Afrikaner

14DE JAAR KONGRES VAN DIE AFRIKANER VOLKSPARTY NOVEMBER 2022

Danie Varkevisser   KONGRESTEMA: AFRIKANER, WAARHEEN NOU?

Mnr, die Voorsitter, elke lid van die Afrikaner Volksparty hier en u wat by geleentheid na ‘n opname van hierdie Kongresboodskap sal kyk, ek groet u met ‘n Warm Afrikanergroet, in seker die troebelste tyd van ons Afrikanervolk!

Inleiding:

As jy uit die Nasionale denkstroom “uitgeprop” is, Is nasionalistiese denke buite jou politieke denkraamwerk en vir jou ontoeganklik!

Ek rig terselfdertyd ook hierdie boodskap aan Solidariteit se Flip Buys en Dr. Cassie Aucamp Voorsitter van die Voortrekker Monument wat in nabetragting oor die 1982 “skeuring” onderskeidelik verwys na “veelheid eerder as eenheid” en dat die klop van ‘n Afrikanerhart nie gemeet kan word deur ‘n bepaalde politieke oplossing op ‘n bepaalde tyd nie. (Beeld 12 November 2022.)

Ongeag van die ontkenning daarvan en hoogdrawende niksseggende politieke retoriek, is dit ‘n onomstootlike feit dat onder ‘n bepaalde politieke beleid in die Verwoerd era daar ongekende sukses was terwyl alles wat daarna gebeur het, voorspel en by herhaling oor gewaarsku was, net verval en rommelstatus tot gevolg gehad het!

Dit was op 9 April 1960 toe dr. Verwoerd die eerste aanslag op sy lewe deur David Prat oorleef het. Téén die verwagting van ons volksvyande in, het dit hom egter nie van stryk gebring nie, hy het voortgegaan met voorbereiding vir die hou van ‘n referendum om’n republiek te word wat ons volk finaal sou losmaak van Britse verbintenis.

Dat hierdie aanslag niks te maak gehad het met ‘n ongeballanseerde persoonlikheid soos wat die Sunday Times van destyds te kenne gegee het nie, is bevestig deur die The Star, op die dag net voor die referendum met sy hoofberig van “Doomsday looms for South Africa”. (oordeelsdag lê vir ons voor) In kort, indien ons totaal soewerein onafhanklik van Brittanje sou word! Dít was waarom Dr. Verwoerd verwyder moes word en ons nasionale ankers getrek moes word!

“Today, more than two decades into a democratic South Africa, Afrikaner nationalism has been severely diminished and along with it the standing of Afrikaans in the public sector.”

—The New Age (Johannesburg, South Africa), 2 May 2017

Die vestiging van ‘n republiek se oogmerk was die versterking van nasionalisme deur die onvermydelike blanke versterking van eensgesindheid onder Afrikaners en Engelse, wat die poging van die vyand om verdeeldheid te versterk, in die wiele sou ry!

Nasionalisme

Laat ons egter net vir ‘n oomblik weer kyk na wat die betekenis van Nasionalisme is. Nasionalisme is nie ‘n ideologie nie en het niks te make met ‘n verhewendheid bo enige ander volk of persoon, soos wat die vyande daarvan dit wil voorhou nie! Dit word veral in die Engelse wêreld wat integrasie vir hulle eie voordeel gebruik, beskryf as ‘n stelsel wat aangewend word om jou volk as verhewe bo alle ander volke te stel, beter en slimmer en wat neersien op alle ander volke.

Nasionalisme word egter verskillend vertolk deur verskillende instansies en persone, maar in Suid Afrika, veral deur diegene wat rasvermenging gebruik om verdeeldheid te bewerk!

