, moordadigheid, vee diefstal en grondroof. Dit was die aanvaarde norm van Difaqane. Hieroor word nie ‘n woord gerep nie.
Vandag beleef ons in die nuwe Suid-Afrika ‘n voortsetting van Difaqane. Wetteloosheid van die hoogste orde. Zondu (‘n swartman) het die punt van die ysberg ontbloot maar geringe vervolgings het plaasgevind. Die regstelsel is in soveel wanorde dat sommmige korrupsie aanklagte al meer as twintig jaar sloer. Is dit dalk ‘n geval waar ‘n misdaadsindikaat weier om sy lede aan die gereg uit te
lewer? ‘n Legio van aanklagtes bestaan waarvoor bewyse is, sonder vordering. Die grondwet en toepassing van reg en geregtigheid in die nuwe Suid-Afrika is ‘n sieklike grap. In Japan val die oneervolle Samurai in sy eie swaard. In Europa word die oneervolle vervolg en gevonnis. In die nuwe Suid-Afrika word die oneervolle kamaraad aangestel as ‘n minister.
Diegene wat glo dat die politieke orgie in die nuwe Suid-Afrika reg gestem kan word, moet sy kop laat lees. Die regmaker is om weereens ‘n streep in die grond te trek, sodat die regmatige eienaar oor sy eie grondgebied kan heers. Die swartes is uit barmhartigheid in blank Suid-Afrika toegelaat om ‘n inkomste te verdien, om sy gesin in sy eie land te onderhou. Daar was nooit in vooruitsig gestel dat hulle burgers van blank Suid-Afrika sou word nie.
Kry dit in jou kop, die motief vir die nuwe Suid-Afrika het nie menseregte ten doel gehad nie, maar magsoorname! Leuns verander nie die werklikheid van die verlede nie. Huidiglik het jy ‘n slaaf geword van vreemde oorheersing. Moenie toelaat dat die DA of VF+ jou verkul met retoriek dat hulle wonderwerke kan laat plaasvind binne die huidige veelrassige bestel nie. Hulle verdien ook jou veragting. Verantwoordelike burgers van waarde en waardes is nodig vir ‘n land om te floreer.
KLAAS WAARSEGGER