Nasionalisme is die natuurlike ingesteldheid van elke mens om voorkeur te verleen aan sy eie ras, volk, taal, kultuur, geskiedenis, land en veral sy God! Terselfdertyd die natuurlike afkeer van alles en almal wat daardie Godgeskapenheid wil verander. Dit het niks te maak met haat of verhewe ingesteldheid teenoor enigiemand, volk of nassie nie! Dit het egter alles te maak met jou identiteit! As die voorkeur vir jou eie ras nie meer vir jou belangrik is nie, het jy reeds jou identiteit verloor! 1Timótheüs 5:8 van die Lewende Woord van ons hemelse Vader staan daar geskrywe: “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige”

Met verwysing na iemand se nasionaliteit is om te sê aan watter ras hy behoort, aan watter volk of nasie hy behoort, hoe sy kultuur en volkskarakter lyk, in kort sy identiteit. Nasionalisme is dus wie en wat jy is! Elke ander “isme” Kommunisme, Liberalisme, Humanisme is onnatuurlike, mensgefabriseerde ideologieë wat jou anders wil maak en laat optree as wat jy in jou natuurlike staat gegiet is toe jy kunstig in die skoot van jou moeder geweef is!

Op 28 Maart 1960, ‘n maand na Pratt se aanslag op dr. Verwoerd, was die veldtog deur die Liberale Party, die Progresiewe Party en die Black Sash van “Verwoerd must go” reeds begin, aangekondig op 28 Maart 1960 in The Cape Argus en The Rand Daily Mail.

AANSLAG OP NASIONALISME

Die tweede aanslag, 6 September 1966 deur Demitrio Tsafendas het egter geslaag en is dit vandag duidelik dat Nasionalisme daar in die bloedplas op die parlementêre vloer, uitgebloei het! Sóveel so, dat die magtige Nasionale party kort daarna geskeur het! Quo Vadis Afrikaner? Waar nou heen?

Die eens vaste beginsel, wat selfs na Pratt se twee skote in dr. Verwoerd se kop, hom nie ‘n oomblik laat wyfel het nie. Uit die vaste oortuiging dat dit die enigste beleidsbeginsel was wat die blanke instaat sou stel om in Afrika te kan oorleef, het dr. Verwoerd onverbiddelik daarby vas gestaan! Nou, verdring deur “nuwe” en deurlopend tot vandag toe, ander en steeds veranderende en vernietigende politieke sienings, oorgeneem van ons vyande, die Kommunisme, Humanisme, liberalisme, Wêreldraad van kerke, die Britte en Amerikaners, almal beheer en bestuur deur die komitee van 300 en die klub van Rome, waarvan F.W. de Klerk ‘n lid was en, nou nie net meer Harold Macmillan se “winds of change” wat oorredend moes waai nie, maar ‘n stormagtige politieke rukwind wat verdeeldheid en vernietiging tot gevolg gehad het en steeds volhou!

Dié toestand is egter nie vir die Afrikanervolk nuut nie. Ek haal ter verduideliking aan uit Twee gesaghebbende geskrifte nl. DIE NASIONALE BOEK.Die boek is uitgegee op 31 Oktober 1931,..en ‘n vergelykbare geskiedkundige verdelende gebeurtenis, met wat ons vandag beleef, is in dié boek beskryf en het só ontstaan: Dit was middel Desember 1912 toe die destydse eerste Minister van die eerste Unie regering, Genl. Louis Botha, na slegs 30 maande se bestaan van die regering, besluit om die regering te ontbind en weer saam te stel, mààr met die weglaat van Genl. J.B.M. Hertzog, ten einde van hom ontslae te raak!

Die aanleiding tot Louis Botha se optrede was as gevolg van twee politieke denkstrome wat beslag gekry het, voor en tydens die Anglo Boere Oorlog. Die Vrede is gesluit 1902 en die ontstaan van die Unieregering 1910. Die verskil tussen liberaal-humanisties en nasionalisme is egter nie deur die oorlog besleg nie en was innerlike politieke oortuiging ‘n strewe maar nie ‘n werklikheid nie.

Die Botha/Smuts Empaaierbewondering, geneigdheid om eerder Engels as Afrikaans op vergaderings te gebruik, die Engelse skoolbeleid van Milner, Engels as opvoedingstaal, Huwelikswette wat ondertrouery tussen blank en swart sou wettig en derglike politieke denkrigtings by Botha en Smuts het reeds in 1907 groot ontevredenheid by die Afrikaners tot gevolg gehad.

Op 1 Julie 1912, met die opening van die Krygskool op Bloemfontein verwys Jan Smuts laggend na sy verdedigingswet, dat as die volk dit verstaan het het hy gesê, hy baie moeilikheid sou gehad het. Sommige van die volk het dit egter wel deeglik verstaan dat soos Brittanje Australiese, Kanadese en Nu Zeelandse burgers in die Anglo Boere Oorlog teen ons gebruik het, dit vir Botha en Smuts moontlik sou wees om ons burgers op te kommandeer om ook buite die Unie in enige oorlog aan te wend.

Genl. Hertzog gaan al hierdie maatreels teë en hou ‘n toespraak op De Wildt waar hy Sir Thomas Smartt aanval omdat hy die belange van die Empaaier bo die belange van Suid Afrika stel. Waar die belange van die Empaaier en die van Suid Afrika in botsing kom, stel ek Suid Afrika Eerste was Genl Hertzog se standpunt.

As gevolg van daardie toespraak bedank Kolonel Leuchars as minister en vra die Eerste minister Louis Botha Genl. Hertzog om sy stelling terug te trek of te bedank. Genl. Hertzog weier om te bedank behalwe as Botha in die openbaar bereid is om te sê dat dit verkeerd is om Suid Afrika eerste te stel. Dit is toe dat Genl Louis Botha op bedenklike wyse, deur ontbinding van die regering en die volgende dag dit weer saamstel, Genl. Hertzog op bedenklike wyse uitlaat!

In die tweede die boek: “AFRIKANER-VOLKSEENHEID” en my ervarings op die pad daarheen deur dr. D.F. Malan, geskryf in 1959, lees ons van die gevolge van verdeeldheid, net soos wat ons dit nou na 1994 weer beleef!.

DIE VIA DOLOROSA

Die verwarring, wat daar aan Suid-Afrikaanse Nasionale kant sedert die samesmelting ontstaan het, en wel ook as gevolg daarvan, het sy hoogste (of moet ek liewer sê, sy laagste) punt bereik met die aanskoulike weerspieëling daarvan in die Volksraad in 1935. Op die Opposisiebanke het daar teenoor die imperialisties-gesinde Smuts-regeringsparty, toe naas mekaar gesit drie afsonderlike party-groepe, al drie oorblyfsels van ’n vroeër aaneengeslote en sterk regeringsparty maar nou vervreemd van, en in botsing met mekaar. Die eerste en sterkste was die tradisionele Nasionale Party onder my leierskap; die tweede was die Afrikaner-Party onder leiding van generaal Conroy, en verteenwoordigende die gewese Smelter-(Hertzog)- seksie; en die derde was die Nasionaal-sosialistiese Nuwe Orde onder leiding van ds. C. W. M. du Toit.

Ek hoef nouliks te sê dat hierdie posisie ’n aanskoulike en vernederende toonbeeld was van magteloosheid - uit ons Nasionale oogpunt beskou, ’n ware lydensweg. Die enigste ligpunt daarin was die vaste oortuiging, wat dit moes wek, dat die herenigingsdrang hom by ons volk nou noodwendig kragtiger as ooit tevore sal moet openbaar, tensy ons bereid sou wees - wat ondenkbaar was, om die ondergang van ons eie Afrikaner-nasieskap met lede oë te aanskou. Uiterlik was die agteruitgang baie klaarblyklik. Die Nasionale Party in die Volksraad het sedert 1933 in ledetal agteruitgegaan van 75 tot 19. Dit was die vrug van die samesmeltingsbeleid. Daarvan het die Kaaplandse verteenwoordigers 14 getel terwyl daar slegs 4 in die Vrystaat was en 1 in die Transvaal.

In die noordelike dele van ons land was die Nasionale Party dus so goed as dood. En selfs in Kaapland self het byna die helfte van die Nasionale Partylede gesmelt terwyl in die Vrystaat dit vir soveel as 'n drie-kwart gebeur het.

Die agteruitgang in ledetal was egter nog lank nie die ergste nie. Veel erger nog was die ontbindingsproses wat daarmee gepaard gegaan het en wat ek reeds gemeld het. Die vreemde ideologiese invloede van die voorafgaande jare, en deur die O.B. en die verskillende hemp-organisasies vertecnwoordig en gepropageer, het op politiek-staatkundigc gebied vernietegende uitwerking gehad.

Die gevolg was drie aparte groepe aan Opposisiekant — al drie met dieselfde historiese en algemeen politieke agtergrond, al drie in kern en wese Afrikaansnasionaal maar nou krities en soms selfs vyandig teenoor mekaar. Die drie groepe, eenmaal tesame een verenigde en magtige party, wat die land geregeer het, en 'n groot volk opgebou het, deur verdeeldheid nou geword 'n tragedie en ‘n bespotting. Waar hul op die Opposisie-banke langs mekaar nou as drie partye gesit het, te wete as Nasionale Party, Afrikaner-party, en Ossewa-Brandwag, daar was hul 'n aanskoulike toonbeeld, nie van hul gesamentlike krag nie, maar van hul innerlike swakheid, en van die ineenstorting van hul politieke volkslewe. Dit was inderdaad die Afrikanerdom se Via Dolorosa — die pad na sy nasionale Golgota.

Indirek maar tog effektief, het onder hierdie ongelukkige toestand die Krisis-kongres van 3 Junie 1941 te Bloemfontein gehou, 'n sterke invloed uitgeoefen. Die ontbindingsproses is gestuit. Nâ die verwerping van sy Nuwe Orde deur hierdie Uniale Kongres het adv. Pirow, wat hom toe op die Transvaalse Provinsiale Kongres beroep het, ook daar die nederlaag gely. Op die parlementêre posisie kon dit egter geen onmiddellike uitwerking hê nie. Dit kon en sou ook geskied, maar alleen langs ‘n lange en pynlike weg.Aldus dr. Malan!  (Bladsye 227, 228)

Met dr. Verwoerd uit die weg, herhaal hierdie proses van verdeeldheid deur beleidsverandering homself! Daar was egter verskil. Generaal Barry Hertzog wou deur samesmelting met die SAP party van Smuts, poog om Afrikaner en Engelsman te verenig terwille van volkseenheid. In wese, op die oog af ‘n verandering van Nasionale Party beleid wat verskil het met die holistiese beleid van Genls. Louis Botha en Jannie Smuts se Suid Afrikaanse Party, bekend as die Sappe. Gen. Hertzog het egter ten spyte van die samesmelting, nie die benadering van Suid Afrika Eerste prysgegee nie, met die gevolg dat die Smelterparty binne vyf jaar uitmekaar gespat het! Die verskil met die nuwe “slim” politici van vandag se ingaan en opgaan in die beleidsverandering!

Met die NP se beleidsverandering na die beplande sluipmoord op dr. Verwoerd, toe Vorster binne 3 jaar na sy bewindsaanvaarding begin het met rasgemengde rugby, het die NP geskeur, presies soos wat gebeur het met die smeltery van 1933! Met weer drie organisasies met hulle “nuwe” politieke denke behalwe vir die Herstigte Nasionale Party (HNP),wat die verloopte NP herstig het om by die vaste en bewese suksesvolle koers te kon bly, die Nasionale Konserwatiew Party van dr. Connie Mulder, in kort die NKP, en in 1982 die Konserwatiewe Party (KP) van dr. A.P. Treurnicht!

Laasgenoemde twee partye nie in bedoelde opposisie met die NP nie, maar as opvangsgebied vir toenemende ontevrede Afrikaners wat in opstand gekom het teen die be-oogde veranderings! Op die Opposisiebanke het daar teenoor die verworde Nasionale Party, (regeringsparty), toe naas mekaar gesit drie afsonderlike partye, al drie oorblyfsels van ’n vroeër aaneengeslote en sterk regeringsparty, maar nou vervreemd van, en in stryd met mekaar.

Die agteruitgang in ledetal was egter nog lank nie die ergste nie. Veel erger nog was die voorspelde ontbindingsproses van die NP wat na beleidsverandering begin het. Die vreemde ideologiese invloede van die voorafgaande jare deur die KP, Volksfront Plus (VF-Positief), AWB, en die verskillende “Boerevolk-organisasies”, misbruik deur verskeie liberale en swak generaals, het op politiek-staatkundig gebied vernietigende uitwerking op ons eens hegte volkseenheid gehad. Verwarring, Verdeeldheid en verskeuring versterk en ondersteun deur nou veral Afriforum en Solidariteit wat soos die FW-Stigting, ingekoop het in die nuwe koers van magsdeling en steun werf deur te poog om die simptome van die beleidsafwyking op te los, terwyl die oorsaak ontken word!

Die gevolg is weereens verskeie aparte groepe aan Opposisiekant, let wel opposisie teen die apartheidsbeleid en in wese Nasionalisme— almal met dieselfde historiese en politieke agtergrond, almal in kern en wese Afrikaansnasionaal maar nou krities en soms selfs vyandig teenoor mekaar. Die groepe, eenmaal tesame een verenigde en magtige party, wat die land geregeer het, en 'n groot volk opgebou het, ........deur verdeeldheid nou geword 'n tragedie en ‘n bespotting deur selfvernietiging met wanstaltige volksvernietigende “politieke oplossings!” ‘n Klassieke herhaling van die geskiedenis!

HET ONS DAN DIE PAD BYSTER GERAAK?

As die Afrikanervolk van vandag die pad geken het, waarom het ons dan verdwaal?

Waarom het hulle John Vorster bly steun, toe hy binne enkele weke na sy versekering dat hy in Dr. Verwoerd se spore sou loop, die spoor byster geraak het agter Maoris aan?

Waarom het die volk P W Botha bly steun toe hy die parlement in ‘n driekamer “losieshuis” omskep het in ‘n versamelplek van Lazyboys soos dit vandag is?

Waarom het hulle vir de Klerk in die referendum ja gesê toe hy ooglopend die verkeerde pad wou vat?

Al hierdie dwalinge ....oor Maryke ....en duisende ander Afrikaners se dooie liggame, omdat ons die pad geken het??

Ons volk het die pad van die geskiedenis vergeet of versaak vir ‘n koers wat vir hulle as ‘n beter pad voorgehou is! Nou bevind die Afrikanervolk hom op twee paaie. ‘n Nasionale pad, die pad vanuit die geskiedenis, en ‘n Liberale pad. Die nuwe pad, die Max du Preez en Piet Croucamp pad, die NG-kerkpad, die Solidariteit en Afriforumpad, ‘n verdeelpad wat ons gebring het by die Nuwe Suid Afrika.

Maar, voorsitter, maak dit hoegenaamd saak? Hierdie verdeeldheid?

Só, Afrikaner, waarheen nou?

Met ons Afrikanervolk uitrangeer op ‘n sylyn, mét ons toestemming vir koersverandering van Afsonderlike Ontwikkeling na magsdeling, en dit met ‘n swart meerderheid! Daardeur is ons samehorigheid versteur, maar nie vernietig nie! Net soos wat die Vredesmonument in Vereeniging se onderskrif lui: Gewond maar onoorwonne!

Die gevolg van koersverandering, soos in 1933 met die smeltery van Genl. Hertzog, het verdeeldheid bykans onmiddellik plaasgevind! In 1966 is dr. Verwoerd vermoor! Slegs drie jaar daarna in 1969 skeur die Nasionale Party, bloot as gevolg van geleidelike aanduidings dat dr. Verwoerd se beleid versaak wil word. Die weerstand, is só sterk dat dit die verraaiers binne die NP, 25 jaar neem, van 1969 tot 1994, om op sluwe wyse die meerderheid kiesers om die bos te lei, soos ‘n judasbok lei die NP, die KP, die VF-Positief langs die DA integrasiepad die niksvermoedende “skape”, tot binne in die spreekwoordelike “slagpale” van magsdeling en boonop uiteindelik ondergeskik aan die onvermydelike voorspelde swart meerderheidsregime... waar ons stelselmatig geslag is, tot vandag toe!

Suid Afrika nou ‘n rommelhool!

Die verval, wat as gevolg daarvan sedert 1994 tot nou in 2022 (28 jaar), ingetree het na Derde Wêreld en Rommelstatus soos die Afrika voorbeeld, wat as aanskouingsles reeds eeue lank as riglyn gedien maar deur die “nuwe slim” politici ignoreer is, was ‘n logiese gegewe! 28 jaar, wat ook die Afrikanerverdeeldheid wat reeds in 1969 begin het, verdiep en vergroot het tot op die vlak van vyandigheid tussen voorheen eensgesinde patriotiese Afrikaners. Staan ons nou voor die feitlike werklikheid van die voorspelling uit God se Lewende Woord dat: Elke Koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. (Matthéüs 12:25 Is dit waarvoor u gestem het? is dit wat ons sonder enige verset nou moet aanvaar as ‘n gegewe? Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val. Soos ons volk reeds geval het, Voorsitter, en ons hemelse Vader ons nogmaals in Lukas 11: 17 gewaarsku het! Dààrom is verdeeldheid van belang, Kongresgangers,vriende en volksgenote. Van die uiterste belang!

KAN DIT GESTUIT WORD? Hierdie val en vernietiging van ons volk?

In 1902 sluit die Afrikanervolk onder protes, vrede met die Britte in Vereeniging. Slegs 28 jaar later, reeds in 1930 het die gedagte van ’n monument om die Vrede van Vereeniging in herinnering te bring by die toenmalige voorsitter van die Vereenigingse Afrikaanse Kultuurvereniging ontstaan. Dit was egter die inisiatief van die bekende doktor S.H. Pellissier in 1952 wat sake aan die gang gekry het vir die oprigting van hierdie besondere monument, waarvan doktor H.F. Verwoerd by geleentheid gesê het: “Dit is selde indien ooit dat op ’n plek van ’n nederlaag ’n monument opgerig word. Dit is egter nie die nederlaag wat herdenk word nie, maar die vreugde wat uit die smart van nederlaag gebore is.” Het hy gesê.

Dít is die Afrikaner se aard! Dít is waarom hy teen alle verwagting ‘n monument oprig! ‘n Monument om ons van vandag tot orde te roep om op te staan uit die nederlaag wat de Klerk en sy verloopte regering ons volk besorg het ... deur toegewings aan magte buite ons volksgrense!

Op 31 Mei 1952, vyftig jaar na die Vrede van Vereeniging, is ’n vergadering in Vereeniging gehou waar besluit is om ’n monument op te rig wat die herrysenis, geloof en toekoms van die Afrikanervolk uitbeeld. Dit was met die onthulling van hierdie besondere monument op 10 Oktober 1961 deur doktor H.F. Verwoerd, die jaar waarin ek matrikuleer het in Vereeniging Hoërskool, wat die pad daar vir ons volk vorentoe aangedui het. Dr Verwoerd het toe beklemtoon dat “Die Vryheidsmonument op Vereeniging nie net ’n simbool van die vegter is nie. Dit is nie net die simbool van ’n volk uit wie oorwinning kan spruit nie, maar dit moet ’n simbool bly, van oorwinning vir elke mens vorentoe.”

Wat die monument voorstel

Die monument stel ’n jong Boerekryger voor wat erg gewond op sy linkersy lê. Uit die wond in sy hart rys ’n simboliese figuur triomfantlik omhoog, die regterarm hemelwaarts gerig. Die sterwende figuur is uit blou graniet gebeeldhou; die skraal, maar kragtige abstrakte figuur wat uit sy hart groei, is van vlekvrye staal, wat sowel geestelike suiwering as ’n gees van staal versinnebeeld. ‘n Beeld van u? ‘n Beeld van my? ‘n Onomstootlike gelowige gees wat nie neerlaag deur onreg aanvaar nie! Die twee figure rus op ’n hoë voetstuk, met ’n festoen aan die voorkant. Laasgenoemde bestaan uit die geweer, die leë bandelier, ‘n krans en die hoed van die Boerekryger, alles in brons. Dit dui op die einde van die oorlog, die vrede (met die wapen wat neergelê is), maar ook rou oor die verlies van onafhanklikheid (die krans). Aan weerskante van die voetstuk is die wapens van die Republieke in reliëf uitgebeitel. Bokant die festoen staan die enigste woorde op die gedenkteken: Gewond – maar onoorwonne. Vereeniging 31 Mei 1902.

Die daadwerklike ontwerp, oprigting en onthulling van hierdie beeld, sê hard en duidelik, ja! Die verdeeldheid en gevolglike verval, kàn gestuit word, moet gestuit word! Dit kàn omgekeer word, hierdie verdeeldheid wat ons volk ten gronde gerig en feitlik verwoes het! Verdeelldheid waarvan die teenhang samehorigheid, eensgesindheid en eenheid is! Een van siel en een van sin! Maar belangriker nog, een van gehoorsaamheid aan God en sy gebooie!

Op die drempel van die tagtigste herdenking van my geboortedag, sal hierdie waarskynlik my laaste kongres wees wat ek die voorreg het om toe te spreek. In die lig daarvan Voorsitter, is dit dus vir my dwingend noodsaaklik dat die koers uit hierdie verdeelpad van vernietiging, opnuut duidelik aangedui sal word!

Aanwysing uit die geskiedenis

Dit was dr. Malan wat na die Smelterfiasko besef het dat politieke verdeeldheid die pad na eensgesindheid blokkeer. Vandaar sy slagspreuk dat hulle wat uit innerlike politieke oortuiging op mekaar afgestem is, bymekaar gebring moet word! Dit was dan met daardie beginsel wat die NP in 1948 die algemene verkiesing verower het en samehorigheid onder Afrikaners weer op die pad na herstel geplaas is en neerslag gevind het in die Republiek in 1961. Soewerein onafhanklik en vry om oor homself te regeer volgens sy eie aard en behoefte. ‘n Doring in die vlees van die imperialiste se oogmerke vir Suid Afrika!

Aan jonk en oud buite die Afrikaner Volksparty, wil ek vandag met nadruk verklaar. U kan dit in ‘n klip gaan kap! Solank as wat ons polities verdeeld bly sal ons die pad van vernietiging stap soos die bewys van verval rondom ons sigbaar is en deur die Woord van ons hemelse Vader by herhaling profeteer is! Vanuit die geskiedenis is innerlike politieke oortuiging, my volksgenote, die sleutel tot samewerking, eensgesindheid en uiteindelik volkseenheid! Dit wat die hele wêreld vrees! Want dit is dié eensgesindheid van Nasionalisme wat in die pad kom staan het van die Een Wêreld Regering onder die dekmantel van ‘n Nuwe Wêreld Orde!

Met die fiktiewe “Pandemie” as eerste werklike aanslag vir wêreldoorheersing, Voorsitter, wat sy aanvang ingelui het met die bloedplas van 6 September 1966, roep Dr. Verwoerd se bloed ons op en, Voorsitter, bevestig die vryheids monument in Vereeniging ons Afrikanervolk se verantwoordelikheid om bymekaar te kom in verset teen die onreg en terselfdertyd die herstel van ons volk se samehorigheid!

SO, AFRIKANER, WAARHEEN NOU?

As die oog te veel gerig word op die dien van ander as ons eie Afrikaner belange, is dit in wese ‘n ontkenning van ons eie nasieskap en word dit as sodanig ‘n struikelblok op die pad van ons volkseenheid. As SuidAfrika die reg het om ‘n eie nasie te wees voorsitter, dan moet sy eenheid in daardie eie nasieskap gesoek word en in getrouheid daaraan, ook sy vryheid en die bevordering van sy eie belange bo die van ander!

Die geskiedenis bassuin dit hard en duidelik uit, dat afwyking van die beginselpad van die Afrikanervolk opnuut bewys, dat dit ‘n dwaalpad is! Dit is ‘n verdeelpad, ‘n vernietigingspad, ‘n Judaspad!    

As ons in Suid Afrika as ‘n volk tot niet moet gaan, my volksgenote, laat dit dan ons lot wees en nie ons skuld nie!

Ek sluit hierdie Kongres af met Numerie 6: 22-27

22 EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

23 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die  kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:

24 Die Here sal jou seën en jou behoed;

25 die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26 die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

27 So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.

Mag HY ons dan só seën wanneer ons as volk tot Hom terugkeer in gehoorsaamheid aan Sy Woord!